• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Hoeveel is jou veiligheid werd?

Started by PM, December 08, 2011, 10:58:57 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

As jy genoeg geld het en jy weier om 'n alarmstelsel te installeer, omdat dit te duur is,  is jy roekeloos.
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Stem ek saam.

Ek wel ook 'n teen vraag. Gaan dit regtig help?

Hier by die werk gaan dit nou rof. Die mense word geroof en geskiet (vermoor) vir geld en dit kom al nader aan my stoor. Of soos my baas dit duidelik gemaak het, sy stoor.

:angel12:

PM

Ek weet dit help.  Ons het 'n stelsel buite die huis.  Dit is draadloos en maklik om te koppel.  Jy kan op al die strategiese plekke 'n oog sit en sodra iemand daardie straal breek is jy bewus daarvan. 
Ons stelsel het 'n sms sisteem in wat dadelik vir jou 'n sms stuur en sĂȘ watter oog is geaktiveer.
Vandat ons twee kameras voor die huis opgesit het, het ons nog nooit weer las gehad nie. 

Ons het 'n buurtwag in die omgewing.
'n Radio kos R1000  en ons het al 1000 radios op bystand.  Ons buurtwag werk nou saam met die polisie en die Metro en ook al die ander sekuriteitsinstellings in die omgewing.
Reaksietyd is niks meer as twee minute nie.
Moenie verbaas wees as jy roep en agt voertuie stop binne minute voor jou deur nie.

Vanoggend het iemand wat epeliptiese aanvalle kry geroep om hulp en binne een minuut was die naaste voertuig op patrollie voor sy deur. 

Met die radio wat langs my staan weet ek presies wat het wanneer waar gebeur.  Gisteraand het 'n huis in ons omgewing afgebrand.  Voordat jy die brandweer se sirene gehoor het, het jy geweet waaroor gaan dit.  Jy druk net 'n knoppie en praat.  'n Selfoonoproep neem te lank.

Dit is die  moeite werd, deur en deur.
Om te weet is om te verstaan.

Lox

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Die diens wat ons vier sektore in ons omgewing lewer is van onskatbare waarde.
Dit reen hier van gister laatmiddag af nog steeds en al die riviere loop oor.  Die beskikbare mense monitor die watervlak en sodra dit begin gevaarlik raak dan blok ons die paaie af.  Vroegoggend het een brawe taxibestuurder die horingkies verontagsaam en hy en 22 van sy pasasiers moes hulp kry om uit te kom.  Twee is nog soek.
Mense besef nie hoe kragtig daardie "niksbeduidende stroompie" is nie. 
Om te weet is om te verstaan.