Author Topic: Op ma se knie  (Read 2743 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Op ma se knie
« on: November 29, 2011, 08:13:54 AM »
Wat my ma my geleer het...


Ma het my geleer hoe om te bid:
"Jy moet bid dat daardie kol op die mat uit is as ek vanaand by die huis kom"

Sy het my geleer van "time travel":
Ek sal jou tot in volgende week in klap!

Sy het my geleer pa's is slimmer en ryker as ma's:
Gaan vra jou pa!

Sy het my geleer oor plantkunde:
Lyk dit vir jou of geld op my rug groei?

Sy het my geleer om altyd nederig en klein te wees:
Mannetjie !!!

Sy het my van die weer geleer:
Dit lyk of 'n dekselse orkaan jou kamer getref het!

Sy het my geleer van fauna en flora:
Moenie vir my vertel perredrolle is vye nie!

Sy het my geleer om myself te ontdek:
Hou op om jou soos jou pa te gedra!

Sy het my die wetenskap van osmose geleer:
Hou jou mond en eet jou kos!

Sy het my geleer van uithouvermoë:
Jy sal by daardie tafel sit totdat jy jou spinasie opgeëet het!

Sy het my geleer van sintuie:
Kinners word gesien en nie gehoor nie!

Sy het my geleer van humor:
Hou aan lag, dan gee ek jou iets om oor te huil ook!

Sy het my van jaloesie geleer:
Daar is duisende arm kinnertjies wat ouers soos joune begeer!

Sy het geleer dat daar 'n plek en 'n tyd vir alles is:
As julle mekaar wil vermoor, gaan doen dit buite! Ek't nou net hier skoongemaak!

Sy het my wiskunde geleer:
Sit jy alweer en tanne tel!

Sy het my logika geleer:
Want ek sê so, dis hoekom!

Sy het my geleer dat wonderwerke nog kan gebeur:
Ek sal jou klap dat jy jou antie vir 'n eendvoël aansien as jy my weer terugantwoord!




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Op ma se knie
« Reply #1 on: November 29, 2011, 08:29:21 AM »
Dit is uitstekend.  Geniet dit weer en weer Naas.  Dankie vir die deel.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Op ma se knie
« Reply #2 on: November 29, 2011, 09:54:29 AM »
OUlik, het dit vir die een mannetjie by die werk voorgelees en het hy nou lekker gelag. Its good. Het hy geantwoord.
 :angel12: