Author Topic: gedagte vir die dag  (Read 2569 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
gedagte vir die dag
« on: November 17, 2011, 03:02:56 PM »
Daar was  n boer wat  mielies gekweek het. Elke jaar het hy sy mielies ingeskryf by die landbou skou en soos klokslag wen hy die blou roset vir die beste mielies in die distrik.
Een jaar het die joernalis van die plaaslike dagblad n onderhoud met hom gevoer en iets baie interessants geleer rondom die boer se manier van mielie verbouing. Die verslaggewer het te wete gekom dat die boer sy aanplantings saad deel met sy bure.

Hoe kan jy dit bekostig om jou mielie saad te deel met jou bure terwyl hulle ook elke jaar inskryf vir die beste mielie kompetisie? vra die verslaggewer aan die boer.

Maar meneer, sê die boer het jy nie geweet? Die wind tel stuifmeel op van die ryp wordende mielie koppe en waai dit van saailand na saailand. Indien my bure minderwaardige gehalte mielies verbou sal kruisbestuiwing stadig maar seker die kwaliteit van my mielies nadelig beïnvloed. Indien ek goeie mielies wil hê moet ek my bure help sodat hulle ook goeie mielies verbou.

Die boer was terdeë bewus van die mens se interafhanklikheid van mekaar. Sy mielies kan nie verbeter tensy sy bure se mielies nie ook verbeter nie
So is dit ook gesteld met ons lewens. Die wat in vrede wil lewe moet ook hul bure help om in vrede te lewe. Die wat gelukkig wil wees moet ook ander om hulle help om geluk te vind aangesien die welstand van elke een verbind is aan die welstand van almal.

Dit is moontlik om weg te gee en steeds ryker te word! Dit is ook moontlik om te styf vas te hou en alles te verloor. Ja, die vrygewige man sal ryk wees! Deurdat hy aan ander water gee, les hy ook sy eie dors.

Spreuke 11:24-25
Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.
Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

My gebed vir elkeen van julle, is  voorspoed, gesondheid, vrede, vreugde en genade. Mag Jesus elkeen ryklik seen en Sy beskermende Hand oor elkeen hou.

I may not be perfect,
But my King thinks
I’m to die for!
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: gedagte vir die dag
« Reply #1 on: November 17, 2011, 07:32:33 PM »
Het nou net jou 'Gedagte' op FB gelees.
Wat 'n pragtige 'gedagte'.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: gedagte vir die dag
« Reply #2 on: November 18, 2011, 06:58:51 AM »
Werklik die wysheid van Salomo. 
Om te weet is om te verstaan.