Author Topic: maagde kan geld kry  (Read 2677 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
maagde kan geld kry
« on: November 25, 2011, 06:41:07 AM »
Maagde in Mali kan beurse bekom
2011-11-24 23:08
Tweets Share Share line EmailPrint
Verwante skakels

    Kunsmatige maagdvlies dalk verban
    Staat, kerk teen gay huwelike in Sierra Leone
    Sierra Leone tel mankes, ge-amputeerdes

Freetown – ‘n Stad in Sierra Leone bied aan om meisies wat nog maagde is teen die tyd wat hulle graad vang, se studiegelde te betaal.

Die doel is om die tienerswangerskappe te verminder deur te verseker dat “ten minste 80% skoolmeisies hul maagdelikheid tot die einde van hul opvoeding behou,” het Mathew Margao, raadslid in die suidelike stad Bo.

“Die stadsraad sal vroulike mediese personeel aanstel wat sal bevestig of die meisies nog maagde is of nie,” het Margao gesê.

Menseregtegroepe en ouers is egter nie baie ingenome met die plan nie.

Abibatu Mansaray, woordvoerder vir ‘n plaaslike vroueregte-groep sê dit “grens aan die skending van die meisies se menseregte”.

Sy het ook bygevoeg dat dit nie volgens haar die beste manier is om die kwessie van tienerswangerskap aan te spreek nie.

“Ek kan nie sien dat ek gaan toelaat dat mense my dogter op dié manier ondersoek sodat sy ‘n beurs kan ontvang nie,” het Aminata Lahai, ‘n enkelmoeder, gesê.

Margao is egter oortuig dat die plan nie net tienerswangerskappe gaan verminder nie, maar terselfdertyd die hoeveelheid opgevoede vroue in Mali gaan vermeerder.



http://afrikaans.news24.com/Afrika/Nuus/Maagde-in-Mali-kan-beurse-bekom-20111124
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: maagde kan geld kry
« Reply #1 on: November 25, 2011, 10:06:59 AM »
Wonder hoeveel gaan die ondersoekers vra vir 'n vals verslag. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: maagde kan geld kry
« Reply #2 on: November 25, 2011, 07:54:56 PM »
En wie gaan die dames ondersoek om uit te vind of hulle maagde is?
Klomp snert.
Daar is ander maniere om tienerswangerskappe te keer.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: maagde kan geld kry
« Reply #3 on: November 25, 2011, 08:49:54 PM »
disprins ja....
knyp 'n disprin tussen die knieë vas.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.