Author Topic: Gebrek aan Moedertaalonderrig...  (Read 3422 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Gebrek aan Moedertaalonderrig...
« on: November 20, 2011, 07:09:42 AM »
http://www.rapport.co.za/Rubrieke/HanlieRetief/Hanlie-gesels-met-Marie-Heese-20111118

Wat 'n vurige Ouma.
Van haar soort het ons baie meer nodig.  Nie die mense wat se hulle onderrig en dan die student op 'n verkeerde pad laat loop nie. 
Hoe kan jy 'n student wat skaars in sy tweede taal vaardig is, op universiteit in hierdie tweede taal sien vorder ?
Dit kan mos nooit wees nie ?  En dit sien ons ook.  Sommer in die skole al.  Slaagsyfers, en nie net in matriek en op universiteitsvlak, is baie laag.
Skandalig laag.  Omdat die bloedjies in 'n vreemde taal moet leer, maar in hul moedertaal kan speel en gesels.
Ek is 100% VIR moedertaal onderrig.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Gebrek aan Moedertaalonderrig...
« Reply #1 on: November 20, 2011, 07:40:09 AM »
Ek stem saam.  Ons een kleinkind wat in Dubai grootgeword het is onthef van eksamen skryf in die vak Afrikaans.   Hy moet die klasse bywoon, maar 'n ander vak neem in Afrikaans se plek waarin hy wel eksamen moet skryf.
Hy praat wel Afrikaans, is Engels goed magtig, en het Frans en Arabies as vakke in Dubai gehad. 
As ek vandag weer die keuse moes maak, sou ek my kinders in 'n Engelse skool gesit het van graad 1 af. 

Ek kry gereeld met mense te doen wat op die platteland skoolgegaan het, tot matriek ja, en hulle is werklik nie Engels magtig nie. 
« Last Edit: November 20, 2011, 07:42:04 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Gebrek aan Moedertaalonderrig...
« Reply #2 on: November 20, 2011, 09:54:26 AM »
Gelukkig het jy nie PM. Ek sien heeldag die negatiewe nagevolge van Afrikaanse kinders in Engelse klasse.
Ek stem saam met moedertaal onderrig. Wil net vra? "Wie bepaal die inrigting waar die leerder/student ingeskryf word?"
Om 'n Afrikaanse leerder by 'n Engelse skool in te skryf is presies dieselfde as om 'n swart leerder by 'n synagogue in te skryf en daarop aan te dring dat hy as christen dominee opgelei moet word.
Gebruik ek nou my eie skool as voorbeeld. Ouers het die reg om hul kinders by enige skool van hul keuse in te skryf. Nou besluit 'n khoza ouer om sy kind by 'n engels/afrikaans skool in te skryf.
Die leerder verstaan nie eers Engels behoorlik nie en glad nie Afrikaans nie. Nou moet hy Engels eerste taal neem en hy moet Afrikaans tweede taal neem. Die leerder is 'n druipeling wat 'n eksamen soek om te gebeur.
Tersiere instansies is presies dieselfde. Ek skryf my kind by 'n Afrikaanse universiteit in en dan dring ek daarop aan dat hy in Tswana opleiding kry. 'n Toi Toi wat 'n plek gekry het om te gebeur.
As ek wil he my kind moet in sy taal onderrig ontvang, moet ek hom dienooreenkomstig inskryf en nie agterna die instansie die skuld gee nie.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10714
  • Gender: Female
Re: Gebrek aan Moedertaalonderrig...
« Reply #3 on: November 20, 2011, 12:26:04 PM »
Daarmee stem ek ook saam Naas.  'n Kind het die reg om in sy eie taal onderrig te word.
Ek wil net vra, hoeveel Afrikaanse (of enige swart taal) handboeke is beskikbaar op universiteitsvlak?
Om te weet is om te verstaan.