Author Topic: vir die res van die jaar...  (Read 3537 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
vir die res van die jaar...
« on: December 08, 2011, 09:34:59 PM »
"Yesterday I was clever
I wanted to change the world.
Today I am wise
so I am changing myself."

Ek los julle met hierdie mooi woorde, by 'n vriendin geleen, want die jaar is amper om. Vir die volgende paar weke gaan ek naweke weg wees of 'n vakansie-oord vol mense hê. Vergewe dus maar as julle my nie raakloop nie.
Mag julle elkeen 'n kosbare feesgety vol genade geniet.


 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: vir die res van die jaar...
« Reply #1 on: December 09, 2011, 06:04:26 AM »
Jy, Adele, is spesiaal. 
Strongs vir die tyd wat voorle, want 'n klomp vakansiegangers kan handuit ruk.. giggles.
Baie dankie vir jou woorde.  Jy is reg, om iets te verander moet ons altyd by onsself begin.
Mooi Christus-Fees ook vir jou en jou gesin.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: vir die res van die jaar...
« Reply #2 on: December 09, 2011, 09:09:09 AM »
Sterkte nooi, as jy 'n klomp vakansiegangers het en versigtig wees as jy weg gaan iewers heen.
Kom veilig tuis en geniet dit wat jy ookal doen. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: vir die res van die jaar...
« Reply #3 on: December 09, 2011, 10:16:40 AM »
Ek wil amper skreeu DIDO...

Gaan jou mis vriendin, moet nou nie te skaars wees nie. Ek self sal nie internet het tussen die 17de en 24 ste nie. Elkgeval geniet elke oomblik by die werk of weg. Praat gou weer.

 :angel12:

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: vir die res van die jaar...
« Reply #4 on: December 11, 2011, 09:27:51 PM »
ons was die naweek in Bloemf, dit het heerlik gereen en ons het kosbare kuiers by die kinders gedeel. volgende naweek werk ek met 'n volgeboekte oord maar die weke wat kom is niks anders as naweke nie, dit is mos jaareinde se groot vakansie!!! en ja, almal gee nie om vir die bure wat in vrede kom visvang of net uitspan nie.
adéle  :grommit:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: vir die res van die jaar...
« Reply #5 on: December 12, 2011, 11:36:24 AM »
Ons het gisteroggend gou Stilfontein toe gery om 'n krisis by Mercury te gaan oplos.  Het weer by die Wawiel, wat net 5 kilometer van daaraf is, oorgebly.  Groot was ons skok toe ons die rekening betaal,  R1,900.00 per nag.  Dit was die 11de, 'n week voor die skole sluit en alles is stampvol al vir die laaste drie weke. 
Dit laat my maar net weer besef, daar is baie mense in hierdie land met baie geld.

Die ergste is, daar is net 'n slaapkamertjie met 'n oopplan sit/kombuisie en stort.  Geen handoeke of ander benodigdhede nie. Soos julle kon agterkom, geen opvangs nie.  Eish!

Sterkte Adéle, ek dink aan jou.
« Last Edit: December 12, 2011, 11:38:25 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.