• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

In die tronk van ‘n skedel

Started by Naas, December 29, 2011, 09:46:59 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Tussen die leegtes van die ruimte
in die holtes van die been,
verdwaal daar stilstom stemme
roepend om hul heen.

Die geklang van siel se slotte
sluit die wêreld van hom af,
waar die skares van alleen wees
worstel met sy eie straf.

Hoekoms jaag die waaroms
in kringe deur die kop.
Verwese sit die selfverwyt
met kasty se hoedjie op.

In sy eie kopbeen tronk
dawer nog net die berou.
Vergifnis is die staaldeur
wat hom nou nog binne hou.

© Naas


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Louis

dit is n ongelooflike stuk werk. baie goed geskryf
(nou voel dit so asof ek die soort tronk nogal goed ken)

Angelica

Hi Naas.
Mens moet amper geniaal wees om hierdie te kan uitdink.
Regtig baie goed geskryf.
elle

PM

Stem ek honderd saam Ellé.  Dit is werklik goed geskryf Naas.  :notworthy:
Het net weer vanoggend op RSG (op pad huistoe) geluister na 'n praatjie oor vergifnis.  Die gedig is treffend. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Dankie julle. Boor ek maar my groottoon innie grond.  :color:
Word nou die nag met hierdie eggo woorde in my kop wakker. Bang ek vergeet dit, gryp ek die stemvangertjie maar die se papperye bat. Toe moet ek maar daar rondval in my zebrapakkie vir 'n pan en pepier. lakkar deurie tjol het ek darem die regte woorde agtermekaar gekry.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

"pan en pepier" lekker dubbelsinnig!   :icon_biggrin:

Die lekker in hierdie gedigte is om dit weer en weer te lees.  Elke keer tref dit dieper.   :notworthy:

Om te weet is om te verstaan.

Naas

#6
Waarom beteken 'n dubbelsinnige ding altyd net een ding?   :icon_biggrin:






:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Omdat dit nie twee dinge is nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

Naas jy het darem 'n manier om woorde te laat toor -
dit wat jy hier beskryf, is baie hoe ek my laaste twee jaar ervaar het -
en hoendervlies draf oor my lyf terwyl ek dit lees ...

ek hoop regtig ons kan meer dig aande he (soos met die boek launch)
sal graag wil hoor hoe jy die een voorlees

dis verby ongelooflik mooi :hello:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

Trapsoetjie

Hoe het ek die een mis gekyk.

Dis die meeste waar woorde wat ek in 'n langtyd gehoor het. Eish. Daai deur wat toegeswys word deur ons self, wat ons binne hou.  :notworthy:

:angel12:

Meraai vannie Baai

Self deur die meule van vergifnis het die ene gekom asof gestuur. Naas ek het dit al hoeveel keer gese maar ek gaan weer: jy is ons eie Langenhoven  :notworthy: :hello2: :icon_salut:

Marinda Kemp

Net een kan so skryf. Goed gedoen soos altyd.  :toothy4:
Upington is nie vir sissies nie.

adele

hierdie 'tronklewe' het ek die afgelope tyd goed leer ken, die afgelope jare ... maar ook ervaar hoe daardie staaldeur sommer oopgaan ....
adéle  :grommit:

Anastasia

Naas, jy het my met die een gehad by 'Tussen die leegtes van die ruimte' - sjoe, jou metaforiese tronk is so goed omdat jy dit so nou bind aan die ware Jakob.  Soms wonder mens watter een die ergste is?  Een, twee, drie, jy het my met die een.  Skitterend
Ek huppel en dans deur die lewe met drie bene!

Meraai vannie Baai

#14
En weereens moet die woorddief blosend erken dat jy 'n slagoffer was. Anastasia ek skryf hoofletter AMEN op jou kommentaar aan ons eie Langenhoven. Hierdie puik voorbeeld van metafore word ook met trots uitgestal by 'kom herkou saam aan Metafore'.

:love7: :hello2: :notworthy: