Author Topic: Vuurvliegievrou  (Read 13589 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vuurvliegievrou
« on: January 01, 2012, 08:28:21 AM »
Onder die donker maan.

Loop ek suutjies deur die gras.
Agter die blare van die grote willow,
neem ek my plek vir die prag.

In die lig van die donker maan.
Dans die vuurlig liggies,
patrone teen die hemel ruim.

Tewyl die donker maan,
strale ontbloot,
neem haar gestalte aan.

Met n Rooi rok wyd gesprei,
styfgespan, oor haar bene gevorm vir die oog van n man,
spruit sy haar dans van die vuur.

Haar Blonde lokke waai vir my.
Gee my krag wat dieper le.
As net my vlees.

Voete, tone, trap sag, tog ritmies in die sand, dans sy haar dans teen die vuur.
Riel saam met vuurvliegies afgeeits teen die donker maan.

Die kole knetter en spat.
Haar oe helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more
gevul met die onthou van gister.

Met n oog knip is sy weg,
maar ek sien nog die rooi rok wuif
sag tussen die riete, en ek weet
oormore sien ek haar weer...
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #1 on: January 01, 2012, 09:49:51 AM »
Na 'n telefoongesprek met WW het hy gevra dat almal asseblief moet help om hierdie mooi gedig van hom te timmer.

Vir eers het ek net die leestekens weggelaat, willow met wilger vervang en die "af" van afgeëts afgekap.  (Ek het eintlik net die spelling daarvan probeer naslaan, toe ek nie die woord kon opspoor nie, het ek en Hannes nogal 'n wye gesprek daaroor gehad.  Ons het tot die slotsom gekom dat "geëts" reeds presies sê wat dit bedoel.  Help asseblief!)
Ek het ook gebruik gemaak van die spasies, om die rusplekke aan te toon.

WW, uit ons gesprek het ek afgelei dat die "rooi rok" vir jou 'n spesiale betekenis het.  Indien wel, sou ek "Rooirok" met 'n hoofletter spel soos wat jy dit in jou gedig het.  Kom sê asseblief hoe voel jy daaroor.

Is hier iemand wat die leestekens wil aandurf?

Vuurvliegievrou

onder die donker maan
loop ek suutjies deur die gras
agter die blare van die grote wilger
neem ek my plek vir die prag

in die lig van die donker maan
dans die vuurvliegliggies
patrone teen die hemel ruim

terwyl die donker maan
strale ontbloot
neem haar gestalte aan

met ’n rooi rok wyd gesprei     
styfgespan oor haar bene
gevorm vir die oog van ’n man
spruit sy haar dans van die vuur

haar blonde lokke waai vir my
gee my krag wat dieper lê
as net my vlees

voete     tone     trap sag     tog ritmies in die sand
dans sy haar dans teen die vuur
riel saam met vuurvliegies     
geëts teen die donker maan

die kole knetter en spat
haar oë    helder en nat
sien ek haar gedagtes van more
gevul met die onthou van gister

met ’n oogknip is sy weg
maar ek sien nog die rooi rok wuif
sag tussen die riete     en ek weet
oormore sien ek haar weer...




« Last Edit: January 01, 2012, 09:59:05 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #2 on: January 01, 2012, 11:13:50 AM »
Hallo almal,
Julle ken my, gryp 'n woord en skryf en weet niks van digkuns of versies maak.
Maar ek gaan probeer help.  WW, jy mag my poging afskiet.  Natuurlik.  Ek gaan 'n gedeelte skryf op die trant wat ek altyd doen.

Vuurvliegievrou  - (Ek hou baie van die 'opeenhoping' in die titel)

In die gloed van die donkermaan
loop ek ligvoets deur die gras
vanagter die skuiling (?) van die wilgeblaar
wag ek angstig op die kleureprag

In die gloed van die donkermaan,
terwyl ek angstig wag
dans vuurvliegies skugter saam
in patrone teen die hemelnag

In sagte silver manestraal.....
neem die vuurvliegievrou se gestalte aan

... trap ritmiessag in die sand..  ens ens


Ek wil nie die gedig oorskryf, maar net gedink dit kan meer vloei.





