• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Deli

Started by Angelica, November 26, 2011, 08:12:10 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

Deli

Filodeeg woordbondeltjies
netjies uitgestal op my tongplaat,
bring ek vir jou my lief,
mondjiesvol woorde... sodat jy
nie nodig het om stil te sit en wurg
aan ellelange niksseggend e-posse,
maar tydsaam sal inneem elke happie -
soms effe suur, soms uitdagend
maar nooit bitter

Die soet-soetste woordjies rol ek op
in 'n saggies krakerige meringue roulade -
dromerig romerig met 'n karamel hart
vir verleiding
soetsag...   druppend van genot
wat jou oë instinktief sal laat sluit

Begrypend my doel
sal jy vertrek na oorde van terugkyk
en onthou -
soos die flikker-flakker van 'n kers -
tussenplekkies in jou dag
se verbygaan

'n 'platter' deli-woordjies vir jou, my lief ?



elle

Angelica

Ek is nie so seker van die 'flikker-flakker', of dit as een woord geskryf of met die koppelteken.
Kan iemand my asb inlig.
Dankie.
elle

PM

Ellé, dit lees vir my reg met 'n koppelteken. 
'n Pragtige gediggie, jy vat raak met die woorde.  "deli-woordjies" beslis.
Om te weet is om te verstaan.