• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Vuurvliegievrou

Started by PM, January 01, 2012, 08:09:20 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Onder die donker maan.

Loop ek suutjies deur die gras.
Agter die blare van die grote willow,
neem ek my plek vir die prag.

In die lig van die donker maan.
Dans die vuurlig liggies,
patrone teen die hemel ruim.

Tewyl die donker maan,
strale ontbloot,
neem haar gestalte aan.

Met n Rooi rok wyd gesprei,
styfgespan, oor haar bene gevorm vir die oog van n man,
spruit sy haar dans van die vuur.

Haar Blonde lokke waai vir my.
Gee my krag wat dieper le.
As net my vlees.

Voete, tone, trap sag, tog ritmies in die sand, dans sy haar dans teen die vuur.
Riel saam met vuurvliegies afgeeits teen die donker maan.

Die kole knetter en spat.
Haar oe helder en nat.
Sien ek haar gedagtes van more
gevul met die onthou van gister.

Met n oog knip is sy weg,
maar ek sien nog die rooi rok wuif
sag tussen die riete, en ek weet
oormore sien ek haar weer...
Om te weet is om te verstaan.

PM

WW, ek het jou gedig gaan deps en dit huistoe gebring. 
Dit is 'n pragtige gedig en daar waar ek dit gaan haal het, het niemand eers 'n komtaartjie gelos nie.  Ek sal dit by "kom ons help mekaar" gaan plaas, dan help ons 'n bietjie, want ek dink dit hoort in ons volgende boek.  :hello2:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Dit is mooi, ek hou veral van die laaste twee verse. Beskrywend.
:angel12:

Ah Willa

pragtig - ek gaan loer daar by help mekaar om te sien hoe daar gehelp word  :-)

dis def 'n gedig om te plaas in 'n prag boek PM :coffee2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Sodra WW die probleem opgelos kry, sal hy weer kom saamgesels Wils.  Ek lief die gedig.
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

ekke ook - sal kyk of ons nie bymekaar kan kom in die week nog nie - al is dit net 5 minute om na sy settings te kyk ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

WW ry baie rond en ek is seker hy sal sommer 'n draai by julle kom gooi.  Gee vir hom 'n drukkie van  my af. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

PM email vir my se kontak details na willa@willa.co.za  dan maak ons met hom kontak -
ek dink nie dis op sy facebook page nie en ek weet nie hoe gereeld hy facebook nie  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Om te weet is om te verstaan.

werelde weg

nog n gediggie van my sjoe maar ek is n gelukkige man...

so wat se julle dames is daar weer n saam smelt gedig iewers vir ons wat ons kan skryf?

PM

Ek hoop Raaitjie kom lees hier en bring 'n voorstel vir 'n saamskryf gedig WW. 
Die ander opsie is dat jy dit tafel toe bring.  Kom sê presies wat jy wil hê ons moet doen, dan lui die klok en dan begin ons.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

daar is ook 'n paar uitdagings wat niemand nog aangedruf het nie PM - dis amper nuusbrief tyd - ons kan dit daarby instluit, met die links

WW kom laat weet as jy 'n idee vir 'n saam smelt gedig het :-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Meraai vannie Baai

Saamsmelt gedig - klink wonderlik!! Plek geboek hoor  :headbang: