• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

paar karre by die lugskou

Started by Lox, December 14, 2011, 09:18:26 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

Saterdag by die lugskou was daar paar karre ook op skou.


Dit was darem nie net hierdie kar wat te sien was nie:




Daar was so 4x4 baan waar die mense bult op en bult af gery het.

Doer ver anderkant die aanloopbaan het 'n paar rally karre stof gemaak.

Daar was ook paar karre op uitstalling en sommige het kom perform en ander het net 'n draai gery om te wys hulle kan ry.

Ek ken nie die detail van die goed nie en kan ook nie als onthou wat hulle oor die rygoed te vertel gehad het nie.
Ek is self ook maar dom met die blink goed se inligting ens.

Daar was "old memories" ook




Van die karre was van die Ruperts se versameling.









Ek onthou nog so vaagweg van die karretjies op die pad in my voor skool dae, ek dink dis die Messerschmit of so iets.




Ek onthou ook nog die Flamingo uit jonger dae. Op Stellenbos was 1 of 2 wat ons gereeld gesien het.



Die Dart was ook soos die Flamingo 'n Suid Afrikaanse maak en as ek reg onthou was die bakwerke van glasvesel vir beide karre.



Die Dart was ook vir resies ry gebruik soos die een hier onder.









Daar was Harleys ook



En dan ook goed met effens groter enjins as die Model T Ford soos die Model T se nageslag........

Hy het glo perde bloed in sy are maar hy is steeds een van Ford se agterkleinkinders.




Stadig met die wegtrek maar as hy eers op galop is gaan dit bietjie vinniger.



Sy lang eerste rat haal 150 km p uur





Dan was daar ook paar ander goed met enjins wat diep grom
en nogal vinnig is, altans vinniger as my 2,2 liter Ranger bakkie.....en ook as ons 528 BMW









En daar was plat goed ook




en vinnige speelgoed.

soos die Beach Buggy



wat sy voor wiele met wegtrek  in eerste en 2 de rat optel.

Sy enjin het so groot haardroeër hier agter langs wat sy longe vol lug blaas



en dan doen hy 10 sekondes op die 400 meter drag race met so iets soos 215 kw in die engine.

Die laag buk en inklim karre was ook daar.








Die 12 silinders klink mooi wanneer hy om die draai so weg van ons af vet gee.

Die eienaar van hierdie 2 Lamborghinis het blykbaar nog 3 by die huis, hy het net 2 van die 5 saam gebring.



Hulle het 2 manne wat in rolstoele is vir 'n spin gevat.




Daar was so blou kombi ook, ouerige kombi, met groot flat screen tv en moewiese speakers ingebou....en V8 engine.

Ek het hom nie afgeneem nie maar hy het ook so stadige  draai gery voor ons en waneer die man die lepel plat trap in eerste tel die kombie sy voor voete op

Daar was heelwat mense met hulle trots karre, goed wat hulle na hulle smaak modifiseer soos die skyline



Meeste van hulle met 'n turbo in en groot klank sisteem en mags en plat bande.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Ek sal maar die klein groenetjie vat dankie.  Die ander sal net voor die petrolpomp moet staan, ek sal darem 'n paar kilo's kan ry.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Naas

En almal van hulle werk, so nie een behoort aan my nie.   :sign10: :sign10:




Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Voor jy weet werk joune almal weer en dan is die Kaap hollangs.   :bootyshake:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

hier is die Beach Buggy wat wys hy kan rêrig sy voor voete optel



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

 :icon_biggrin: Die verskil tussen mans en seuns is die prys van hul speelgoed.   :icon_biggrin:
Hannes het ook altyd vir sy seuns die speelgoed gekoop wat hy graag as kind sou wou gehad het. 
Om te weet is om te verstaan.

Lox

mmm praat jy wat weet en daars speelgoed wat ek graag sal wil koop maar steeds nie die geld het nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Hmmm, miskien volgende keer!   :toothy4:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Mal oor die lugskou.
Ons kantoor kompleks is daar naby in Bosmansdam.
Vrydae as daai vinnige vlieende voorwerpe so oefen, staan ons buite.
Ek kry hierdie high van die helse sidderende klank wat so agterna kom. Asemrowend.
elle

PM

Weet presies waarvan jy praat Ellé, toe ons in Valhalla gebly het, het ons dit gereeld ervaar.  As dit onweer was, was die gedreun nog harder. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Ai ek wil graag so geel gallardo he... asseblief loxi, koop my ene? ek sal soet wees!  :angel4: :angel4: :angel4:
*The one and only AWESOME-EST


AB

Quote from: Chichi on December 27, 2011, 06:03:03 PM
Ai ek wil graag so geel gallardo he... asseblief loxi, koop my ene? ek sal soet wees!  :angel4: :angel4: :angel4:

is reg en dan moet jy stil sit waneer ons ry

Chichi

HAHAHA ek stil sit? in my eie GAllardo... net ek gaan hom bestuur en dalk so bietjie jaag!  >:D
*The one and only AWESOME-EST