« Last Edit: January 01, 2012, 04:33:27 PM by Angelica »
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #3 on: January 02, 2012, 07:52:42 AM »
Dit is goed gedoen Ellé.  Vir my is dit altyd interessant om te sien hoeveel maniere daar is om iets te sê.  WW is 'n "oopkopmens" wat sorgvuldig deur almal se voorstelle sal gaan en self besluit wat hy waar wil toepas.  Hier kom 'n pronkstuk!  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #4 on: January 04, 2012, 02:20:35 PM »
nou ja waar begin ek,  :triplets:  dankie patrys vir die skuif van my gedig...  :icon_study:
baie opgewonde dat jy veral van hom hou

dan dankie angelica vir die woord speel , maar dit klink vir ,my bietjie te veel na rympie op maak? te veel van dieselle sinne?
ek het iewers gehoor op n kol dat n mens nie in digkuns meer as een woord in n gedig herhaal nie soos bv "in die gloed van die donker maan" ens
ek hou van wat ek hier het maar as ek iete sou wou verander sou dit beslis die gewees het:


neem ek my plek vir die prag....
daai stukkie sou ek nog wou verander

wat die lees tekens aanbetref die sal aan gewerk moet worre ....

die opeenhoping van die woord is juis so gestel dat dit n veel voudige betekenis het

wat die afge-ets aanbetref stem ek saam ge-ets kan werk... 

Offline Gawelina

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 360
  • Gender: Female
    • Gawelina
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #5 on: January 04, 2012, 04:03:04 PM »
Dis 'n pragtige gedig. Julle weet teen hierdie tyd al dat ek my eie manier van dinge doen het en dat rym en leestekens nie juis van my gunstelinge is nie.  Die spasies doen die ding vir my. Ek wag in spanning vir die eindproduk.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #6 on: January 04, 2012, 06:03:40 PM »
Hi WW,
Natuurlik kan niemand anders jou gedig verander nie.  Was ook nie my bedoeling.
Persoonlik dink ek dat slegs vakmanne jou kan help sou jy iets wou verander. Maar dit is slegs hoe ek voel.
elle

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #7 on: January 04, 2012, 08:15:15 PM »
nee wat angelica... ek is min geworry oor die verandering ek lief oppienies hoor!!!!!
is net iewers het ek gelees of hoor dat n mens nie herhaling in n gedi moet toepas nie...

kan iemand dalk daarop beaam? of speel ek nou verkeerd hier?
ek sal bietjie gaan na slaan maar ek het in 2008 n dig dag bygewoon in stellenbosh en die is toe daar aan my genoem...

soos gese ek love doe hele gedig soos hy is dit maak ietsie in my wakker , is net daai wilger stukkie wat ek wil verander

hy wag wag vir wat? en hoe wag hy ? prag kan hy nie voor wag nie want dis nie n prag time atmosfeer nie... kan iemand help?

gawie so jy reken geen leestekens net soos dit nou is?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #8 on: January 05, 2012, 08:02:15 AM »
Dit is so dat die slimkoppe sê 'n mens moet herhaling probeer vermy waar moontlik.  Soms is dit moeilik, maar ek dink dit is net daar waar die kreatiewe skrywer vorendag kom met 'n nuwe "uitklophouwoord", "wat jou teen die hart fuis".   :icon_biggrin:

Leestekens is ewe moeilik.  Die meeste skrywers wil nie aan bande gelê word nie.  Ek persoonlik sou verkies om sonder leestekens te skryf. juis omdat ek dikwels onseker is.  Soms spring die leestekens sommer vanself in plek.   :icon_biggrin: 

'n Mens moet net seker maak dat dit wat tussen die hoofletter en die punt staan, sin maak. As die "sin" nie 'n werkwoord in het nie, moet daar liewers 'n komme wees.  Bv.

Onder die donker maan,
loop ek suutjies deur die gras.
Agter die blare van die grote willow,
neem ek my plek vir die prag.

