Author Topic: Watter een sal jy kies?  (Read 3197 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Watter een sal jy kies?
« on: November 17, 2011, 08:09:08 AM »
Stout dink ek vanoggend, na aanleiding van Ellé se onderwerp "ses weke" dat ek hierdie jaar net 'n klomp pakkies gaan toedraai, dan moet elke ou maar een kies en uitruil as hy verkeerd gekies het.
Dit sal nogal interessant wees om te sien hoeveel ouens kies 'n "tevrede" pakkie.   :icon_biggrin:

As al hierdie pakkies nou uitgestal is, watter een sal jy kies?  Die grootste of die kleinste of wat?
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Watter een sal jy kies?
« Reply #1 on: November 17, 2011, 08:45:50 AM »
As kind het my pa se werk een jaar vir ons 'n kersboom gehou (al die werkers se kinders)
onder die boom was daar pakkies van alle grootes en kleure. Daar het ook 'n klein pakkie gele en ek het gedink een arme drommel moet daai klein pakkie kry. Die klein pakkie was die laaste een om uitgedeel te word en ek was die arme drommel. Daar was 'n kamara in die pakkie wat my jarre se plesier verskaf het.
PM. Ek sal dus laaste wag en weier om my geskenk te ruil, al ia dit ook 'n panty want dit sal vir my spesiaal bly. (Ek sal dit nie dra nie want die dag toe ek vroulief se panty vir 'n onderbroek aangesien het het die ding heeldag gatgekruip en dit was alles behalwe gemaklik. Dis egter 'n ander lang storietjie.)


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Watter een sal jy kies?
« Reply #2 on: November 17, 2011, 07:52:35 PM »
Giggel ek nou oor daardie panty vir 'n onderbroek aansien...
Ek werk in die bank en ons hou altyd kersboom vir almal en almal se kinders.
Elke dame koop 'n geskenk vir 'n dame en die mans vir mans.
Ek koop altyd 'n ordentlike ding want ek wil nie he iemand moet 'n stuk gemors kry en dit weggooi en die dromkrappers kry my geskenkie nie.
Ek koop pragtige skryfkaartjies met koeverte met die aller fraaiste blomme op. Baie duurder as die R10 wat ons veronderstel was om te spandeer.
My bestuurder se vrou kry my geskenkie en ek hare. Dit het nou maar net so gebeur.
Die volgende dag kom sy na my by die bank en bring dit terug vir my.  Kan sy asb haar geskenk wat ek gekry het terugkry dan gee sy myne vir my terug. 
Nee fine, se ek, ek hou in elk geval nie van plastiek blomme nie.
Ons het nie veel verder oor en weer gesels nie.
Heng, geskenke is so nice om te gee, maar om iets prakties en mooi te gee vir almal kos in die einde 'n helse klomp geld. 
Ons doen almal iets saam daardie dag.  Almal bring mooi en lekker kos.  Dek baie tafels en dra banke uit onder die bome in die tuin, gooi kussings en komberse oop vir die jonges by vriende se huis en as jy te swaar is na die poeding om op te staan... jy is alreeds op 'n bank. Jy slaan sommer net daar neer.. of sommer vooroor tot op die gras.
Vir weke daarna onthou jy nog die lekker samesyn met fam en vriende.  'n Sepie sou lankal op gewees het.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Watter een sal jy kies?
« Reply #3 on: November 17, 2011, 11:50:32 PM »
Naas, ek het soveel begrip vir jou antwoord, jy kry 20 uit 10.
 en Ellé, jy kry 20 uit tien vir die volgende: Vir weke daarna onthou jy nog die lekker samesyn met fam en vriende.
Ek lief julle 'n hond uit 'n bos uit!
 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Watter een sal jy kies?
« Reply #4 on: November 18, 2011, 06:10:06 AM »
Dankie PM.
In ses weke kan baie dinge gebeur..
My kind het binne ses weke gehoor 103 van hulle moet gaan en in hierdie week het hy sy nuwe werkskontrak geteken. 'n Hele nuwe lewe vir hom.  En dan natuurlik wat weer alles daaruit gaan spruit.
In ses weke kan jou wereld verkrummel of jy kan oor die maan spring wanneer daardie swangerskaptoetsie positief wys.
In ses weke kan die stuk brood op die sypaadjie so hard bak dat die voeltjies dit nie eens meer kan afpik nie, sien ek wanneer ek bult op loop...
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Watter een sal jy kies?
« Reply #5 on: November 18, 2011, 06:48:01 AM »
Dit is wonderlike nuus Ellé!   :hello2: :hello2:  Ek is so bly jou kind het werk gekry.  Een van my twee is darem geholpe.  Dit is nou 'n baie sleg tyd van die jaar ook, maar ons hou nog styf duime vas.

Ek lees weer die "panty" storie en giggel hier onderlangs vir die woordspeling. 



Om te weet is om te verstaan.