Author Topic: Ses Weke..  (Read 5210 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Ses Weke..
« on: November 17, 2011, 06:06:57 AM »
Net ses weke...  dan skryf ons 2012. 
Besef ek gister dat ons in hierdie laaste ses weke van hierdie jaar soos dol osse deur die dag moet gaan om alles gedoen te kry.
Praat nou van werk.
Geen wonder ons is poot-uit teen die 2e Januarie wanneer ons moet begin werk nie.
Ons verkoop consumables aan hospitale - privaat en staat, klinieke, groothandelaars, privaat...  en siekword vra nie watter tyd van die jaar dit is nie.
Die feit dat ons vir 'n skamele week toemaak - al die takke oor die land - laat ons kliente dubbel koop.
En dan moet ek Jingle Bells in die winkels hoor wat my herinner dat die Silly Season ook nog aandag moet kry.....
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ses Weke..
« Reply #1 on: November 17, 2011, 06:38:20 AM »
ek hou niks van winkel toe gaan nie en die tyd van die jaar nog minder


nets kerstyd en nuwe jaar verby is is dit weer terg skool toe temas in al die winkels en skaars het skole begin kan jy maar sukkel jy kry nie meer somer klere in die winkel nie, net winter klere en dan begin hulle met paas eiers.

kort na paas tyd kan jy darem nog vir 3 weke winter klere kry en dan in die winter is dit vakansie advertensies in die winkels met somer klere te koop en hulle wil jou oortuig om winter vakansie te gaan kamp iewers.

dan skielik is dit weer lente temas in die winkel en as jy nie saam koop nie is jy uit.

en kort voor lank is dit weer jingle bells tyd.


een van die redes dat ek nie tv kyk nie is die klomp ongevraagde advertensies wat opgedis word.

is nogal weird, al die advertensies is om iewers op iets geld uit te gee en ek wonder of 10% van die bevolking die goed of dienste kan koop wat geadverteer word en 1% stel dalk belang daarin en 0,1% koop dit dalk.

soms raak ek vir die radio ook vies oor die klomp advertensies. hoe weet hulle wat ek wil in belangstel en dan adverteer hulle dit nooit, net die goed wat ek nie in belangstel nie.

wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ses Weke..
« Reply #2 on: November 17, 2011, 08:03:37 AM »
Ja wat, en so gaan dit jaar vir jaar.  Ek is darem mal oor die mooi liggies. 

Ellé, jy is reg, dit is seker hierdie laaste ses weke van die jaar wat die besigste is.  Op my ouderdom glip die dae so onder my neus verby.  Ek skryf nog Dinsdag dan is dit al Vrydag!   :icon_biggrin:  Dan het my vriendin al Woensdag verjaar!   :icon_biggrin: 

Hierdie jaar wil ek net 'n klomp pakkies toedraai en dit "lucky packets" noem.  Kies vir jou een en ruil uit!
 :sign10:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ses Weke..
« Reply #3 on: November 17, 2011, 08:38:30 AM »
Maak bietjie somme Lox (Uit jou syfers)

40 000 000+ (40 miljoen+) mense in die land
10% kan die produk koop = 4 000 000 (4 miljoen)
1% stel belang = 400 000
0,1% koop dit = 40 000 (wat die produk koop na die advertensie) teen (se maar) wins van R1
Dan maak die firma wat adverteer R40 000 (onthou advertensiekoste word afgetrek voor die wins van R1 bepaal word.
Die moeite werk om te adverteer?
Ek dink so.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ses Weke..
« Reply #4 on: November 17, 2011, 09:58:43 AM »
Naas ek stem saam met jou dis beslis moeite werd om te adverteer, al wat ek daarteen het hulle advertensies irriteer my en dis wat hulle wil hê want dan onthou jy die produk.

ek adverteer ook net op baie klein skaal.

ek het die heerlikste aarbeie

ek gee vir paar mense so 200 gram pakkie om te eet, sommer net so vir die nice wees, nou kan ek  nie voorbly om te lewer nie.

dit tel seker ook as advertensie al bedoel ek dit nie so nie. maar ja it pays to advertise.

dink net hoe gaan ek oorval word as ek seg, kom saam see toe ek gaan kreef duik en as daar te veel is gee ek vir jou ook. maar ek mag nie want dis teen die wet en jy mag net vir jouself uithaal en nie verkoop nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Ses Weke..
« Reply #5 on: November 17, 2011, 10:13:04 AM »
Ai, so 'n ou rooi sespootmonstertjie is darem maar lekker. Veral as hy daar uit Tietiebaai se koue water op die kole beland.




 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ses Weke..
« Reply #6 on: November 17, 2011, 02:07:18 PM »
Praat jy, ek het al so baie deur die jare op hangklip uitgehaal dat hulle al gewoond is aan die warm water.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ses Weke..
« Reply #7 on: November 17, 2011, 02:11:16 PM »
naas stuur my jou e pos adres op PM dan stuur ek jou e pos van adverteer.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Ses Weke..
« Reply #8 on: November 17, 2011, 07:31:09 PM »
Lox,  jy't Valentine's uitgelos...
Praat julle nou van kreef. Man, ek eet hom stukkie vir stukkie op nog voor hy in die kelkie beland.
Louis maak lekker kreef. Daar uit die Weskus se waters uit.
Hy het altyd gebraai, krewe, visse, mossels, snoek, maak potbrood en patat op die kole sommer so saam met die visgoed. En die wyntjies.
Dit is nou braaie by Beach Camp as ons Woesnaweke daar hou.
elle

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ses Weke..
« Reply #9 on: November 17, 2011, 09:42:45 PM »
4 groot kreefsterte
haal uit die dop deur kookwater op te gooi en ontdop.
sny in blokkies
botter in die pan en braai kreef daarin tot dit gaar is
terwyl jy kreef braai gooi sout en peper na smaak, want jou tyd om dit te gooi gaan later min wees.
wanneer dit gaar is gooi brandewyn wat jy effens warm gemaak het in die mikro, net effens.
sowat 100 na 120 ml op 4 sterte en steek brand

sprinkel nou koekmeel, nie mezina nie, oor die kreef wat nou redelik waterig sal wees en roer en sprinkel nog meel en roer en hou so aan dat dit stywer raak
gooi 150 na 250 ml room en weer meel
room vir so romerig soos jy dit wil hê en meel vir hoe droog of loperig jy die sous wil hê.

gooi 1/4 teelepel rooi peper ( na smaak) en roer en skep op en eet

kan vis fillet sonder grate ook so maak, kabeljou, geelbek, geelstert en king klip werk goed.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ses Weke..
« Reply #10 on: November 18, 2011, 07:06:46 AM »
Sies!  Julle is  LELIK  met my!   :crybaby2:  Ek wil ok krief hê!   :crybaby2:   :icon_biggrin:

Iewers moet ek 'n "nagemaakte kreef" resep hê.  Sal dit 'n bietjie soek.  Dit is seker beter as niks. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Ses Weke..
« Reply #11 on: November 18, 2011, 08:25:29 AM »
brou het ook iewers kamma kreef resep
sal moet soek
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Ses Weke..
« Reply #12 on: November 18, 2011, 10:26:31 AM »
Dit sal gaaf wees.
Ek is besig om 'n resepteboek saam te stel van al die los papiere en reseppies wat ek al jare sommer so uit my kop uit opdis.  Mense vra gereeld "hoe", dan moet ek stap vir stap verduidelik.
Ek het al gevra en ek soebat weer, as julle lekker beproefde, maklike reseppies het, deel dit asseblief met my, ek sal jou naam daarby plaas.
Om te weet is om te verstaan.