Kyk na woorde wat prag kan vervang.  Spel of skouspel, bal of dansbal, of so iets. Voeg ook "in" by.
Bv. "neem ek my plek in vir die skouspel."

Ek is mal oor Ellé se "hemelnag".  Dit pas mooi en beklemtoon die donker. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #9 on: January 06, 2012, 08:36:28 AM »
so n paar veranderinge gemaak en het die hemelnag ingewerk asook die gloed woord waar dit beter pas dankie angelica
en  n paar netsen toes uit gehaal met punte en kommas oral

Vuurvliegievrou

Onder die hemelnag,
loop ek suutjies deur die gras.
Agter die blare van die groene wilger,
neem ek my plek in vir die prag.

In die lig van die donkermaan,
dans die vuurvliegliggies
patrone teen die hemelruim.

Terwyl die maan sy donker gloed ontbloot,
neem haar gestalte aan;

met ’n rooi rok wyd gesprei     
styfgespan oor haar bene,
gevorm vir die oog van ’n man
spruit sy haar dans van die vuur.

Haar blonde lokke waai vir my.
Gee my krag wat dieper lê
as net my vlees.

voete     tone     trap sag     tog ritmies in die sand

dans sy haar dans teen die vuur.

Riel    saam     ritmies,
met die vuurvliegie gloed geëts teen die donker maan.

Die kole knetter en spat.
Haar oë    helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more,
gevul met die onthou van gister.

Met ’n oogknip is sy weg,
maar ek sien die rooi rok wuif-wapper
sag tussen die riete     en ek weet
oormore sien ek haar weer...

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #10 on: January 06, 2012, 09:20:10 AM »
Goeiste WW, Patrysie het nou hoendervleis!   :notworthy:

Kom ons kyk nog hierna:

Haar blonde lokke waai vir my, (komma)
gee my krag wat dieper lê
as net my vlees.

(Hoofletter) Voete     tone     trap sag     tog ritmies in die sand, (komma) 
dans sy haar dans teen die vuur.

Riel    saam     ritmies,
met die vuurvliegiegloed (ek dink dit moet een woord wees) geëts teen die donker maan.

Kyk maar daarna. 
Ek dink werklik jy het 'n praggedig geskryf en dit moet net in boek twee kom.   :love7:



Om te weet is om te verstaan.

Offline werelde weg

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 92
  • Gender: Male
  • lag en lag anners gaan jy huil...
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #11 on: January 06, 2012, 10:11:29 AM »
Ek het hom nou so verander patrys , net die wuif waper vas of los of deelteken wat my bietjie laat ko krap...
dankie vir die kompliment , ek moet se ek is self beindruk met hm.... wil nou sommer nog skryf   :toothy4:


 Vuurvliegievrou

Onder die hemelnag,
loop ek suutjies deur die gras.
Agter die blare van die groene wilger,
neem ek my plek in vir die prag.

In die lig van die donkermaan,
dans die vuurvliegliggies
patrone teen die hemelruim.

Terwyl die maan sy donker gloed ontbloot,
neem haar gestalte aan;

met ’n rooi rok wyd gesprei     
styfgespan oor haar bene,
gevorm vir die oog van ’n man
spruit sy haar dans van die vuur.

Haar blonde lokke waai vir my,
gee my krag wat dieper lê
as net my vlees.

Voete     tone     trap sag     tog ritmies in die sand
dans sy haar dans teen die vuur.

Riel    saam     ritmies,
met die vuurvliegiegloed geëts teen die donker maan.

Die kole knetter en spat.
Haar oë    helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more,
gevul met die onthou van gister.

Met ’n oogknip is sy weg,
maar ek sien die rooi rok wuif     wapper
sag tussen die riete     en ek weet
oormore sien ek haar weer...
« Last Edit: January 06, 2012, 10:43:45 AM by PM »

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #12 on: January 06, 2012, 10:46:58 AM »
Ek het net 5 spasies tussen die twee gesit.  Kyk of dit nou vir jou reg lyk. 

