• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Jy Dans met My..

Started by Angelica, May 01, 2011, 09:39:29 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica



gemaklik glip ek in jou arms
    so asof ek daar hoort
jy dans met my
op maat van lank lank t'rug
ek sê, 'jy dans met my'
jy sê, 'dis nie heeltemal 'n dans'
maar ons lywe kurwe saam
saam met die vloei van klank
daar's 'n hipnose in jou blik,
'n trekking om jou mond wat
ons dans beheer     maar nooit
nooit voel ek soos jou toutjiespop
jou oë peusel aan my borste
ek voel die welwing van jou spiere
jou hande warm op my laerug
'jy dans met my', fluister ek

en vir 'n wyle, word twee siele een
in dié kortstondige nabyheid

++++
elle

Naas

Ek is in vervoering met die ritmiese gebruik van woorde. Skitterend!




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hou hierdie spasie dop,  hier kom nog groot dinge!   :notworthy: 
Om te weet is om te verstaan.