Author Topic: Vader tyd  (Read 3721 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Vader tyd
« on: November 20, 2011, 08:13:31 PM »
As ek voor die mikrogolf staan, dan sien ek hoe die sekondes af tik en ek weet, dat daardie  sekondes, nooit weer sal herhaal nie.  Dit is verby.  Dit lê in die verlede.  Gister mag homself dalk herhaal, maar nie in dieselfde tydsgleuf nie. 
Ek weet daar is dinge wat ek vandag moet doen, sodat ek nie more myself sal verwyt nie.  Een daarvan is om nou te sê, hoe naby aan my hart jy lê.  Ek het nou die tyd.  Jy is nou daar.  Kom ek doen dit nou, more is dalk te laat. 
Tyd wat verby is, sal homself nooit weer herhaal.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vader tyd
« Reply #1 on: November 21, 2011, 07:39:37 PM »
Verbeel ek my of is 'n sekonde deesdae net 'n halwe?
'n Paar jaar gelede wou ek nog bungi jump,  tandem valskermspring, die Berg uitklim...  ek wou en wou en die sekondes tik verby.
Jare is verby en ek het nog nie een daarvan gedoen nie.
Ek het nie 'n bucket list nie.  Ek doen wat voorkom.
Ek gebruik elke geleentheid om vir my ma en my kind te se hoe lief ek vir hulle is. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vader tyd
« Reply #2 on: November 22, 2011, 06:44:44 AM »
Naas het 'n onderwerp begin van "eerstes".  Dit het my diep laat dink aan "laastes".

Ek het djarre en djarre terug 'n rugoperasie gehad, (vyf djarre terug)  :icon_biggrin:  en soms voel dit nog of my rug wil uithaak en dan wil ek dooi van die pyn.  So, min het ek besef hoeveel "laastes" daar vir my was voor die operasie.  Ek was mal oor perdry, nou is dit verby. 
Ons was voor verlede naweek by die kleinkinders se "braaivleisfees" waar daar speletjies en 'n "merry-go-round" was met al die goed waarop jy kon ry.  "Ouma" het maar net leepoog gesit en kyk. 
Dit is dan ook sulke goed wat my half depressief maak en my aan "laastes" laat dink.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Vader tyd
« Reply #3 on: November 22, 2011, 08:48:45 PM »
Ek is seker almal, selfs die kinders, verstaan as daar sekere goed is wat jy nie aan kan deelneem nie.
Moenie depressed voel nie.  Dit laat mens toe om nie jou beste te gee vir jou geliefdes nie.  'Drukkie'
Maar ja, ons word ouer en ek haat soms die ouderdom wat ek kan sien en voel aan myself.
My liggaam is ouer as my gees.  Ek en die kinders lag as ek nie so vinnig by die motor kan uitspring nie bv.
Ek probeer opmaak met samesyn en bederfies. 
Wonder wat die liggaam gaan se as daar 'n ruiter op 'n wit perd sy verskyning maak...   
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Vader tyd
« Reply #4 on: November 23, 2011, 07:47:34 AM »
 :sign10: Nou laat jy my hard lag oor die ruiter op die wit perd.  Dink dit sal net die regte ding wees om die "ou liggaam" weer in plek te ruk.   :toothy4:

Tot verlede jaar het almal my ge-"mevrou".  Hierdie laaste paar weke wat ek van plek na plek gegaan het om pryse vir ons boek te kry, was dit geweldig opvallend dat almal my "Tannie". 
Selfs mense met kinders wat al uit die skool uit is.   :toothy4:  Die swartes noem my "Ouma" voor die voet.  Ja-nee, die skrif is aan die muur.   :icon_biggrin:
Dan het ek nog 'n velreaksie ontwikkel en kan nie waag om naby die rak met kleursjampoo verby te stap nie.  Het al gewonder of henna sal werk.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.