Author Topic: boere  (Read 3630 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
boere
« on: November 13, 2011, 11:10:34 AM »
Jy is dalk ʼn boer as...
· jou regterarm bruiner is as jou linkerarm
· as jou voorarms dikker is as jou bo-arms
· as jy beter kan bestuur op die grondpad as op ʼn teerpad
· as 4 karre in ʼn ry rowwe verkeer is
· as jy versnel in plaas van rem as daar ʼn jakkals oor die pad hardloop
· as jy ʼn hek kan oop- en toemaak sonder om jou gesprek te onderbreek
· as jy skaapkraal toe stap in plaas van kafee toe as die vleis op is
· as hoender en vis vir jou tel onder groente
· as jy die woorde pyp, pomp, gat en Klimaks in een sin *** gebruik sonder om te dink dit is suggestief]
· as jy al jou bure en hulle brandmerk op hulle vee ken en joune op ʼn gereelde basis daar gaan haal, dan boer jy dalk met bokke of dorpers!]
· as jy na ʼn vrou se gesondheid verwys as haar “kondisie”
· as jou honde net van pap en melk lewe
· as jy meer as 1 keer per week bloei sonder om te weet hoe het dit gebeur
· as jy drie stelle finansiële state aanhou. Een waarop jy amper bankrot is vir SARS, een waarop jy op die rand van miljoenêr is vir die bankbestuurder en een wat die waarheid is]
· as jy Zoeloe beter kan praat as Engels
· as jou Engelse woordeskat bestaan uit ‘yes’, ‘no’, ‘thank you’ en ‘Vat vrou! Hulle praat alweer Engels!’
· as jy eerder jou hemp sal uittrek as jou hoed afhaal.
· as jy alle mans met die hand groet en al die vrouens soengroet, veral vreemde mense!
· as jy dink ʼn meneer gee skool en al die ander mense kan aangespreek word as ‘oom’ en ‘tannie’
· as jy ingeskryf is op die Landbouweekblad en elke week uitsien na Werfbobbejaan
· as jy liewer is vir jou trekker as jou skoonseun
· as jy kan sê watter kant toe die wind waai sonder om jou vinger nat te lek
· as jy op die 5de Junie nog ʼn kortbroek dra
· as jy dink metro-man is die nuwe naam vir moffies
· as jy verwys na ʼn mof as ʼn skaap en ʼn moffie as ʼn metro-man
· as jou jaarlikse dankoffer skaap ‘mowwe’, bees of graan insluit
· as jou werknemers jou ‘Lanie’ noem en jy nie omgee nie
· as jy die weer beter kan voorspel as die SABC
· as jou radio iewers tussen 100 en 103 staan
· as jy meer buite pie as in die huis
· as jy elke keer moet gaan was en mooi aantrek as jy ʼn kar hoor aankom
· as jy die woord ‘jel’ net gebruik in sinne soos ‘jel, maar dit is koud’ of ‘jel, maar nou is ek honger’
· as jy naastenby enige iets kan regmaak met insolation-tape, ʼn tang en ʼn stukkie binddraad
· as een of almal van die volgende goed in een of meer van jou voertuie is:
draadtang, ʼn spuit, spuitnaalde en terramycin, ʼn paar patroon doppies (waarvan ʼn paar nog gelaai is), insolation-tape, ʼn stuk tou, ’n stuk binddraad, ʼn paar spaanders - heel moontlik ʼn 13, 17 en 19 en ʼn grip onder die seat, (as jy na ʼn bakkie se sitplekke verwys as seats en aanneem dit is Afrikaans, saam met clutch en exhaust), ʼn klomp papiere insluitend strokies, kwitansies, fakture, toiletpapier en ʼn spul ander wat al so vuil getrap is dat jy nie regtig weet wat hulle is nie, maar daar binne hou net vir ingeval jy hulle later nodig kry.
· En ʼn bos sleutels wat als oopsluit op die plaas.


Jy is dalk met ʼn boer getroud as...

- twee van die drie bondels wasgoed hoofsaaklik kakie is
- as ‘voorspel’ die wedstryd is voor die springbokke speel
- as jy al die woord ‘fyndraai’ in die bed gehoor het
- as jy olie, bloed, sweet en modder met die eerste slag kan uitwas
- as die lande en spilpunte netjieser is as jou blomtuin
- as jou blomme in netjiese “stroper” rytjies staan met ʼn aanvoor weerskante
- as jy gou ʼn stukkie omgespit wil hê en jy hoor die trekker start
- as jy weet wanneer Nampo is
- as 2 van die etes wat jy bedags maak meer as die helfte vleis is
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: boere
« Reply #1 on: November 13, 2011, 01:55:37 PM »
Jy het van die skoene vergeet Lox.   :icon_biggrin:

Dankie vir die aandra, dit is lekker leesstof en ek het dit geniet.  Raaitjie is seker gou weer terug dan kan jy verseker wees dit word "geskaai". 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: boere
« Reply #2 on: November 13, 2011, 06:29:27 PM »
Het nou so lekker gelag.
Like die een :  as jy beter kan bestuur op die grondpad as op 'n teerpad.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: boere
« Reply #3 on: November 13, 2011, 08:16:04 PM »
As jou regter arm bruiner is as jou linker arm dan is jy dalk 'n "two by three man".   :icon_biggrin:
Two liter brandewyn en 3 liter ford!  Daar moet nog 'n deeltjie wees wat ek vergeet het.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: boere
« Reply #4 on: November 13, 2011, 08:45:24 PM »
is dit nie een twee drie nie?

een bottel brannas, 2 liter coke en 3 liter cortina.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: boere
« Reply #5 on: November 14, 2011, 01:46:21 AM »
Ha ha ha ha .... onvroulike bulder alweer  :icon_biggrin: :book1: :notworthy: PM jy ken my te goed  :bootyshake:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: boere
« Reply #6 on: November 14, 2011, 07:07:14 AM »
Hoe kon ek die "mix" vergeet?   :sign10:

Jy is 'n sterretjie Raaitjie.  Dit is hoogtyd dat hier weer iets is vir die "stoor" nê.

My ma het altyd gesê, 'n melkboer se vrou kan nooit met vakansie gaan nie.  Voor sonop en voor sononder moet die koeie gemelk word.  Die plaashulp het naweke aan slingersiekte gely en as die boer en sy gesin nie daar was nie, was dit chaos.
« Last Edit: November 14, 2011, 07:09:46 AM by PM »
Om te weet is om te verstaan.