Ek hou baie van die spasies, dit gee net daardie ekstra langer ruskans tussen die woorde. 

Oeee, ek hou van jou gedig!  Ons wag vir nog!
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #13 on: January 06, 2012, 12:58:21 PM »
Ek het gister 'n laaang stuk hier geskryf maar dit seker nie ge"post" nie. Ek gee kort weergawe van hoe ek voel.
WW, die ou wat vir jou gese het herhaling hoort nie in 'n gedig nie is 'n hoenner. ELKE ding wat 'n gedig laat sin maak, jou gevoelens/gedagtes oordra en/of ritme aan 'n gedig gee is aanvaarbaar al verbuig of verbreek dit ook WATTER taalreel.
Dig is 'n kuns. As daar nie deur die jare skilders was wat buite die reels geskilder het nie sou kuns maar bra eentonig en oninterresant gewees het.
Ek verwys sommer uit die vuis na 'n gedig soos "Die Ruiter van Skimmelperdpan"
"Waarom rus jy nie, rus jy nie, Jan van der Meer" en later weer: "Elke nag maar weer die galop, die galop, die galop." As hierdie herhaling nie gebruik was nie sou die vrou se misnoe met die gereelde gebeure net nie dieselfde trefkrag gehad het nie. Met die herhaling kan jy voel hoe gatvol sy nou al vir die afkopgedoente is. Andersins sou dit maar net 'n vraag wees wat sy gevra het. Dit dui ook op die feit dat die gebeure hulself elke nag herhaal.
Die Taalkundiges wat elke dingetjie in 'n blikkie wil inle maak van 'n lewende taal 'n dooie gemors.
Ons het op 'n staduim nuwe woorde geskep wat ook vir die mense onaanvaarbaar was omdat die woorde nie in 'n woordeboek is nie. My vraag is: "As nuwe woorde nie geskep mag word nie, hoe het ons taal tot nou gegroei." As ons deur reels ingehok word, hoe gaan ons onself in ons taal uitleef?


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #14 on: January 06, 2012, 01:45:29 PM »
Ek stem saam Naas, daardie herhaling het 'n plek, 'n funksie en 'n doel. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #15 on: January 07, 2012, 10:07:36 AM »
wil nou sommer nog skryf   :toothy4:

 Vuurvliegievrou

Skryf, jy mag maar.

PM het my inset gevra en ek dink ook dit is baie mooi. soveel idees en 'n dans wat swaai in my gedagtes.
Ek sou in die eerste vers die 2de reël laat oorloop na die derde want die idee loop vir my aaneen. Die punt breek die reël stomp af wanneer ek dit staan en hardop lees.

Onder die hemelnag
loop ek suutjies deur die gras
en agter die blare van die groene wilger,
neem ek my plek in vir die prag.

dan ook in die 2de strofe-

In die lig van die donkermaan,
dans die vuurvliegliggies
patrone teen die hemelruim.

omdat ..hemelnag... in die eerste reël so mooi woord is, laat dit hierdie ...hemelruim ... afgewater klink, ek sou iets kies soos ... fluweelnag...

In die lig van....

met die volgende strofe se
...donker gloed...

sou ek iets gebruik soos:

In die dof van die donkermaan,
dans die vuurvliegliggies ...

Terwyl die maan sy donker gloed ontbloot,
neem haar gestalte aan; 

 [die ; pla ook hier, dit dien nie 'n doel nie want die volgende reël is nie 'n verandering van gedagte nie, maar 'n uitbreiding op die vrou se voorkoms]

my gedagtes loop dan so:


Onder die hemelnag
loop ek suutjies deur die gras
en agter die blare van die groene wilger,
neem ek my plek in vir die prag.

Teen die fluweel van die donkermaan,
dans vuurvliegliggies
patrone in die nag...

En wanneer 'n ster sy flikkering ontbloot,
neem haar gestalte aan... 

’n Rooi rok wyd gesprei     
styfgespan oor haar bene
gevorm vir die oog van ’n man,
spruit sy haar dans van die vuur.

