Author Topic: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.  (Read 4267 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« on: April 30, 2011, 05:25:50 PM »
Dis nag. 
Dis donker. 
Ek is bang.
Iets het my wakker gemaak, maar wat?
Alles is doodstil. 
Ek hoor niks.
Ek lê en luister. 
Daar hoor ek dit weer!! 
Dit klink soos ‘n tak wat aan my venster krap.
Ag nee!  Daar groei geen boom naby my venster nie...
Daar is dit weer. 

Ek staan versigtig op.
Baie saggies sluip ek na die venster toe.
Ek vat die gordyn versigtig weg.
Daar staan sy. 
‘n Klein dogtertjie.   Sy wys met haar vingertjie: “Kom hier, kom hier”.
Ek is bleek geskrik.  Ek voel hoe my hele lyf bewe.
 
Almal ken die storie van die dogtertjie wat weggeraak het. 
Dit is al twintig jaar gelede.
Die dogtertjie met die lang fyn blonde haartjies.
Tot vandag toe nog weet niemand wat van haar geword het nie.
Nou staan sy hier onder my kamervenster en krap-krap aan die ruit.
Ek wat Karolus is was nog nooit so bang nie.

Ek weet sommer dit is nie ‘n regte dogtertjie nie. 
Dit lyk of ek deur haar kan sien. 
Sy is so wasig en die maan se strale trek sulke blink strepe deur haar hare.

Alles in my wil my laat omdraai en weghardloop, maar ek is stokstyf, versteend. 
Dit voel soos ‘n magneet wat my nader na haar toe trek en ek maak die venster oop.  Soos ‘n slaapwandelaar sit ek my een been oor die vensterbank. 
Ek kan nie my oë van haar afhou nie en die handjie wuif nog: “Kom, kom saam met my”. 

Nog steeds, asof iemand anders in my liggaam ingeklim het en my laat beweeg, klim ek deur die venster.  Sy draai om en stap weg van my,  maar wys nog steeds met die handjie:  “Kom, kom saam.”

Dit is donker,  maar die maan se strale skyn deur die takke en ek kan sien waar ek loop.  Sy stap voor my uit en soos ‘n robot volg ek haar.

Ons stap deur die woud, al met die paadjie af. 
Agter my vlieg ‘n nagvoël op.   Ek skrik my bene lam.  Net daar steek ek vas, maar sy draai half om en wys met die handjie:  “Kom, kom saam met my.”

Nou is ons deur die bome en ons stap op teen die randjie.  Toe ek opkyk sien  ek die wolke voor die maan verby sweef. 
‘n Rilling trek deur  my rugstring en tot in my kuite.  Die hare in my nek staan regop.   Ek wonder waar vat sy my heen.

Ek ken hierdie paadjie.  Hierdie paadjie eindig op by Oom Koos se plaashuis.  Die storie het die rondte gedoen dat Oom Koos baie lief was vir haar.  Hy het haar daar onder by die rivier geleer visvang en hulle het heerlike dae saam deurgebring.

Ons vat die laaste draai en ek skrik my yskoud toe die hond al blaffende om die hoek van die huis aangestorm kom.   Hond se kind gee nog net een blaf toe gaan lê hy en draai sy kop skeef.  Hy kyk met vraende oë na my terwyl hy kort klein tjankgeluidjies maak.  Ek kyk op en soek die meisietjie, maar sy is weg.

Dit is twee-uur in die oggend, sien ek op my horlosie.
Stil-stil draai ek om, om terug te gaan huistoe.  Die hond kom lê voor my voete in die paadjie asof hy my wil keer  en maak tjankgeluidjies.

Wat kan dit tog beteken?  Het sy geskrik vir die hond?  Ek is seker sy wou vir my iets gaan wys en nou  is sy weg.
 
Die vrees wat my oorval het,  het verdwyn.  Ek wens ek kon weet wat dit beteken.  Wat is dit wat sy vir my wou wys?  Hoekom tree die hond so snaaks op? Die volgende oomblik hoor ek die geluid in die huis.  Dit klink na ‘n gekreun.  Ek draai weer om en stap vinnig terug na die huis.  Die hond het nou opgespring en hardloop voor my uit.  Ek roep na Oom Koos maar hy antwoord my nie.  Ek draai aan die deur se knop en dit gaan oop.  Voel-voel met my hand aan die muur soek ek na die ligskakelaar en vat dit raak.  Die lig verhelder die vertrek en voor my lê Oom Koos op die vloer langs die telefoontafeltjie.  Ek spring met een sprong bo-oor die tafel en sien hy hou sy bors vas.  Sy gesig is vertrek van die pyn. Hy haal beswaarlik asem.

Ek gryp die foon en skakel ‘n ambulans en gee die adres.  Ek maak Oom Koos gemaklik en toe  die geloei van die sirene onder in die pad opklink,  slaak ek ‘n sug van verligting.

