ek sien SA gaan help in DRK met verkiesing
DRK vra SA se hulp met verkiesing
2011-11-24 04:00
Artikelopsies
Deel
Kry Die Burger op
PRETORIA
Die Suid-Afrikaanse Weermag het gister met ’n reuse-poging begin om te help met die verkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) toe sy eerste vragvliegtuie na dié land vertrek het.
Die poging gaan die weermag na verneem word nagenoeg R150miljoen kos, maar die uitgawes gaan hopelik later uit skenkersgeld terugbetaal word.
Intussen kan die weermag se vredesoldate in die Soedan weens die gebruik van die vliegtuie in die DRK nie na Suid-Afrika terugkeer nie.
Dié rotasie van soldate is nou reeds bykans twee maande lank vertraag, met die volgende groep wat ook reeds die afgelope twee maande by De Brug in Bloemfontein wag om hul makkers in die Soedan te vervang.
Die ministerie van verdediging het onlangs ten tyde van ’n besoek van me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, aan die DRK om te kyk of die voorbereidings vir die verkiesing Maandag op datum is, gesê die DRK het ’n spesiale versoek tot Suid-Afrika gerig om te help met die verspreiding van stembriewe.
Meer as 30miljoen Kongolese gaan by nagenoeg 63000 stemlokale stem in ’n verkiesing wat volgens kenners op ’n mespunt is.
Die weermag het nagenoeg 1000 vredesoldate in die DRK, met nog sowat 100 ondersteuningspersoneellede wat met die onderhoud van die vliegtuie moet help.
Die lugmag het die meeste van sy diensbare vragvliegtuie, waaronder die Hercules C-130’s en Dakotas, sowel as helikopters gister begin ontplooi.
Groot gedeeltes van die DRK is slegs per vliegtuig bereikbaar weens die afwesigheid van paaie en groot afstande.
Die stembriewe is in Suid-Afrika gedruk en die tydige verspreiding daarvan is ’n groot logistieke nagmerrie, het mnr. Richard Cornwell, onafhanklike politieke ontleder, gister gesê.
- Die Burger
http://www.dieburger.com/Wereld/Nuus/DRK-vra-SA-se-hulp-met-verkiesing-20111124die sensus wat oor hoeveel weke gestrek het was nie eers 100% suksesvol nie, hier in ons omgewing was tot nou toe nog niemand van die sensus nie. nou wil hulle in 'n ander land gaan help om 'n stemming op een dag te hou. nee wat ek smile maar net en skud my kop.