ek glo dit was 'n besonderse neus.
Ek het toe ek vroeg laerskool was vir 'n jaar of twee houtsnee by Tannie Poppie geneem- ek onthou dit was baie lekker. Ek is jammer jy het allergies vir die stof geraak.
Wanneer iemand iets sê soos talent versus nie, dan dink ek altyd aan wat my Mammatjie dikwels gesê het: " Met harde werk en oefen kan selfs die gemiddelde persoon die lui, talentvolle een verbysteek, maar as jy 'n talent het en dit oefen en daaraan werk sal jy met rasse skredes vorder..." of soiets. :-)
Kunsklasse kan 'n mens leer om sekere tegnieke toe te pas wat jou dalk andersins jare sou neem om self by uit te kom. Met kuns wat skilder en teken aanbetref is dit ook goed as jy die regterkant van jou brein oefen en natuurlik teken-fiksheid. 'n Oefening vir jou regterbrein is onder andere om na die foto of voorwerp te kyk en terwyl jy kyk te teken sonder om na die papier te kyk. Vir teken-fiksheid kan jy bv. 'n bak ertjies uitgooi en dit teken en seker maak dat jy elkeen individueel teken (vorm, tekstuur, lig, skadu) en nie net sirkeltjies met skaduwee begin te teken nie. Nog 'n regterbrein-tegniek is om jou blaai in vier kwarte op te deel en te begin teken.
Ek dink dus dat kunsklasse baie goed vir jou kan wees, maar dit kan ook baie sleg vir jou wees. Dit hang dikwels van die leermeester en groep af.