• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vuurvliegievrou

Started by PM, January 01, 2012, 08:28:21 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

adele

Quote from: werelde weg on January 06, 2012, 10:11:29 AM
wil nou sommer nog skryf   :toothy4:

Vuurvliegievrou

Skryf, jy mag maar.

PM het my inset gevra en ek dink ook dit is baie mooi. soveel idees en 'n dans wat swaai in my gedagtes.
Ek sou in die eerste vers die 2de reël laat oorloop na die derde want die idee loop vir my aaneen. Die punt breek die reël stomp af wanneer ek dit staan en hardop lees.

Onder die hemelnag
loop ek suutjies deur die gras
en agter die blare van die groene wilger,
neem ek my plek in vir die prag.

dan ook in die 2de strofe-

In die lig van die donkermaan,
dans die vuurvliegliggies
patrone teen die hemelruim.

omdat ..hemelnag... in die eerste reël so mooi woord is, laat dit hierdie ...hemelruim ... afgewater klink, ek sou iets kies soos ... fluweelnag...

In die lig van....

met die volgende strofe se
...donker gloed...

sou ek iets gebruik soos:

In die dof van die donkermaan,
dans die vuurvliegliggies ...

Terwyl die maan sy donker gloed ontbloot,
neem haar gestalte aan; 

[die ; pla ook hier, dit dien nie 'n doel nie want die volgende reël is nie 'n verandering van gedagte nie, maar 'n uitbreiding op die vrou se voorkoms]

my gedagtes loop dan so:


Onder die hemelnag
loop ek suutjies deur die gras
en agter die blare van die groene wilger,
neem ek my plek in vir die prag.

Teen die fluweel van die donkermaan,
dans vuurvliegliggies
patrone in die nag...

En wanneer 'n ster sy flikkering ontbloot,
neem haar gestalte aan... 

'n Rooi rok wyd gesprei     
styfgespan oor haar bene
gevorm vir die oog van 'n man,
spruit sy haar dans van die vuur.

Haar blonde lokke waai vir my,
gee my krag wat leef
diep   diep in my vlees.

Voete     tone     trap sag     tog ritmies in die sand
dans sy haar dans teen die vuur.

Riel    saam     ritmies,
met die vuurvliegiegloed geëts teen die donker maan.

Die kole knetter en spat.
Haar oë    helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more
gevul met die onthou van gister.

Met 'n oogknip is sy weg,
maar ek sien die rooi rok wuif     wapper
sag tussen die riete     en ek weet
oormore sien ek haar weer...


Maar dis net my gevoel.

:grommit:

adéle  :grommit:

PM

Dankie Annie, ek wag nou in spanning om te hoor wat WW daarvan dink. 

:bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Woorde herhaal skep dikwels die ritme en gevoel van die gedig
ook as mens lirieke skryf ...

dis meer as mens 'n besigheids brief of 'n feitlike boek skryf wat mens nie in dieselfde paragraaf dieselfde woord sal herhaal nie

bv as jy klaar gese het ek is kwaad en jou tweede sin het ook kwaad in - verwang jy kwaad met woede ens ...

maar in 'n gedig kan kwaad
heeltyd kwaad bly kwaak
totdat almal hoenders vang
wat die kwaad is vrek kwaad
maak nie saak wie wat kwaak nie


dis werklik 'n prag gedig wat jy hier het ... plaas asb die finale produk weer by jouse hoekie ...


ek sukkel my dood met die lees tekens ... en hoeveel spassies laat mens vir hoeveel gevoel??


Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

WW sukkel om op die forum te kom.  Ek hoop hy kan die probleem gou opspoor.  Dalk het jy raad Wils.  Ek kan nie verstaan wat die probleem is nie, want hy kom van my rekenaar af in. 
Raaitjie sal kan help met die spasies. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Ons sal met WW koffie date reel en dan kan slim JanDink (Andre) na sy rekenaar se settings kyk ... ek het maklik ingekom - so dit kan settings op sy rekenaar wees.

Meraai van die Baai latwaai met die spasies laat ons ook weet hoe  :icon_cheers:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Dit sal wonderlik wees as JanDink vir ons kan laat weet watter settings dit is.  Dan kan ons dit vir die ander ouens wat ook sukkel laat weet.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

sjoe ons het nog nie eens 'n  :coffee2:date gehad nie - moet vinnig 'n plan maak  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ek sal dit opreg waardeer.  Ek weet nie of jy net 'n vingerfoutjie gemaak het nie, maar die smilies wil 'n spasie voor en agter die skakel hê, anders wil dit nie werk nie.  Ek noem dit sommer vir die nuwe lede ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

 :coffee2: date

nie vingerfout nie - verstand fout  ha ha ha

gaan kyk wat ons kan reel spoediglik :-) :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Baie dankie Willa.  Binne die volgende twee weke sal my lewe ook weer terugkeer na normaal, dan kan ek weer al my aandag by die gedigte en die forum bepaal.  Dit klink vir my asof ons teen die einde van die maand Botswana toe gaan vir 'n maand.  Net toe ek gedink het my "traveling days are over". 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w