Author Topic: Kom ons help mekaar  (Read 5245 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Kom ons help mekaar
« on: January 01, 2012, 10:24:02 AM »
In gesprek met 'n paar mense wat ek na die forum toe genooi het, het ek die volgende "klagtes" ontvang.
Die Afrikaanseforum is net nog 'n plek waar mense heuning om die skrywer se mond smeer. 
Niemand het die vrymoedigheid om vir die skrywers reguit te sê waar foute is nie.
Spelfoute word nie aangespreek en reggemaak nie. 
Daar word nie saam geskaaf en geskuur aan gedigte of skryfwerk nie.  Wat anders soek ek op so 'n forum?
Baie skrywers op die forum het uitmuntende talent, maar niemand help hulle om te groei nie. 
Iemand het vir my gesê:  Julle sal liewers die gedigstrukture se reëls verbuig voordat julle die skrywer reghelp.

Dit het vir my gevoel of ek 'n emmer yskoue water in my gesig gekry het.  Ek het, want ek is skuldig!
Afgehaal en "seergemaak" het ek mooi gaan sit en dink.
Hoekom het ek die forum begin?  Was dit nie die eintlike doel om mekaar te help sodat ons kan saam groei nie?  Is dit nie net die naakte waarheid nie?  Hoeveel keer het ek al "gefnuik" gevoel wanneer ek werk op die forum plaas, nie net my eie nie, maar my skrywers s'n en so min skrywers doen die moeite om net 'n komtaartjie daar te los.  Dit word tot 40 keer gelees sonder 'n enkele kommentaar. 

Hoekom het ons nie die vrymoedigheid om vir die volgende skrywer te sê waar hy/sy die skryfwerk kan verbeter nie? 
Ek wil 'n beroep doen op al die lede om asseblief te kom sê wat julle hiervan dink.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #1 on: January 01, 2012, 10:53:34 AM »
Ek persoonlik ry op digtersvryheid se rug. Ek gaan 'n peer keer deur elke gedig voor ek dit plaas.
As ek 'n struktuur buig is dit met opset. As ek 'n woord verkeerd spel is dit met opset. As ek leestekens of hoofletters misbruik is dit met opset.
As ek 'n gedig van iemand anders lees en ek is nie seker wat hy/sy bedoel nie hou ek my mond... As die gedig met my praat se ek so. As ek agterkom dat die skrywer nie weet hoe om hoofletters of leestekens te gebruik nie sal ek vra hoekom nie.
Ek skryf nie om 'n Langenhoven te word nie. Ek skryf om my gevoelens te deel. As ek dit regkry is ek dankbaar. Baie keer skryf ek en weet dat ander nie die vaagste benul gaan he vaarvan ek praat nie want hulle weet nie hoe ek voel nie. Dan glimlag ek maar net as hulle "verkeerd" verstaan.
Ek kyk na alle kretiek maar ignoreer die wat nie van toepassing is op wat EK wou gese het nie. Dit is teen die einde van die dag my werk.
Hierdie forum en sy mense aanvaar my soos ek is en daarvoor is ek dankbaar.
As ander hier gaan inklim en my werk begin verander omdat dit hulle pas gaan my stem baie stil word.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #2 on: January 01, 2012, 01:01:05 PM »
My vraag is:  Sal almal tevrede wees om reggehelp te word?
Ek dink ons moet elkeen die keuse gegee word om te besluit of ons met 'n spesifieke gedig/vers gehelp wil word.
Ek myself spandeer nogal tyd daaraan om my skriffels oor en oor te lees en te skaaf, nogtans is daar altyd plek vir verbetering.
Dan gebruik ek die voorreg om die vryevers opsie te gebruik en glo nie ek sal sommer in 'n spesifieke struktuur wil skryf nie.  Of dalk kan iemand my versie vat en dit in 'n struktuur inpas?  Sal interessant wees om dit te sien.
Om alles op te som:  As iemand dink dat my gedig beter gedoen kan word, raadpleeg my eers asseblief.
elle

Offline Louis

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 163
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #3 on: January 01, 2012, 03:59:45 PM »
ek gee glad nie om as iemand my probeer reghelp/en of n voorstel het tov n gedig se versreels verander mits dit nie die oorspronklike idee verander nie. wanneer ek n gedig skryf weet ek presies wat ek voel en wat ek wil se. ek sal en kan dus nie iemand probeer reghelp of n voorstel maak as ek nie weet wat hulle eintlike se nie

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #4 on: January 02, 2012, 08:49:37 AM »
Naas, ek het begrip vir jou siening en respekteer dit.  Sal ook altyd respek hê vir elke skrywer se mening en skryfwerk.  Dit is tog lekker om 'n bespreking om 'n gedig te hê en uit te pluis presies wat dit is wat die skrywer wil sê.  Ek, vir een, sukkel soms om die regte woorde te vind en omdat dit vir  MY  belangrik is dat die leser moet verstaan wat ek probeer oordra, sou ek graag wou hoor as my werk nie vir jou sin maak nie.  Ek vra ook as ek nie mooi sin maak van 'n ander se werk nie.
Vir my is dit beter om dit so te doen, as om net my rug op die skryfwerk te draai en verby te gaan. 

