• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

innerlike vrede

Started by Lox, November 30, 2011, 05:54:00 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Lox

As jy die dag sonder koffie kan begin;

As jy altyd opgewek is en die pyne en skete ignoreer;

As jy mense nie met jou klagtes verveel nie;

As jy elke dag dieselfde kos kan eet en dankbaar bly;

As jy kan verstaan dat die mense vir wie jy lief is, waarskynlik te besig is om aandag aan jou te gee;

As jy kritiek en beskuldigings sonder griewe kan verduur;

As jy spanning sonder mediese hulp kan oorkom;

As jy sonder alkohol kan ontspan;

As jy sonder slaappille kan slaap..........



Dan is jy ...




WAARSKYNLIK DIE GESIN SE HOND!!
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

#1
O hallie ha!  Ek wou sê, by punt een het ek al gevoel hier is 'n stryd wat ek gaan verloor.  
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

#2
 :icon_biggrin: of die kat...  :icon_biggrin:

Angelica

#3
Whaaa....  nie eens die twee pappegaaie voldoen aan hierdie beskrywing nie.
Hulle is hopeloos te vol geite.
Het julle al gesien hoe hulle kos uit hulle bakke gooi as hulle nie daarvan hou nie?
Wat oulik is, is wanneer ons op 'n ander plek is en gesels, dan 'hallo' 'hallo' hulle uit hulle blyplek...
Ai, waar gaan draai ek alweer...
elle

PM

#4
Dit is altyd vir my kostelik om hier op die forum te sien hoe een gedagte of onderwerp, uitsprei in 'n heel ander rigting.  Dit is vir my 'n natuurlike proses en ek geniet dit.  Ons sit tog nie om 'n tafel en kuier en praat die heeltyd oor een onderwerp nie.  
Ek gee ook nie om as iemand net 'n woordjie of 'n kort sinnetjie los as hy/sy kom kuier het nie.  'n Spoortjie is beter as geen spoortjie nie.  

'n Mens kry 'n "katmens, 'n hondmens en 'n vogeltjiemens". Ek is 'n vogeltjiemens.  
Om te weet is om te verstaan.

Lox

#5
my vrou is ook 'n voëltjie mens.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Toe ons jonger was en nie so baie getoer het met Hannes se werk nie, het ons papegaaie, vinkies en Lovebirds aangehou.  EN 44 vistenks.   :icon_biggrin:

Nou is daar 6 vissies in die dammetjie en baie vogeltjies in die tuin.   :icon_biggrin:

Watter diere verkies jy Lox?
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

hehe dits nog 'n goeie ene!!

ek dink my hondjie is gelukkig
*The one and only AWESOME-EST