• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Tel saam

Started by Naas, April 27, 2011, 02:18:25 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

Een van die twee drielinge vier die vyfde van die sesde maand hul sewende verjaarsdag. :headbang:





:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Hierdie een is darem nie eens so erg as daai sinne wat jy wil hê ek moet van agteraf vorentoe lees nie.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

PM

Nog 'n vroegste inskrywing.  Ek dink daardie drieling vier hierdie jaar hul 14de verjaarsdag?
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Een keer het ek wrintiewaar twee maal moes lees van die drieling se viering op die vyfde van die sesde maand toe hulle sewe geword het om agt(er) te kom hoe die storie inmekaar steek. So spyt ek het die negende, tiende en al die ander gemis  :`ip2:

PM

Ja-nee, hierdie getellery is nie maklik nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Naas

Onthou julle hoe ons as kinders gevra het hoe spel jy?
Vuurhoutjie... Een houtjie, twee houtjie, drie houtjie, vuurhoutjie.
Klavier... Kla een, kla twee, kla drie en klavier.
Seker daar moet nog baie wees.


:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Wraggieswaar.  Nou het my kop tot stilstand gekom.  Ek weet daar is nog, maar ek weet ook dat ek dit vergeet het.  Ha-ha. 
Welkom Naas, ons het gedink dat ons jou amper verloor het.  (giggle)
Om te weet is om te verstaan.