• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Waar is julle?

Started by PM, November 28, 2011, 07:30:26 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Koop vir hom 'n das, dit sal hom leer!   :icon_biggrin:

My se slim pa het ook altyd gesê, as jy jou vriende of familie wil verloor, doen met hulle besigheid.
As jy kwaad is vir iemand, leen vir hulle geld, want dan sien jy hulle nooit weer nie.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

Ek kan verstaan. Het 'n klomp regtig goeie kunstenaars in my familie. Het al van jul werk gekoop ook, gee nie om om vir iets te betaal as ek daarvan hou nie.
Ek self sal my nie een noem nie. Ek hou daarvan om goed te maak. Ek kan nou nie so mooi verf soos julle nie, maar ek geniet dit en dit beland in my kas. (My beste helfde wil dit elke keer raam shame Dis wat ek nou noem goeie ondersteuning ha haha)  :dontknow:
Die andergoed wat ek maak gee ek weg of verkoop vir basies wat die produk my gekos het, want ek wil nog maak. Ek geniet dit, dit hou my (skuus kry ek nou nie 'n woord vir) "sane". Of tot 'n mate.
:angel12:

PM

Nee wat, toe kuns uitgedeel is het ek agter in die ry gestaan.   :icon_biggrin:  My agting vir kunstenaars is vreeslik groot! 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :icon_biggrin:  :icon_biggrin:  :icon_biggrin:

Trappies, kraletjies en mosaïek is weer vir my baie terapeuties. Nie baie konsentrasie word benodig nie en behalwe vir die oorspronklike ontwerp is dit basies dieselfde tipe aksies oor en oor. Ek sal graag jou werke wil sien.

Ek het darem ook 'n tannie, my ma en my skoonpa wat al by my tekeninge gekoop het en hulle het nie my uitgebuit nie- inteendeel. :-)

PM, jy het ook kuns in jou met jou skryf/digwerk.

PM

Trappies doen pragtige kralewerk, maak seep en kerse en ...  Kom vertel self Trappies.

Oeps, "kuns".  Sal nog baie moet leer en oefen.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Trapsoetjie

PM jy maak self die mooiste kralewerke. Naas is die man vir die kerse, ek het nie nog plek vir dit ook nie  :icon_biggrin: dink my beste helfde sal my uitskuif na Bagheera se hok toe.  :evil6: as ek nog iets tuis bring. Min weet hy wat alles in my kas wegkruip  :icon_biggrin:.

:angel12:

Angelica

Ai, julle maak my jaloers.  Al wat ek kan doen is om te paint by numbers.  Ek dink juis daaraan om 'n eseltjie te koop om solank hier te staan. Dalk eendag verf ek 'n streep oor 'n doek.

Oeeee... julle moet Louis se sketse sien. 
Ongelooflik mooi.  Ek wens hy wil dit hier plaas sodat almal kan sien.
Maar as ek vra dan het hy die lelikste goed wat hy kwytraak oor hy's nog besig of hy is te besig. Al daai strnt.
Luiperds, met al daai kolle!!!, is sy speciality.
Hy is 'n groot kunstenaar.
elle

PM

Ons het darem 'n paar van sy sketse in ons boek. 
Louis, bring nog 'n paar dat ons kan saam geniet. 

Vandat ons terug is het ek nog nie weer aan 'n "skepping" begin nie Trappies, net vir 'n paar mense iets reg gemaak. 
Naas se meisiekind is mos 'n regte juwelier wat met regte goud en diamante werk. 

Ellé, ek glo nie eers ek sal kan "paint by number" nie.  Ek "paint by Photoshop".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Ek is nou so nuuskierig om julle almal se skeppings te kan sien.

PM

Ons moet 'n "Bragboek" begin waar almal hulle mooi skeppings kan plaas. 
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Jou 'bragboek' klink na 'n uitstekende plan.  Amper soos 'n galery vir die meesters-in-wording.
Nee, Louis se hedendaagse werke is om oor te 'oe' en te 'aa'. Werklik.
Por hom aan om sy grootkat sketse te plaas.  Dis Afrika-katte op hul beste.
Ek het die voorreg gehad om dit te sien en wens hy wil dit uitstal.  Hy het 'n wonderlike geleentheid om dit op Paternoster te doen nou met die toeloop van ryk binnelanders. 
Ek wil sy arm (af) draai, maar hy is so sku vir celeb-status, dis net nie waar nie.
Seblief, Louis, stal jou werk uit vir jou vrinne, toe. 
elle

PM

Ek het gedink, die forum is al klaar groot en 'n mens verdwaal maklik.   :icon_biggrin:
Elke ou kan sy goed uitstal in sy eie plekkie.  Gratis.  Bring julle sketse, handwerk, of kunswerk en deel dit met ons. 
Louis, sebliefie, kom deel met ons. 
Naas, Fransi, almal wat kunswerk het, plaas dit in julle eie plekkie en as hier perongeluk iemand is wat nog nie 'n eie plekkie het nie, kom skree klip hard.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Klink wonderlik.  Kom ons hoop dit realiseer.
Dink net, die Forum se kunstenaars almal tesame met hul uitstallings op een plek - hier en miskien Stellenbosch... ??
elle

Louis

dit is nou als baie nice - maar as jy die rekenaar gestremdheid het wat ek het sal jy ook nie sommer probeer nie

Naas

Toemaar Louis, ek is ook al 100 keer verduidelik en kan nog steeds nie 'n foto hier geplaas kry nie.

Hoe stadiger hulle verduidelik, hoe stadiger verstaan ek.




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.