Author Topic: Mandela se eertydse bed...  (Read 2640 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Mandela se eertydse bed...
« on: November 20, 2011, 03:32:21 PM »
http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Eens-had-Mandela-n-bed-20111111

Het ook 'n hele klompie jare gelede 'n draai gaan maak op Robbeneiland.  'n Helse teleurstelling.
Ons het dieselfde ervaring gehad dat die gids al die blankes vyandiggesind was.  Daar was daardie tyd al niks om te sien nie.
Die bootrit was wel genotvol.  Gelukkig was hulle toe nog nuut en jy het nie jou life jacket aangehad die hele tyd nie.
Wat 'n groot stuk geskiedenis, nog voor 1652, kon wees wat as attraksie aan buitelanders kon voorgele word, is nou net 'n stuk skaam-wees eiland.
Wens die DA wil dit opeis (?) en weer iets daarvan maak.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Mandela se eertydse bed...
« Reply #1 on: November 20, 2011, 04:25:11 PM »
Dankie nou weet ek ook ek hoef nooit die moeite te doen om dit te gaan besoek nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Mandela se eertydse bed...
« Reply #2 on: November 20, 2011, 07:17:33 PM »
Dit gaan orals so.  Vervalle!  Dit is so jammer.
Ons het die langnaweek in Oktober, as dagbesoekers by die KNwildtuin probeer inkom.  Dit was nag! Die karre het vir kilometers voor die hekke gestaan.  Toe ons uiteindelik teen half elf die oggend toegang kry, was die park leeg, die toilette vol.  Vol afval en vol gemors, maar geen toiletpapier of skoonmakers nie, (hulle het buite met mekaar gestaan en klets, of op 'n selfoon besig)   Selfs by die restaurante was daar toue en toue mense wat ure moes wag vir 'n stukkie kos.  Nee dankie, dit is nie vir my nie.  Ook nie vir die buitelanders nie.  Hulle het gemor en geknor en luidkeels vertel dat hulle nooit weer daarheen sou gaan nie en dit ook aan al hul vriende sou vertel. 
Om te weet is om te verstaan.