Author Topic: braaityd  (Read 5268 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
braaityd
« on: November 27, 2011, 06:27:55 PM »
het so bietjie gebraai vandag

so bietjie van die hout vir vanmiddag se braai....lemoen hout




ons braai plekkie




genoeg vuur vir genoeg kole

« Last Edit: November 27, 2011, 06:56:34 PM by Lox »
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: braaityd
« Reply #1 on: November 28, 2011, 06:03:41 AM »
Sjoeweeee.... genoeg kole vir 'n olifant.
Lyk baie gesellig.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: braaityd
« Reply #2 on: November 28, 2011, 07:53:19 AM »
Niks wat julle doen is "klein" nie nê!  Dit is goed georganiseerd Lox.  Jy praat van lemoenhout.
Is dit ou boorde wat uitgekap word?  Vertel 'n bietjie meer asseblief.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: braaityd
« Reply #3 on: November 28, 2011, 08:52:57 PM »
buurman het vies geraak vir die mense wat so erg sy lemoene steel toe trek hy al sy lemoene uit.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: braaityd
« Reply #4 on: November 29, 2011, 05:45:23 AM »
Soveel werk, tyd, geld wat daarin gegaan het en iemand anders pluk die vrugte daarvan.  Nou nie wat boere in gedagte het as hulle die grond begin bewerk nie.
Maar julle het darem nou hout vir Afrika vir braaitjies maak tot baie ver.
Solank die klomp net nie nog julle braaihout ook steel nie.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: braaityd
« Reply #5 on: November 29, 2011, 06:36:48 AM »
nou praat jy
ek sal nog die storie van die braai vertel.........groot sukses gewees

het dit in geloof aangepak en 350 stukke hoender en aartappels en brood en slaai en poeding en nog 100 boerwors hotdogs en koeldrank en wyn als gratis aangebied vir mense wat wil kom saam eet. het dit ook goed geadverteer.


was 'n moewiese sukses.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: braaityd
« Reply #6 on: November 29, 2011, 06:46:23 AM »
Wow, Lox, ek hou my hart vas vir julle vrygewigheid en naaste liefde.
Ek wil dit beslis hoor.
Ek glo julle het 'n groot klomp nuwe mense leer ken en vriende gemaak?
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: braaityd
« Reply #7 on: November 29, 2011, 08:51:12 AM »
Werklik!  Daar is nog goeie mense met goeie harte.  Toe ek na daardie foto's gekyk het, het ek gedink dit moet 'n groot optog wees.  Baie bly dit was 'n groot sukses.  Ons wag vir die storie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: braaityd
« Reply #8 on: November 29, 2011, 08:52:53 AM »
die tamatie werk eintlik so:

ons is so 10 manne wat elke Dinsdag oggend 5 uur by my buurman bymekaar kom vir biduur, soms sing, soms net gesels oor die goeie gawes in die lewe.

Dan het ons gemeente 'n sendingstasie op Chandame in noord Mosambiek.

Dit was 'n prayer house ( buite gemeente ) van Villa Olongwe, 70 km van daar. Ons gemeente het daar 'n stoor opgesit wat as kerkgebou gebruik word en Villa Olongwe het 'n predikant gegee. Op die oomblik is die 2 de predikant daar na die eerste een ander pos by die Bybelskool op Villa Olongwe gekry het.

Jan Smit het 1 keer saam gegaan om te help bou en toe byt die gogga hom.
Hy was al baie keer daar, so 2 keer 'n jaar wat hy hier op ry. Water projek aangelê van 'n fontein 3 km ver vir die kerk en gemeenskap en skool. 32 mm pyp oor daai afstand oor koppies en deur dale.

Nie sterk water nie maar 'n pyp wat 24 uur van die dag loop en 10 liter per minuut gee is baie water vir drink vir baie mense as dit in tenke gegooi word.

in elk geval Jannie sien toe daar dat iemand is nodig om leiding te gee om die mense te help. Dis bestaan boere in die omgewing en hulle dra hulle produkte mark toe. plant en sukkel maar want hulle het nie die regte kennis nie. Medies is ook 'n probleem. Toe het hy wat Jannie Smit is so paar jaar gelede met die owerheid gaan praat om 'n kliniek daar staan te maak. Hulle kom toe ooreen as die gemeente die kliniek staan maak sal die regering 'n suster gee en die nodige meubels en medisyne.
So het hy 2 na 3 keer 'n jaar hier op  gery om te gaan bou.