Nadat die ambulans hom daar weg het, sluit ek die deur agter my toe.  Ek draai om, om huiswaarts te keer, en daar tussen die bome staan sy, en sy wuif vir my, en verdwyn in die woud. 
« Last Edit: April 30, 2011, 05:32:28 PM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #1 on: May 02, 2011, 08:06:14 AM »
Ag sies man... Nou het ek hoendervleis op my gansknoppies.
Baie goed geskryf.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #2 on: May 03, 2011, 03:26:23 PM »
Dit is 'n groot kompliment vir my!  Baie dankie Naas.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Jeannedarc

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 314
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #3 on: May 09, 2011, 11:10:55 AM »
PM

nou het naas my aangesteek met sy hoenervleis - myne is net oortreffend - volstruisvleis. ek hou hiervan en het so in die lees die video ook gesien

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #4 on: May 09, 2011, 12:30:39 PM »
 :notworthy:  Dankie, dankie!  Ek sukkel nou om die "smaail" van my bakkies af te kry!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #5 on: October 13, 2021, 12:17:18 AM »
Ek smaail net so wyd...

Naas: Nou het ek hoendervleis op my gansknoppies. 
Jeannedarc: nou het naas my aangesteek met sy hoenervleis - myne is net oortreffend - volstruisvleis.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #6 on: October 13, 2021, 04:59:44 AM »
 :hello2: :notworthy: :bootyshake:
Trappe van vergelyking:
Hoendervleis - volstruisvleis - krokkedilvel

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #7 on: October 13, 2021, 11:45:15 AM »
Ek was menige kere verstom en in vervoering oor wat tussen julle lyne wegkruip Naas. Soms wonder ek of dit die manier is wat my brein bedraad/bevonk is wat die skatte so helder laat skitter tussen die lyne en dat ek dit wil bewaar soos goud  :icon_bigsmurf:

Offline Antjie Patat

  • Matroos
  • Suigeling
  • Posts: 176
  • Gender: Female
  • Passievol Afrikaans!
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #8 on: October 13, 2021, 04:36:19 PM »
My ma sê ek is met die helm gebore. ek vries elke keer soos n pointer-hond as ek die woord helm hoor.
Ek wil niks sien nie, ek wil ook niemand sien nie, en as ek iemand gaan gewaar, wat in die ewige is, verlaat ek my liggammpie opslag en riel-danks saam daai ene... die ewigheid in.... ek is bang vir spoke, ek kan ook nie wegbly nie, en was in my jong dae die "Spookstorie verteller " in ons familie. My anale-kanale lam gelag as die kleintjies so skrik en weghol..... en nou, op hierdie jare,  skik ek my oogballe styf teen my bril-glase vas as iemand my skrikmaak, lyk kompleet soos skeel litchies agter lense.

KARMA... daai dogtertjie gaan nou lank by my spook, en kyk, dis presies 10j gelede geskryf, en blerrie goed geskryf PM!
As ek nou n klein blonde dogtertjie sien, gaan ek so ongemerk moontlik my twie hanne se wysvingers vat en ongemerk kruis voor haar....

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #9 on: October 13, 2021, 11:22:36 PM »
Forumhumor bly die beste doepa ooit!  :toothy4: Antjie, jy teken sulke komiese prentjies met die ABC in jou kommentaar dat ek nou self denkbeeldige kruisies gaan trek!

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #10 on: October 14, 2021, 06:16:03 AM »
kompleet soos skeel litchies agter lense.
Giggel ek my nou in 'n nullarbor sinkplaatpad in. Ta Antjie dra darem die helm oppie vespa.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #11 on: October 14, 2021, 06:30:53 AM »
Brand, my geliefde land.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #12 on: October 14, 2021, 07:08:42 AM »
Naas, dit klink soos 'n titel van 'n boek!

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #13 on: October 14, 2021, 07:17:18 AM »
Daar is 'n bekroonde boek "Cry my beloved country" wat geskrywe is teen apartheid.
Soos Dollie se "Blue gras" is die Afrikaans van my gesegde die gevolg van vryheid.
Die onderdruktes het eers hul ware onbevoegdheid begin toepas toe hulle vryheid gekry het.
Nou huil die geliefde land met swart as trane oor die lande.
(hartseer maar die lang k-woord is verban en die woord "swart" is sterk onder verdenking.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: 'n Spookstorie: Die dogtertjie.
« Reply #14 on: October 14, 2021, 07:37:04 AM »
Sjoe, ek lees en lees en die skokkende waarheid slaan my tussen die oge Die onderdruktes het eers hul ware onbevoegdheid begin toepas toe hulle vryheid gekry het. Nou huil die geliefde land met swart as trane oor die lande.