• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vyf is die sintuig van passie

Started by Jeannedarc, April 30, 2011, 07:20:41 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Jeannedarc

Vyf is die sintuig van passie


Sig
Ek tuur na die foto-gravure
Na die jy daarbinne verskuil
Ek sien die lag-kreukels neffens die oog
Ek sien ook die glinstervonkel van lewe
In die blink van jou oë

Gehoor
Ek spits my oor as ek die voordeur hoor
In afwagting luister ek vir jou diep manlik stem
As jy vir my sê ek is tuis my lief
En die klokkespel
As jy skalkies na my lag

Smaak
As jy my in jou sterk arms omvou
My lippe saggies oopdwing
Spoel die passie van jou kus
In kabbelende jeripigo-nektar stroompies
Oor smaaksensasies van my tong

Gevoel
En as ek my vingers so wulps-speels
Deur jou krullebos vroetel
Wyl ek jou lippe stywer op myn trek
Dan steek daardie vyf-uur stoppelbaard
In heerlik eina-seer teen my lippesag aan

Reuk
Die nagedagtenis van jou naskeer
Vermeng in subtiel sag warreling
Met jou man-man muskus feromoon
In die doolhofpoorte
Van my reuk-kasteel

PM

Hierdie is die beste voorbeeld van die Sintuiglike gedigstruktuur wat ek nog gesien het.  Dit is uitstekend geskryf. 

By gedigstrukture het ek 'n voorbeeld geplaas.  Doen my asseblief 'n groot guns en plaas jou gedig daar. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

O ne! die blikkie is uitstekend gevul. Pragtige sintuiglike gedig, PM dink dis beter as myne...

:crybaby2: :crybaby2: :crybaby2: :crybaby2:

En sy is reg!  :laughing4:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Jeannedarc

Naas

jy maak sommer dat ek so 'n bewoeentheid hier agter die oe ervaar. siende dat ek nie weet waar al die leestekens hier op my gevorderde sompomp is nie vra ek ook sommer askies vir die spelling van bewoentheid.  :icon_study: :dontknow:

Naas

Bewoë blik in die oë,
snuitig in die neus,
smaaklik oppie tong.
Voel ek so ontroerd
as ek jou woorde hoor.

Sintuiglik genoeg?
Ek gee maar net my opinie. Hoop dit is geldig.



:icon_bigsmurf:


Ek is maar net een, maar ek ís een.

Jeannedarc

Hi Naas

sintuiglik genoeg maar ek sou tog 'n klein bietjie strooisuiker wou he so oppie tong  :laughing4:

PM

Gaan kyk maar,  Naas het homself met 'n stinkspoed verbygegaan!   :headbang:   
Om te weet is om te verstaan.