• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

sneeu

Started by Lox, November 13, 2011, 06:14:25 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Lox

toe dit begin ooptrek so tussen half 4 en 4 uur het ek die afgeneem. dis nou net na 6 en amper al die sneeu is weg. vanoggend 11 uur was die sneeu heelwat dikker as op die fotos




kyk die groen wingerd wat wys dit moet somer wees



wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Angelica

Nooit!! 
Sneeu?  Maar ek moet se, dit was ook vriesend hier in Durbanville.
Watter berge is dit, Lox?
elle

Lox

dis die olifantsberg tussen Worcester en Wolseley.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

PM

Goeiste!  Ek het verlede winter belowe om nie oor die hitte te kla hierdie somer nie, maar ek sou nou regtig nie omgegee het as daai sneeu hier op ons berg gelê het nie. 

Hier teen half drie vanmiddag het ons 8 duim reën gehad.  Die druppeltjies agt duim uitmekaar!  Dit is droog en warm. 

Dankie vir die mooi foto's Lox.  Dit is regtig mooi.  Hoe beinvloed dit nou die druiwe?
Om te weet is om te verstaan.

Lox

die koue is ok ek glo nie dit sal ryp nie gelukkig reën ook gehad wat die grond nat hou en ryp gevaar verminder. die nattigheid kan dons skimmel laat versprei maar ons spuit maar soos dit moet teen dit en glo dit sal help.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

Sjieeeeee! Moeder Natuur gooi tiekiedraaie deur die seisoene ne! Pragtige fotos Stoffel  :notworthy:

PM

Ek het al gewonder of dit iets met die tsoenami te doen het. 
Om te weet is om te verstaan.

Chichi

Baie mooi fototjies!!! Ai ek het daai bergies al gesien!
*The one and only AWESOME-EST


AB

Quote from: Chichi on December 27, 2011, 06:05:20 PM
Baie mooi fototjies!!! Ai ek het daai bergies al gesien!

min plekke met sulke mooi berge

baie mense wat nog nie hier was nie glo idt nie as ons seg die berge is blou nie.
sommige aande is die berge pienk en pers ook.

PM

Ek is dankbaar dat hier so baie van jou foto's op is AB.  Dit bly maar pragtig.
Om te weet is om te verstaan.

Fransi


AB

Ek is bly dat daar so baie van my fotos op die forum is want sommiige het verband.

Sal mettertyd weer opsit

Ons pars dat dit bars tyd is skraps nou.