Author Topic: Die foltergrot  (Read 4675 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Die foltergrot
« on: November 18, 2011, 08:50:28 PM »
Ja, ek dink dit is die regte plek om te kom kla omdat ek "gefolter" word.

Twee dae gelede sit ek in een van die grootste drukkiers firma's in die geweste.  Die eienaar is vreeslik vol van homself, hy vertel vir almal dat hy die baas is, nie net die gewone baas nie,  nee, die  GROOTBAAS.  Ek wag maar geduldig totdat jakkals klaar geprys het om ook 'n prys te kry.  Mense, ek sê vir julle, dit is 'n groot plek, Die werkers hol op en af en heen en weer en deurmekaar om alles uitgesorteer te kry. Die grootbaas word knaend onderbreek met lastige vrae en teken hier en teken daar ens.  Uiteindelik kry ek ook 'n beurt en hoe dit gebeur het weet ek nou nog nie, maar wat my duidelik bybly is die woorde:  Jy moenie probeer om saam met die groot visse te swem nie.
Voor ek my kom kry antwoord ek hom:  Groot visse het parasiete en as dit nie vir klein vissies soos ek was nie, sou groot visse heeldag gejeuk en gekrap het. 
Op pad uit merk ek weereens die groot area, die merske steenheinings, die pragtige tuine, die blink karre en ek weet, ja jou swaap, dit is hoekom dit jou honderd duisend rand kos om 'n paar boeke te laat druk.  Groot visse ry blink karre, bly in kastele drnik die beste whiskey en eet fillet steak. 
Shame vir arme klein vissies soos ek.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Die foltergrot
« Reply #1 on: November 19, 2011, 03:40:06 AM »
jyt dit mooi duidelik vir hom vertel

dis erg hoe die een die ander wil ore aansit om voor te kom.

hoor nou die dag van die boer wat seldery mark toe vat en hy kry R4 'n bossie
na paar keer gaan kyk hy hoe die verkoping verloop

praat agterna met die smous wat sy seldery gekoop het op die mark en die smous seg hy het R15 betaal en die boer kry net R4


keep up with the jones en hol in jou maai in in die rat race jou mal donner sou ek van hom gedink het.

dit sit my erg af as 'n ou soos daai spog hoe groot vis hy in die klein dammetjie is en sonder sy geld is hy niks. het hy niks anders om oor te praat as geld nie. en as hy toilet toe gaan stink dit meer as wat ek gaan want die fillet laat hom meer gas opwek.



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Die foltergrot
« Reply #2 on: November 19, 2011, 05:10:02 AM »
Hom goed gese, PM. Hy sal wel jou woorde weer oordink.
Hoogmoed kom tot 'n val.  Wanneer iet kom tot niet.  Krummel wat 'n brood geword het... en so kan ons aangaan.
Waar kom al die se-goed vir hoogmoed dan vandaan?
Die grotes wat hoog leef lees jy van in die koerante.  Hulle karre, huisie, besighede, die jag wat langs die Riviera vasgemaak le... die goed word gekonfiskeer en moet verkoop word om die rooi syfertjies op die bankstaat bietjie kleiner te maak.
Ek en jy wat op grass root level is en bly, ons sal daar bly.  Kan nie verder as dit val nie.
Ons leef eenvoudig en gee nog van die bietjie wat ons het.
Daai groot vis in die klein dammetjie... hy gaan nog versmoor.
Arrogante blksm.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Die foltergrot
« Reply #3 on: November 19, 2011, 07:23:55 AM »
hoeveel van daai blink rygoed ens is als op skuld. ek probeer nie skuld hê op my voertuie nie. betaal nou anton se se 2 de hand bakkie wat ek nou die dag vir hom gekoop het, en hopelik na 3 jaar is daar geen skuld op ons rygoed nie

werk maar so met die ou goed.
die jongste trekker op die plaas is 1984 model, ander een 1976 en oudste 1966 en hulle werk nog net so goed soos nuwes. vervang net die sitplekke na so paar jaar.

ons se kar is ook al 12 jaar oud, het hom 4 jaar gelede gekoop en hy moet maar nog 12 jaar loop.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Die foltergrot
« Reply #4 on: November 19, 2011, 07:53:10 AM »
Skuld kan 'n ou duur en suur te staan kom.  Ons koop net kontant, maar ongelukkig kan 'n voertuig en 'n huis nie sommer kontant gekoop word, indien jy nie eers iets anders verkoop het nie.
As ek weer voor kon begin "huis opsit", sou daar 1000 dinge gewees het wat ek nooit sou koop nie.  Advertensies verlei 'n mens om te dink die of daai aparaat sal die lewe makliker maak.  Toe nie!

Ek hoop hy dink weer Ellé.  My broer sê hy het die grootste personeelomset ooit.  Dalk kom hy tot sy sinne.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Dawie

  • Regular Members
  • Suigeling
  • Posts: 14
  • Gender: Male
  • Ek is hier...
Re: Die foltergrot
« Reply #5 on: December 04, 2012, 09:18:34 AM »
Ek kan net lag as ek hier lees! Dit is so waar... die Drukkers is maar oral onglooflik duur!

Maar ja, elke oukie moet n geldjie maak...
Die stout seun is hier....