• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Ons eie Ellé deur Louis Weka

Started by PM, December 16, 2011, 10:33:58 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Om te weet is om te verstaan.

PM

En 'n kleiner weergawe.  Dankie Louis, ek hoop dit dra Ellé se goedkeuring weg.

Ek en Ellé weet tog iets wat julle nie weet nie.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Dankie Louis, jy het my pragtig geteken. 
Jy is 'n wonderlike vriend.
Dit gaan tog nie oor my nie, maar oor Louis se talent so dit dra absoluut my goedkeuring weg.

Nee, julle vis verniet by my oor daai geheim.  My lippe is gezip.

elle

Gawelina

Dit is pragtig. Ek het op die laptop gaan loer. Ek is mal oor potloodsketse. Het die ander mediums probeer, maar potlode sal altyd my gunsteling bly.

PM

Gawelientjie, as jy vir my foto's van jou kunswerk kan stuur sal ek dit vir jou in jou eie plekkie plaas.  Jou sketse is ook pragtig. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


Naas

Ek stem Fransi. Die skets en die meisie.  :headbang:



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Stof

Louis, in jou hande word 'n potlood 'n towerstafie.  Jou talent verstom.

:stofluis:
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

PM

Nou het elkeen wat 'n boek het 'n kopie van ons eie Ellé.  :love7:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Stof

#10
Eendag as die stofluis groot is, sy tand weer vervang is en Anše gesond is sodat sy kan ry, wil die luis sy hare mooi kam, die kunstenaarsfooi bymekaarmaak, en die pad vat om 'n luislike prentjie te gaan bestel.  Louis het net die gawe om grafiet vleiend te kan neersit op papier.

:stofluis:
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Louis

Stof, ek ken n baie makliker manier......... mail net n foto wat redelike goeie detail wys en siedaar
wanneer ek daarby kan kom dan doen ek dit vir jou - mahala

Angelica

Louis, sou jy ooit kon dink dat jou prentjie so ver sou travel tot in die uithoeke?
elle

Stof

Quote from: louis weka on January 14, 2012, 06:39:07 PM
Stof, ek ken n baie makliker manier......... mail net n foto wat redelike goeie detail wys en siedaar
wanneer ek daarby kan kom dan doen ek dit vir jou - mahala

Dankie vir die aanbod.  Ietsie ter agtergrond waarom die stofluis so iets mag benodig.  Ons wil D.V. hierdie jaar weer Kopsmokkelaars op die verhoog bring, en 'n blote foto is baie algemeen.  As ons in die programme 'n oorspronklike interpretasie  van die verhoogapie kan druk, gaan dit afwyk van die vervelige standaard en van die program self ook sommer iets besonders maak.  Soort van 'n versamelaarsitem.

Klik hier om meer oor Kopsmokkelaars te lees.

Oor die aanstuur van 'n prentjie:  PM haal altyd haar bril af as die luis kom kuier....  Is daar nie 'n sensuurraad wat die grafika wat per epos reis, monitor nie?  En as daar is, is Stof en Louis dalk ewe diep in die bollie as die luislike grafika opgemerk word...  Maar dis die kansvat werd.  Binnepos Stof met die geskikte eposadres en ons kan dalk bietjie gesels daar.
Die middernagtelike gerammel van 'n rustelose koppie.  Twee breinselle bots en vreemde goed beland op papier.

Angelica

Hierdie foto van my het ek self geneem met 'n web cam. Nog toentertyd vir Woes.
Nou is dit net hier teen my muur waar my rekenaar staan. 
elle