• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Rebelse kunstenaar

Started by PM, November 28, 2011, 08:46:41 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Hierdie dame het guts om op haar ouderdom van alles ontslae te raak.
Nie dat Angus Buchun daardeur gestuit sal word nie.
elle

PM

#2
Ek het nogal baie aanklank gevind in Angus se verkondigings.  Hy het in die eerste plek die man aangespreek om die hoof van sy huis te wees.  Die man moet verantwoordelikheid aanvaar vir sy vrou en sy kinders.  Hy moet sy vrou eerste stel en 'n ware pa vir sy kinders wees.  Waar wil jy 'n beter resep hê vir 'n gelukkige huishouding?
Ek sal 'n man wat sy vrou en sy kinders eerste stel, op die hande dra, ek sal hom eer en hom onderdanig wees, want hy sal eerstens sorg dat ons almal goed versorg is.  Wat meer vra jy van so 'n man?  So 'n man verdien al die respek wat jy kan gee. 
Hoekom wil ek as vrou die broek dra en al die verantwoordelikheid aanvaar?  Wat is fout met my?
Jammer, maar my ondervinding is dat jong mans in die kroeë lê, die vrou moet die kinders grootmaak en die huishouding aan die gang hou.  Sy het geen ondersteuning van "pa" nie.  Nee, dit kan nie so werk nie.  Wanneer die man opstaan en verantwoordelikheid vir sy gesin aanvaar, kan dit net goed gaan.  Asseblief, ek wil nie naak voor die wêreld sit en rebeleer omdat ek nie onderdanig aan my man wil wees nie.  Liefie, kom, ek buig my knie voor jou, dankie dat jy daar is vir my en die "kjindertjies".  Nog maar net 'n ouvrou. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Solank die "hoof heers" met liefde, sal ek ook enige tyd onderdanig wees- hoop ek- kry dit nie altyd reg nie. :-)