Author Topic: Stoot-stoot  (Read 3838 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Stoot-stoot
« on: December 09, 2011, 10:45:16 PM »
Doen jouself (en die gemeenskap) ‘n guns. Bied aan om met die bazaar by die verouderingskool te help.
Doen iets makliks soos die “tweedehandseboeketafel”
Dis heerlik! Jy staan 4 uur die oggend op en gaan pak die boeke uit. Jy ervaar die “Boeke is my LEEWE!” van die oorbebrilde Bennie Boekwurm.
Dan, as die tafel reg is begin die pret.
My tafel staan agter in die hoek. Ek kan dus agteroor sit en die lewe en dood van die bazaar vredig ervaar.
Vroegoggend kyk ek hoe die lewe rondom my groei en ek besef dat stoot ‘n kardinale rol speel in die lewe. Die openbaring kom na my op wiele. Die nuwes van dae word rondgestoot in modern driewielige baba/peuterwaentjies en die oues van dae in stoele wat met fietse omgang gehad het.
Sonder om die stotery holrug te ry. Dit begin voor geboorte en gebeur sporadies soos ‘n goue draad deur jou lewe tot hul die dag die houtverpakking met jou binne-in op rollers stoot. Of oor ‘n oop graf, of in ‘n oond in. Jy word gestoot in ‘n stootwaentjie, op fietse en skoppelmaaie. As student  stoot jy jou skedonk elke oggend aan die brand. Nog later is jy die stoter van die babawaentjie. Dan kom die oumensstreke en kwale en word jy op beddens en in rolstoele gestoot.
Tussen dit alles deur word jy rondgestoot deur jou ouers, onderwysers, baas, verpleegsters, vriende en vriendinne.
Jou hele lewe is vasgevang in ‘n stotery. Jy is die produk van 'n gestotery.
Op ‘n vraag oor hoekom Gammat die tou agter hom aan trek was die antwoord: “Want dis onmoontlik om die tou voor my uit te stoot.”
Na die bazaar verby is, stoot ek die boeke op ‘n trollie stoorkamer toe en ek weet, vanaand word ek 'n tou, want na 'n paar glase skippies kan ek nie meer gestoot word nie want dan sal ek getrek wees.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Stoot-stoot
« Reply #1 on: December 10, 2011, 07:27:19 AM »
'Jy is die produk van 'n gestotery' wat voortgaan met die tradisie.
Giggles... Baie goed uitgedinkte stukkie oor 'n gestotery, Naas.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stoot-stoot
« Reply #2 on: December 10, 2011, 12:14:29 PM »
Jou waarnemingsvermogens en jou sin vir humor is 'n wenkombinasie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Stoot-stoot
« Reply #3 on: December 12, 2011, 09:52:24 AM »
Skerp waargeneem en baie humoristies geskryf.  :icon_biggrin:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stoot-stoot
« Reply #4 on: April 01, 2013, 08:38:16 AM »
Ek het eers weer hier kom lees om dit weer te geniet.   :angel4:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Stoot-stoot
« Reply #5 on: April 01, 2013, 11:15:03 PM »
En soos altyd sorg jou humorsin vir die beste opkikker tussen lyne Naas. Ek stoot my hoed met die vinger so skuins na bo - cowboystyle - en knak die bolyf met 'n koninklike erkentlikheid  :love7: :hello2:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Stoot-stoot
« Reply #6 on: October 12, 2021, 10:00:13 AM »
Ouma Poppie en Oom Naas by die boeketafel

 :mumum:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Stoot-stoot
« Reply #7 on: October 12, 2021, 10:01:51 AM »
Ouma Poppie help vir Louisa om 'n boek te kies

 :mumum:

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Stoot-stoot
« Reply #8 on: October 12, 2021, 01:12:42 PM »
Ek hou daarvan om te praat voor ek dink, dan is ek net so verbaas soos die ander mense oor wat ek gese het.

 :mumum:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stoot-stoot
« Reply #9 on: October 12, 2021, 01:31:17 PM »
Maar Assie as niemand hoor wat jy se nie is dit net jy wat jouself verbaas.

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stoot-stoot
« Reply #10 on: October 12, 2021, 05:42:56 PM »
Dit is goed om my liewe ouma Naas te sien Naas.  Sy was altyd so vrolik en ek het haar altyd net sien lag.  Jy was natuurlik haar oogappel!   :notworthy:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Assie

  • Regular Members
  • Snuiter
  • Posts: 480
  • Gender: Female
Re: Stoot-stoot
« Reply #11 on: October 12, 2021, 10:15:26 PM »
Oom Naas het maar die fototjie aangepos sodat ek dit hier kon plak want hy en Ta Trappies kan nie forumfototjies plak nie.
Die forum is op daai manier ook kruppel.
Ta Raaitjie kan nie die fototjies sien nie en Oom Naas en Ta Trappies kan hulle nie plak nie.
Maar ons werk hard om darem nog ietsie te plak.

 :mumum:

Offline Meraai vannie Baai

  • Wysgeer
  • Posts: 3662
  • Elke dag aan ons Geskenk, is 'n kosbare voorreg.
Re: Stoot-stoot
« Reply #12 on: October 12, 2021, 11:34:39 PM »
Ek besef vanoggend een ding wat nie twee is nie - as Naas en Assie ophou gasheer en gasvrou speel op die forum, hou ons begrafnis  :crybaby2:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Stoot-stoot
« Reply #13 on: October 13, 2021, 04:52:40 AM »
Ta Raaitjie ons vyf klou nog verbete aan ons taalliefde hier oppie forum maar hoe lank kan ons nog volhou met CPR?

 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Stoot-stoot
« Reply #14 on: October 14, 2021, 08:48:28 PM »
Stoooot, stooooot, ons sal bykom, moenie tou ingooi nie.  Opgooi nie, uitgooi nie.  Nee, moenie, ek sal hard werk om iets te probeer regkry. 
Julle moet ook asseblief verstaan dat ek nou eers weer 'n reeks toetse met Hannes moet laat doen en dan die heupvervanging.  Dit sal maar  moeilik gaan, maar ek sal my bes probeer om soveel moontlik te kom inloer. 


 :love7:
Om te weet is om te verstaan.