Author Topic: Wat nog?  (Read 9208 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Wat nog?
« on: November 29, 2011, 08:34:19 AM »
My seun se bakkie breek.
Nie hy of ek het geld om die ding te laat hetstel nie.
R25400 en ses maanse later is die bakkie reg. Intussen wag 'n firma geduldig vir hom om sy vervoer uit te sorteer sodat hulle hom 'n vervoerkontrak kan aanbied. Ons sukkel aan met twee voertuie. (Danksy 'n baie goeie vriendin het ons twee voertuie.)
Toe breek Maatjie se ratkas en ons het een voertuig om mee oor die weg te kom.
Die bakkie is eintlik klaar en ons het weer twee voertuie maar nie geld om Maatjie te laat regmaak nie.
My seun kan nie meer op die bakkie vertrou om sy nuwe werk mee te doen nie en gaan 'n huurkooptransaksie aan om 'n ander bakkie te bekom voor sy kontrak Donderdag in werking tree.
Die transaksie is nog nie deur nie... Gisteraand pak die onbetroubare bakkie se ratte ook op...
Terug by een voertuig want Maatjie staan ook nog. Die huurkoop en nuwe kontrak is in gedrang omdat my seun se bakkie nou nie meer inruilbaar is nie en hy maak vandag klaar by sy huidige werk.
Wat nou nog?
Vra my hoekom ek stil is...
Ek is depressief en wil nie my probleme ander s'n maak nie. (En hierdie komende maand is nie my gunsteling tyd van die jaar nie.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #1 on: November 29, 2011, 08:47:10 AM »
Ag ek is so jammer Naas.  My hartewens vir julle is dat alles sal regkom.  My motto was nog altyd, om te weet is om te verstaan.  Hier behoort ons ook ons sorge met mekaar te deel, al kan niemand iets daaraan doen nie, kan ons mekaar ondersteun en probeer moed inpraat. 
Hierdie jaar het in 'n dolle vaart verbygeglip en ek hoop van harte dat volgende jaar vir ons almal 'n rustiger jaar sal wees.  Hou net moed en vat elke dag soos hy kom.  Ons het tog nie 'n ander keuse nie. 
Volgende jaar is die jaar van die Draak en volgens die Sjinese is dit 'n jaar van voorspoed.  Hoop hulle is reg.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Wat nog?
« Reply #2 on: November 29, 2011, 09:49:00 AM »
Ag nee Naas. Dis jammer. Wens ek kon help. Miskien moet ons weer bietjie kuier.  :icon_biggrin: Dalk help 'n ou Rooi koeldrankie!  :hello:
 :angel12:

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Wat nog?
« Reply #3 on: November 29, 2011, 10:22:07 AM »
o vrek dis meer as 'n gatslag...=====
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #4 on: November 29, 2011, 07:45:30 PM »
Naas,  'n deur word nie toegemaak as daar nie 'n groter een oopgemaak word nie.
God sal julle nooit in die steek laat nie.
Word rustig en vertrou.


elle

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #5 on: November 29, 2011, 07:50:21 PM »
Jy maak nie jou probleme ons s'n nie.
Jy kom na vriende en vertel en ons kan jou opdra aan ons Vader.

elle

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wat nog?
« Reply #6 on: November 30, 2011, 08:41:44 AM »
 :hello:

'n Stywe drukkie vir jou en mag alles van noe af glad verloop. Sterkte vir hierdie tyd ook. Dit is 'n tyd wat 'n mens die geliefdes wat jy verloor het ekstra intens mis.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #7 on: December 01, 2011, 05:46:27 AM »
Fransi ek hoop dit gaan al 'n bietjie beter daar by julle.  Hoe verloop sake met jou ouma?

Naas, watter model ratkas soek jy, ons kan dalk almal help soek en wie weet, dalk kry ons net die regte een vir die regte prys. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Wat nog?
« Reply #8 on: December 01, 2011, 08:28:22 AM »
Dankie PM, maar ek is nou holvol vir die bakkie wat my al so baie geld laat verloor het. Ek het hom net so stukkend verkoop eerder as nog geld op hom uit te gee.
Die koper los net my uitstaande skuld by die bank af.
(Op pad om die bakkie af te lewer kry ons toe nog 'n "porridge tyre" as afskeidsgeskenk.)





 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #9 on: December 01, 2011, 08:36:06 AM »
Ek sou ook sê "kry jou ry"  :angel4: ) koebaai maraai!  Genoeg is genoeg!

Nou wat van Maatjie se ratkas?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Wat nog?
« Reply #10 on: December 01, 2011, 08:42:45 AM »
 :hello:

Ek is so jammer oor die probleem-bakkie. Dit klink regtig soos 'n geval van "good riddance".

Dankie PM. My ouma is gister geopereer en gelukkig lyk dit asof haar lyf dit beter hanteer as wat my oupa s'n het. My sussie sê sy lyk eintlik goed onder die omstandighede. Ek is regtig dankbaar. Sy is die oumatjie met wie ek 'n naam deel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10700
  • Gender: Female
Re: Wat nog?
« Reply #11 on: December 01, 2011, 08:55:32 AM »
Ek is baie bly om dit te hoor matertjie.  Dit moes 'n vreeslike bekommernis vir julle gewees het.  Ons almal hou styf duime vas dat dit net elke dag beter sal gaan. 
Om te weet is om te verstaan.