Author Topic: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?  (Read 14508 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« on: April 27, 2011, 05:21:44 PM »
Ek weet spelling is vir hulle baie belangrik.   Wat nog?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #1 on: April 28, 2011, 12:22:26 PM »
Ek was al 'n beoordelaar in 'n skoonheidkompetisie op Loubertina. Ons het vir die bene gekyk... Of sou daarvoor gekyk het maar daar was nie een inskrywing nie. Niemand wou bekendstaan as "Mej. Langkloof" nie.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #2 on: April 28, 2011, 02:14:40 PM »
 :icon_biggrin:  O gonna patatta,  dit was seker 'n groot teleurstelling.   :icon_biggrin:

Die slim mense sê,  as 'n gedig nie selfbeskrywend is nie,  dan is dit nie 'n sukses nie.  Tog sê die ander ouens wat ook slimkoppe is,  dat 'n gedig baie geslaagd is wanneer verskillende konnotasies daaraan geheg kan word. 
Om te weet is om te verstaan.

Gawelina

  • Guest
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #3 on: April 28, 2011, 04:43:55 PM »
In daai geval kan ek maar los nog voor ek begin het. Lol. Ek haat rym, veral as elke liewe reëltjie rym.  Tog vra sommige gedigte eenvoudig net vir rym. 

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #4 on: April 28, 2011, 05:46:13 PM »
Ek glo nie dit gaan net oor rym nie.  Daar is pragtige gedigte wat net halfrym in het,  soms so goed verskuil dat die leser dit nie eers agterkom nie. 

As die gedig 'n sterk boodskap oordra en die leser kan hom daarmee vereenselwig,  glo ek dat dit geslaagd is.  Dit is tog onmoontlik dat almal van al jou gedigte sal hou.  Ek glo ook dat 'n gedig wat nie 'n kompetisie wen nie,  nie noodwendig 'n swak gedig is nie,  dit hang net af van die be-oordelaars se persoonlike voorkeure.  As jy byvoorbeeld 'n be-oordelaar kry wat gladnie van vrye vers hou nie,  weet ek nie hoe goed die kans is vir daardie gedig om 'n plek te verwerf nie.  Ek weet nie. 
Dit is hoekom ek baie nuuskierig is om te weet hoe word be-oordelaars gekies. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #5 on: May 03, 2011, 09:16:11 AM »
 :hello:

Ek sal ook baie graag wil weet. Moet 'n mens bv. slegs die inskryf wat met die gewone temas te doen het soos bv. liefde of kan 'n mens maar jou "dieper" filosofiese gedigte ook inskryf? Party beoordelaars hou daarvan dat jy jou gedig in 'n reeds bestaande milieu plaas soos bv. 'n sprokie, ander hou dalk nie daarvan nie. Ek wonder soms hoe objektief 'n mens na 'n gedig kan kyk en of dit wel moontlik is. Aan die anderkant was ek ook al 'n kunsdosent by 'n Fashion Academy en het ek ook gewonder of ek selfs die style waarvan ek persoonlik nie so besonders baie van hou nie, wel "objektief" sal benader en ek kon. Elke styl het wel sekere reëls of vereistes waaraan dit moet voldoen en bepaal of dit "goed" gedoen is. Miskien is dit wel dieselfde met gedigte?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #6 on: May 03, 2011, 02:51:51 PM »
Dankie vir jou sinvolle inset Fransi. 

Ek glo daar moet 'n puntestelsel wees waarvolgens enige werk be-oordeel word.  Op so 'n basis kan daar 'n reverdige uitkoms wees.  Tog glo ek dat as ek in daardie situasie sou wees en moes kies tussen die beste gedigte met dieselfde punte,  sou ek dit wat vir my die mooiste is kies.  Dit is net my eerlike opinie. 

Nog 'n ding,  wanneer ek 'n digkompetisie reël,  sal elke gedig 'n nommer kry, sodat niemand mag weet wie die gedig ingestuur het nie.  Wat dink julle daarvan?

"Dieper" filosofiese gedigte?  Die laaste week het ons nogal baie besprekings met digters gehad wat sê dat hulle nie die gedigte verstaan nie.  Ons het toe tot die slotsom gekom,  as jou gedig nie 'n duidelike boodskap oordra nie,  al is dit nie presies wat jy as skrywer in gedagte gehad het nie,  dan is dit nie 'n geslaagde gedig nie.  Sodra 'n leser by die gedig vassteek en vra:  Wat probeer die skrywer nou eintlik sê, en nie een van ons ken die antwoord nie, is dit geslaagd? 

Ek dink ook dat daar skrywers is wat nie genoeg aandag aan die titel van die gedig gee nie,  want is dit tog nie maar wat vir jou moet sê waaroor die gedig gaan nie?  Kom ons kyk na my gedig "Insig".  As ek dit "Die blinde man" genoem het sou dit 'n heel anderse betekenis hê?

Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #7 on: May 09, 2011, 08:52:10 AM »
Oi, Ja PM jy het 'n baie slim plan daar beet. Die nommerdiginskrywings.

Offline adele

  • Hardebaard
  • Posts: 1932
  • Gender: Female
  • gryp na môre in klein-klein stukkies
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #8 on: June 20, 2011, 05:51:04 PM »
Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?

en nou weet ons nog steeds nie.
weet julle, ek is so lief vir skryf maar weet na al die jare nog steeds nie of ek werklik kan 'skryf' nie. daar is 'n hengse verskil in literêre en emosionele skrywes. as dit regtig net die redakteurs van 'n paar publikasies [4/5?] is wat beoordelaars was, dan wonder ek wat sou gebeur het as hulle vir twee weke lank elke tweede dag 'n wenner moes kies. spreek woorde nie tot mens se gemoedstoestand nie?
ek sou dink met so 'n groot kompetisie moes Willem minstens twintig beoordelaars gevra het. en dan kon hulle hul keuses uitgesif het.

 :grommit:
adéle  :grommit:

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #9 on: June 21, 2011, 06:27:34 AM »
Tydens die Woes Digkompitisie het ek op De Kat se webwerf gaan kyk en waarlik... hulle het hul lesers / besoekers uitgenooi om hul aan te meld vir die beoordeling van ons inskrywings!! Was bietjie geskok daaroor en ja, ek sou graag wil weet HOE die beoordelaars gekies word en WIE hulle was.  Ons moet maar net baie lees en veral digbundels sodat ons kan sien hoe die ding werklik gedoen moet word. Wel, dit is my mening. Nou nie dat dit my juis help nie. 
elle

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #10 on: June 21, 2011, 08:50:32 AM »
Ja, ek weet ook nie hoe dit gedoen word nie. Ek wou net hier sê dat as ek kyk na die groot skrywers, nie een skryf die selfde nie, hulle is uniek. Dis hoekom ek probeer om my styl te volg en nie altyd volgens die boek skryf nie. Nou dit gesê, het ek geen idee hoe dit geskat word nie. Dis hoekom ek ook nie sommer sal inskryf nie. Want jy hou van die werk of nie. Dis volgens my smaak. My smaak is dalk nie die be-oordeelaars sin nie.  :dontknow: Ek weet nie. Sal nogal wil hoor hoe dit werk...

 :angel12:

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #11 on: June 21, 2011, 10:34:18 AM »
Ek het hierdie op die Gesigsboekie raak geloop.

Ammie Moon het dit op haar blad gesit. "Vir die wat belangstel : Volg hierdie link en lees die hele dabat op Versindaba se blad oor die pas afgelope woes digkompetisie"


http://versindaba.co.za/2011/04/01/duurste-prysgeld-vir-n-gedig-nog-ooit/

 :angel12:

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #12 on: June 21, 2011, 10:39:50 AM »
 :hello:

Ek moet erken dat ek na dese nog meer deurmekaar is. Sterstof het 'n baie insiggewende en puik rubriek op Woes wat inligting gee oor die nuwe "reëls" of moets en moenies in die digkuns soos daar gestel deur al die grootkoppe, maar as 'n mens daardie reëls toepas of vergelyk met die gedigte wat wel deurgedring het, stem dit nie noodwendig ooreen nie.
(Hiermee wil ek nie afbreuk doen aan die gedigte wat wel deurgedring het nie.)

Miskien word daar ook beoordeel op grond van wat die uitgewers bv. dink wel sal verkoop. Op die einde van die dag is dit immers 'n besigheid?

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #13 on: June 21, 2011, 08:40:30 PM »
Die wengedig. 

Sonstrale weerkaats
op ‘n lappieskombers van pers en groen
wat pas oor die stad soos ‘n pasgemaakte skoen.
Jakarandas wieg in die soel skemerlug
grasieus op die maat van die westewind ~
‘n klokhelder simfonie van vreugde en blydskap
syfer deur takke
oortrek met skarlaken spatsels op die verfdoek van die lewe.
Kom ons huppel, kom ons jubel, kom ons rieldans vanaand ~
want dis lente, dis Oktober, dis die mooiste, mooiste maand!
Om te weet is om te verstaan.

Offline bloubefoeterd

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 94
  • My bloed is blou. Ligblou
Re: Waarna kyk be-oordeelaars in 'n gedigkompetisie?
« Reply #14 on: July 16, 2011, 09:19:20 PM »
Blikskottel!!

Dis nou vir jou 'n uitstekende stukkie skryfkuns. Wie s'n is dit?