Wat laat my bloed sweet?
Baie dinge, min dinge.
Dit hangaf van watter kleur ek my bevind, of sal ek se, hoe die wind waai.
Dinge wat my vandag tot die dood toe irriteer, maak more niks aan my. Soms is dit iets klein soos iemand se stem, aghhhh.
Taksies wat op my motor se stert ry, (Wil my laat vra, wat is dit wat jy in my kattebak gelos het?) gewoonlik (soos gister weer) trap ek briek. Dis laat my gou lag, het jy al gasien hoe briek kriek agter daai stuur
Taksie weetie so mooi watter kant om te ga nie.
Dan sweet ek nie meer bloed nie. Dan wil ek my in 'n mik lag. Groot oog Kriek wat spierwit na my staar, jaaa mag dit vir jou 'n les wees, nie alle dames is bang nie. Party van ons is net baie dom..
Dan die agterbakse tweegevreet soetbekkies wat saam mens werk, of net op jou pad kom. Vir hom gee ek net genoeg tou...
Dan kla kouse, my genade, kry tog 'n lewe, moet mens altyd so negatief wees...dit moet uitputtend wees!
Elkgeval dis ek vir nou!