• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rotsskets-wellus

Started by adele, January 05, 2012, 08:23:04 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

In jou siek, siek wêreld
vol sielsgestremdes,
onvervuld
en wanaangepas,
dwaal jy spookagtig rond,
vreet pervers aan haar onskuld,
laat kindwees windverskeurd
die afgrond intuimel,
en soos 'n rotsskets
is jou wellus in haar geheue
verewig.
adéle  :grommit:

Angelica

Hi Adele,
Ek het nog nie 'n gedig gelees oor hierdie onderwerp wat so treffend is nie. Werklik.
Dit is 'n wenner.

Vertel waarom jy 'rotsskets' gebruik en nie 'rotstekening' soos dit algemeen gebruik word nie.

My 'Ster Verdof' gaan oor dieselfde perverse handeling, maar deur 'n vrou.
elle

Fransi

Sjoe, hierdie woorde gryp 'n mens vas en ruk jou. Hartverskeurend geskryf.

PM

Dit is hartroerend mooi geskryf Adéle.   :notworthy:  Kort, kragtig, maar spreek boekdele.


Om te weet is om te verstaan.

adele

haai dankie baaaie julle   :hello:

ek het oorspronklik 'potloodsketse' in my gedagtes gehad en toe gesoek na sketse wat nie uitgewis kan word nie, dit is waar hierdie vandaan gekom het.    :icon_scratch: 

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Dit gee die woord "ge-ets" soveel meer betekenis Annie.
Om te weet is om te verstaan.