Ek is jammer vir jou matertjie. Dit voel sommer of ek sand onder my valstanne het. (Ek hettie eers valstanne nie
)
My dokter is darem jonk en aantreklik, 'n bietjie skeef maar wat, dit pla my mos nou gladnie.
Hier na die derde steek toe kry hy daai dik pea-shooternaald in 'n ou klein dun aartjie net bokant my duim se laaste lit en hy klou my hand en daai naald vas vir 'n vale. (Ek seg nog steeds, dit is hoekom daar nie wou bloed uitkom nie.
)
Hannes was nie baie be-indruk met my nie, toe ek vir oom dokter seg dat hy maar net kon vra as hy my hand wou vashou.
Jy laat my nou dink aan die ou seuntjie wat wou het dat sy ouma hom moet vat om te piepie, want sy ouma bewe dan so lekker.