Hy het net besef hy sal van meer hulp wees wanneer hy permanent daar kan wees.
So is hy en sy vrou in Junie hier op, hy en sy vrou en hulle woon in 'n woonwa.

http://www.chandame.com/

Intussen het hy grond gekry by die hoofman om te boer. Dit moet nog begin word.

Daar is ook 'n projek deur ons gemeente en ander 'n ander dominasie gemeente op Worceser geloods om 2 trekkers met sleepwaens hier op te stuur. Die ander gemeente het sendelinge teen die Zambezi rivier. So is geld ingesamel vir die trekkers en sleepwaens en die 2 trekkers is opgery pad langs Mosambiek toe. Een vir Chandame en een vir Loabo.
Projek se naam is Wheels of Hope
http://wheelsofhopecoop.org/blog.php?id=8&bt=the-first-nutshell-letter
Daar word ook van Chandame daar geskryf.

video oor wheels of hope

Tienie is 'n boer van hier en hy die het gedagte gedroom so paar jaar gelede en dit 'n kans gegee. Dis Tienie wat aan die begin van die video vertel met die streephemp aan.

http://www.youtube.com/watch?v=eQShE7oePZk

die video wys die laaste skof van Chandame se trekker.

http://www.youtube.com/watch?v=srozeItFOA0

Intussen het Chandame se prayerhouse gegroei na 'n volwaardige gemeente met ek dink 13 prayer houses onder hom en meer lidmate as die ring van Tulbagh se NG Gemeentes almal saam.

Geld bly maar die nood. Die kliniek se dak moet opkom en die dakplate kos sowat R23 000.

Toe kom my buurman met die idee een Dinsdag oggend
Kom ons hou 'n gemeente ete wat gratis is en mense gee donasies. Als sal gratis wees.

Die een seg hy sal hoender skenk, ander pel wat nie eers na die Dinsdag oggend byeenkoms kom nie, borg die koeldrank,




 2 kelders gee wyn,



 iemand gee 'n tent,



ons gebruik die kerk se tafels en stoele

 en buite banke van iemand wat dit maak maar nog nie verkoop het nie.





.
2 manne van Worcester Christen gemeente ( ook nie deel van die Dinsdag oggend groep nie) gee 2 army tente om die kos in op te skep. net die dakke is opgeslaan.







iemand kry by sasko buns, ander een koop 10 kg wors vir die hotdogs.


Iemand wat skilder gee 'n skildery om op te veil.



Leen 'n braai wa by iemand.



 Genoeg gewillige hande wat wil help kom meld hulle aan, sommige nie eers van ons gemeente nie.



Van 7 uur Sondag oggend begin dit woel en werskaf. Die rooi tent en buite banke is Vrydag al gereed gekry, die res Sondag oggend vroeg.







 O ja, ons wat dit reël se vroue maak bazaar poeding.


Die kontant donasies van die mense wat kom eet het was genoeg om die dakplate te betaal. Ons het vanoggend vroeg met ons byeenkoms met Jan Smit en Susan op Skype gepraat en hom die goeie nuus gegee, en ja ons almal en hy en sy vrou het trane in die oë gehad oor die ervaar van liefde en getrou van God.

Die skildery het R 7 000 ingebring en nog 'n persoon het R10 000 gegee. Nou kan die kliniek klaar gemaak word. Haleluja.

Dis die storie van die groot gratis braai.

Daar was genoeg kos vir almal wat gekom het en daar was niks oor nie en almal het genoeg van als gehad.


Ja die Here is getrou.
« Last Edit: November 29, 2011, 09:18:24 AM by Lox »
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: braaityd
« Reply #9 on: November 29, 2011, 07:53:46 PM »
Wat 'n fantastiese projek.
Wat 'n klomp wonderlike mense om so om te gee.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: braaityd
« Reply #10 on: November 29, 2011, 08:19:38 PM »
dis in geloof aangepak en die eer kom die Here toe.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: braaityd
« Reply #11 on: December 01, 2011, 05:20:44 AM »
Dit wys net weer wat gedoen kan word as almal saamstaan en saamwerk.  Dit is lekker om te gee ook, wanneer 'n mens het. 
Om te weet is om te verstaan.