Jy praat van Kiewiete. Hannes het eers gister begin werk na sy Sjina-episode
(het mos drie dae in Hong Kong vasgesit, verstaan nie veel van 'n
"single entry visa" nie
)
toe ry hy Dinsdag saam met my na die drukkery toe, wat op 'n kleinhoewe is. Daar is 'n Kiewiet-mamma met twee donskuikentjies. Te fraai vir woorde.
Jy is reg Fransi, ek kan nie verstaan hoe mense toe oë deur die natuur kan gaan nie.
Hier op my bakkies is juis 'n breë glimlag vir 'n Kaapseluister-mannetjie wat letterlik vlerk sleep. Die wyfie "speel moeilik". Sy is nie "tjiep-tjiep" nie.
As Hannes gaan vleis koop dan kry hy van die maalvleissaagsels. Ons rol dit in bolletjies, sit 'n stukkie kleefplastiek oor en elke oggend haal ek een bolletjie uit vir die vleisvretertjies. Hulle lief dit en dit gee my groot plesier om hulle te sit en dophou.