• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

mieliepap muffens

Started by Lox, December 02, 2011, 04:13:42 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

 Jy benodig (vir 6)                                                                                                                 
• 2 koppies mieliemeel
• 4 koppies water
• 1 teelepel sout
• 3 eetlepels olyfolie of botter
• 2 eiers
• 2 hande vol kaas, gerasper
• 4 eetlepels gekapte vars kruie, of 1 eetlepel droë kruie
• 1 teelepel rooipeper
• 1 teelepel paprika
• 1 koppie heel mieliepitte
• 6 sondroogtamaties, gekap
• 12 kersietamaties, gehalveer

Só maak jy
1 Voorverhit die oond tot 200 ºC.
2 Maak eers die pap. Bring die water en sout tot kookpunt. Voeg die mieliemeel daarby en roer tot dit verdik. Laat dit met 'n deksel op prut vir 10 minute. Verwyder dit van die hitte en laat die pap afkoel.
3 Meng die res van die bestanddele saam en voeg die koue pap daarby.
4 Skep die mengsel in 'n gesmeerde muffinpan. Skep dit maar vol, want dit rys glad nie. Bak die muffins vir ongeveer 20 minute.

Wenk: Die muffins is 'n blink plan as jy oorskietpap het. Gooi 'n hand of drie vol gebraaide spek of oorskietboerewors by en eet dit vir brekfis. Dis 'n geduldige resep dié.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Dankie Lox, dit is beslis ook 'n maklike maaltyd in 'n pannetjie. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Klink soos 'n wenner vir hierdie tyd van die jaar as jou laaaaaaaaaaaaannnk-laas-gesien-en-amper-al-vergeet-van-julle-familie-van-die-noorde skielik opdaag op jou strandhuis se stoep vir 'n twee weke lange verrassingsbesoek en van die is wat nou nie juis bydra en help nie.
elle

Naas

Dis hoekom my strandhuis nie 'n stoep het nie en die voordeur se sleutel weg is.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Wat wo!  Na die tweede bakkie "dogmore" sal hulle die boodskap kry!
Ons was nog jonk en altyd bankrot toe ons ons eerste huis met 'n swembad gehuur het.  Sien, van Vrydagmiddag tot soms Maandagoggend, was al wat 'n "spunger" was daar.  Almal lê by die "pool" en ontspan terwyl ek al die kinders en die huis versorg en die kos aandra swembad toe, opruim en skottelgoedwas.  Na twee weke is die geld op en die kos ook. 
Voor die volgende naweek het elkeen wat wou kom 'n lysie gehad van wat hulle moet saambring.  Toe is die probleem sumier opgelos.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.