Haar blonde lokke waai vir my,
gee my krag wat leef
diep   diep in my vlees.

Voete     tone     trap sag     tog ritmies in die sand
dans sy haar dans teen die vuur.

Riel    saam     ritmies,
met die vuurvliegiegloed geëts teen die donker maan.

Die kole knetter en spat.
Haar oë    helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more
gevul met die onthou van gister.

Met ’n oogknip is sy weg,
maar ek sien die rooi rok wuif     wapper
sag tussen die riete     en ek weet
oormore sien ek haar weer...


Maar dis net my gevoel.

 :grommit:

adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #16 on: January 08, 2012, 09:13:16 AM »
Dankie Annie, ek wag nou in spanning om te hoor wat WW daarvan dink. 

 :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #17 on: February 19, 2012, 02:11:24 PM »
Woorde herhaal skep dikwels die ritme en gevoel van die gedig
ook as mens lirieke skryf ...

dis meer as mens 'n besigheids brief of 'n feitlike boek skryf wat mens nie in dieselfde paragraaf dieselfde woord sal herhaal nie

bv as jy klaar gese het ek is kwaad en jou tweede sin het ook kwaad in - verwang jy kwaad met woede ens ...

maar in 'n gedig kan kwaad
heeltyd kwaad bly kwaak
totdat almal hoenders vang
wat die kwaad is vrek kwaad
maak nie saak wie wat kwaak nie


dis werklik 'n prag gedig wat jy hier het ... plaas asb die finale produk weer by jouse hoekie ...


ek sukkel my dood met die lees tekens ... en hoeveel spassies laat mens vir hoeveel gevoel??


Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #18 on: February 20, 2012, 07:21:45 AM »
WW sukkel om op die forum te kom.  Ek hoop hy kan die probleem gou opspoor.  Dalk het jy raad Wils.  Ek kan nie verstaan wat die probleem is nie, want hy kom van my rekenaar af in. 
Raaitjie sal kan help met die spasies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #19 on: February 20, 2012, 08:56:11 AM »
Ons sal met WW koffie date reel en dan kan slim JanDink (Andre) na sy rekenaar se settings kyk ... ek het maklik ingekom - so dit kan settings op sy rekenaar wees.

Meraai van die Baai latwaai met die spasies laat ons ook weet hoe  :icon_cheers:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #20 on: March 04, 2012, 05:27:29 AM »
Dit sal wonderlik wees as JanDink vir ons kan laat weet watter settings dit is.  Dan kan ons dit vir die ander ouens wat ook sukkel laat weet.   :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #21 on: March 04, 2012, 06:27:12 AM »
sjoe ons het nog nie eens 'n  :coffee2:date gehad nie - moet vinnig 'n plan maak  :angel8:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #22 on: March 05, 2012, 05:32:37 AM »
Ek sal dit opreg waardeer.  Ek weet nie of jy net 'n vingerfoutjie gemaak het nie, maar die smilies wil 'n spasie voor en agter die skakel hê, anders wil dit nie werk nie.  Ek noem dit sommer vir die nuwe lede ook. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #23 on: March 05, 2012, 05:39:48 AM »
 :coffee2: date

nie vingerfout nie - verstand fout  ha ha ha

gaan kyk wat ons kan reel spoediglik :-) :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #24 on: March 05, 2012, 05:43:00 AM »
Baie dankie Willa.  Binne die volgende twee weke sal my lewe ook weer terugkeer na normaal, dan kan ek weer al my aandag by die gedigte en die forum bepaal.  Dit klink vir my asof ons teen die einde van die maand Botswana toe gaan vir 'n maand.  Net toe ek gedink het my "traveling days are over". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Ah Willa

  • Administrator
  • Melkbaard
  • Posts: 1312
  • Gender: Female
  • Jou glimlag kan 'n lewe red - smile!
    • Ah,Willa!
Re: Vuurvliegievrou
« Reply #25 on: March 05, 2012, 11:42:41 AM »
Dit klink lekker  :snorting:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w