Natuurlik is daar baie plek vir digterlike vryheid.  Dit maak digkuns interessant en uniek.
Daar is egter 'n verskil tussen 'n woord verkeerd spel en 'n woord anders spel om die betekenis te beklemtoon of te verander, of soos ons dikwels doen, die spot te dryf.   :icon_biggrin:

Jy is reg Ellé, almal hou nie daarvan dat ander aan hul gedigte of skryfwerk moet peuter nie.  Heel aan die begin, toe ek net by Woes aangesluit het, het dit my erg gegrief.  Stelselmatig het ek agter gekom dat daar wel baie goeie skrywers is wat my daadwerklik gehelp het om my oogklappe af te haal en uit my kassie uit te klim.  (Naas sukkel nog steeds met my.  :icon_biggrin: ) Feit bly staan, die skrywer het nog die voorreg om self te besluit of hy of sy die raad wil aanvaar of nie. 

Ons het mos 'n plekkie waar die skrywer kan vra om sy gedig "onder die loep" te neem.  Tog sou ek baie graag wou sien dat skrywers meer betrokke raak by ander skrywers se werk.  Ons het pragtige skrywers en die meeste werk het nie aandag nodig nie, maar as ons iets raaklees wat krap, sou dit wonderlik wees as ons almal die vrymoedigheid het om dit te sê.  Die voorreg wat ons hier op die forum het, is dat ons soos 'n familie is, ons bou mekaar net op.  Ek glo ook dat die meeste skrywers dit sal verwelkom.  Ek sal beslis baie dankbaar wees.

Soms, soos met een van Louis se gedite, maak ek 'n glipsie, hy help my reg en ons lag daaroor.  Alles in goeie gees.
« Last Edit: January 02, 2012, 08:52:51 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #5 on: January 19, 2012, 05:16:47 AM »
Angelica: ... dalk kan iemand my versie vat en dit in 'n struktuur inpas?  Sal interessant wees om dit te sien.

Hier is 'n klein deel uit 'n gedig van jou wat perfek sou kon inpas by drie van ons strukture  :toothy4:
(1) kaalvoetgedig sonder enige leestekens
(2) Oorbruggende titelstruktuur waar die titel reeds die eerste reel vorm van die gedig
(3) Herhaalde titelstruktuur waar jou titel en laaste reel presies dieselfde is

ek blaai en blaai

deur joernale se gange van onthou
ek proe die eindelose oggende
van bekersvol wat oorloop
later leegloop

ek blaai en blaai

© Angelica

 :book1: :notworthy: :icon_salut:

« Last Edit: January 19, 2012, 06:14:05 AM by Meraai vannie Baai »

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #6 on: January 22, 2012, 04:10:55 PM »
Aitsa, kyk nou net! En ek het gedink niks van my val in plek nie, behalwe in my kop.
Lyk my die Kaalvoetgedigstruktuur (sjoe) pas perfek aan by my versies,
Dankie Meraai, jy laat my moed skep.
Miskien moet ek begin skaaf aan hierdie einste 'blaai en blaai' vir die nuwe boek.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #7 on: January 23, 2012, 02:29:56 AM »
Plesier Angelica  :notworthy: Ek lief jou woorde en het lank gelede by die woordeboek, waar ek julle woorde soms inspan in versvorm - ook 'n  Fibonacci geskep uit jou woorde rakende die strukture onderwerp. Weet nie of jy dit gesien het nie:

Bietjie van 'n rebel

Ek
is
iemand
wat my nie
steur aan strukture
van enige aard nie, ek sou
om die dood nie kan onthou wat en hoe dan nou nie.


Ek
wil
vry wees
om te sê.
En ek wil buig en
reguit maak waar en hoe ek wil.
So, oordeel my nie as ek my nie gaan verwerdig
om by die strukture in te val en te probeer nie - hou van die Vryvers vryheid

© Angelica
.

 :book1: :notworthy: :icon_salut:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #8 on: January 23, 2012, 05:44:17 AM »
Giggles... nou toe nou.
Fibonacci klink soos 'n Italianer met 'n nat broek.
Nee ek het nie gesien toentertyd nie.  Baie interessant, dankie.
Mooi dag vir jou.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #9 on: January 23, 2012, 06:49:41 AM »
Dankie baie baie. Bind jou seenwens om my siel se hals  :notworthy: en die fib was my plesier met jou woorde  :icon_salut:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Kom ons help mekaar
« Reply #10 on: January 23, 2012, 07:37:03 AM »
Nou sien jy self wat ek bedoel met onse Raaitjie se talent om 'n sinnetjie of twee te vat en dit in 'n struktuur of sommer net 'n mooi gediggie  om te toor.  Die strukture klink erg, maar wanneer jy eers die voorbeeld mooi bekyk het, die pen optel en begin skryf, dan raak dit interessant.
My seun stap hier in terwyl ek lettergrepe tel. Dit moes baie snaaks gelyk het, want my vingers werk en my kop knik.

Werk aan die blaai en blaai en hierdie voorbeeld lyk perfek vir die fibstruktuur in die boek.
Om te weet is om te verstaan.