• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Moeskatjie..

Started by Angelica, December 07, 2011, 06:22:21 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica


Hilda bring vir Hessie 'n moeskatjie kantoor toe, sommer net... 
Hessie kyk die moeskatjie so en sê sy wil nie die moeskatjie hê nie, dankie.
Hessie vra vir Ella, dis nou ek, hulle noem my maar sommer Ella, wil jy nie die moeskatjie saam met jou huistoe vat nie, ek wil dit nie hê nie.
Sure, sêg  ek, ek sal dit vat.  En by die huis druk ek die moeskatjie in die lang geskenksak wat in my yskasdeur staan, sommer net...  Die moeskatjie staan nog rustig en rus tot die regte tyd om hom weer uit te haal.  Nog nie eens 'n piep gepiep nie.  Koel soos 'n kat.
Nou wonder ek, as jy nie hierdie  Bergwater Moeskat sommer net so drink nie, wat maak jy nog met hom behalwe nou om hom oor jou roomys te drapeer?
Ek het al daaraan gedink om hom in my smoothie te gooi.
elle

Trapsoetjie

 :dontknow: Nou gaan ek seker 'n baie dom vraag vra, maar PM se altyd daar is nie so iets nie. So vra gaan ek vra. Wat is 'n Moeskatjie?

:angel12:

PM

As ek dit nie mis het nie praat Ella van:

Nederburg se Eminence is 'n natuurlike soetwyn wat geheel en al gemaak word van muskaatdruiwe wat met die hand gepluk word. Die plukkers stap verskeie kere deur die wingerde teen die hange naby Simondium en pluk elke keer net volryp druiwe.

As ek dit nie mis het nie dan maak hulle ook brandewyn daarvan.  Lox!!!!!!!  Kom help!

Dit is 'n dessertwyn.  Jy kan dit in jou smoothy gooi en ook oor jou roomys.  Natuurlik heerlik vir 'n "night cap".
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Oe, Dankie PM. Nee toemaar ek sal hom 'n mis gee. Te soet. Ek is soet genoeg  :evil6:.

:angel12:

Angelica

My Moeskatjie is 'n Bergwater Vineyards Muscat D'Alexandrie 2010 van hier uit ons eie WesKaap.
Dis 'n likeurwyn.
bergwater.com
elle

PM

Skielik is ek 'n katmens!  :icon_biggrin:

Dankie vir die inligting Ellé.  Sien jy nou, of 'n mens vra nie en jy raak nooit ingelig nie, of jy vra en word slim. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Lus ek nou so moeskatjie, sal maar tevrede moet wees met 'n lepeltjie room in my koffie as karmenaatjie sniksnik.