Author Topic: Lyfstraf vir jou Kind ?  (Read 5866 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Lyfstraf vir jou Kind ?
« on: November 13, 2011, 09:22:26 AM »
'n Ontstellende opskrif tref my vanoggend in die Sondagkoerant.
'n Boek uitgegee deur Pastoor Michael Pearl en sy vrou, Debi, gee 'wenke' oor hoe en waarmee lyfstraf vir jou kind gegee kan word.
Volgens hierdie twee barbare kan 'n baba van so oud as 7 MAANDE al liggies pak kry.  Kinders kan met verskillende voorwerpe geslaan word, onder andere 'n SWEEPIE wat die pa kan oprol en in sy broeksak dra !!!!
Wilgerlatte, en ons weet hoe seer 'n wilgerlat kan slaan, asook houtlepels kan ook gebruik word om jou tiener te tem.  Na hierdie boek 'To Train up a Child' deur ouers gelees is, het daar al drie kinders gesterf aan die hand van 'n eie ouer wat van hierdie voorwerpe gebruik gemaak het om die kind te tug. Moord.  Niks anders as moord.
Volgens hul dogter het sy so pak gekry en geen letsels oor gehou nie.  Sy se sy het by die 50 keer so pak gekry.  Ek dink sy beskerm haar ouers, want as jy as 30+jarige vrou presies kan onthou hoeveel keer jou pak jou gedinges het met 'n sweep onder andere, het jy verseker letsels oorgehou.. 
Gewone plathand kan nogal die ding doen as dit met liefde gedoen word, maar 'n SWEEP ?
Ek is gewalg.
Ek stem dat sommige kinders 'n hou of twee, soms selfs drie voor hulle luister en die boodskap kry, moet kry.
Ek het myne kamer toe geneem, die deur toegemaak en dan gesels oor wat en hoekom en waarom dit nie gedoen word en wat die beste uitweg is ens ens.
Met 'n groot hug en trane afvee, is die saak afgehandel en die dag gaan voort.
Vandag is hy 'n pragtige kind met geen hangups en dinge nie.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lyfstraf vir jou Kind ?
« Reply #1 on: November 13, 2011, 01:47:31 PM »
 :`ip2:  Met 'n sweep?   :nono:   

As kinders het ons lyfstraf gekry, gelukkig nie met 'n sweep nie, maar ook net as ons handuit geruk het.  Dit was ook nie dikwels nodig nie, want een kyk was genoeg.  Een kyk, dan gefoeter.  Daar was nie eers gepraat en weer gepraat nie. 

Ons kinders is ook met lyfstraf grootgemaak.  Jy maak jou kinders groot soos wat jou ouers jou grootgemaak het. 
Gelukkig het ek gou agtergekom dat daar ander strawwe is wat erger is as lyfstraf.  Hok het goed gewerk. "Hoe kan ek jou by ander mense laat gaan kuier as jy nie eers weet hoe om jou by die huis te gedra nie."
TVkyk  fietsry en swem is vir soet kinders.   :icon_biggrin:

Dan moet ek eerlik erken, as ek die kans om kinders groot te maak kon oor kry, sou ek baie dinge anders gedoen het.  Gelukkig is ons trots op ons kinders.  Hulle het dit mooi oorleef.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lyfstraf vir jou Kind ?
« Reply #2 on: November 14, 2011, 01:57:58 AM »
Grote glorie! Ek weet nie eers wat om te antwoord nie. Stel jou voor - swepie wat jy in jou sak kan dra  :crybaby2:
PM ek stem saam. 'n Houtjie op sy tyd verrig wonders en beslis is daar ander maniere om 'n kind te straf. Nou weer gesien met 2 jarige kleinman die vier dagies hier by ons. Hy het 'n manier om so te gaan staan en skrou soos maervarkie as hy nie sy sin kry nie. Ek gee hom daai 'kyk' en se "Not nice! Not nice at ALL!"

Dan vertel ek hom mooi as dit weer so gaan, is dit reguit kamer toe waar daar boggerol aangaan wat sy kreatiewe handjies kan vermaak. Dit ontstel hom so dat hy in trane uitbars en in my arms in storm. Droewig soos 'n verloorspan in Gatkantland!

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lyfstraf vir jou Kind ?
« Reply #3 on: November 14, 2011, 07:01:28 AM »
Ek is so bly jy is terug op die forum Raaitjie en dat julle dit oorleef het!  :icon_biggrin: 
Daar is een ding wat ek nie kan hanteer nie en dit is 'n vloermoer.  Ek sien ons prinsessie wat die 3de 'n jaar oud word is nie ver daarvandaan nie.   :icon_scratch:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Lyfstraf vir jou Kind ?
« Reply #4 on: November 15, 2011, 12:34:24 AM »
Ek lees vanoggend op die internetnuus dat 'n man sy agt weke oue babatjie hospitaal toe geneem het met 'n 'afveelappie' in sy keeltjie. Dokters vermoed dit is ingeforseer want kleinding was alreeds opgeneem met beserings. Agt wekies!! Wat sou die toekoms inhou vir hierdie kindjie as sy pa nou al so optree??

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Lyfstraf vir jou Kind ?
« Reply #5 on: November 15, 2011, 07:27:57 PM »
Dit is allervreeslik !!!
En nou kom ons weer by die feit dat sommige ouers NOOIT kinders moes gehad het nie.
Maar hulle gebruik ook nie voorbehoeding nie.
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Lyfstraf vir jou Kind ?
« Reply #6 on: November 15, 2011, 07:49:30 PM »
Ek het tot nou niks gese hier nie want julle het dit als gese.

'n Pak op sy tyd
is soos brood en konfyt
Maar 'n sweep in die hande
wat tot diep in die siel in brande
is, en bly 'n donnerse skande.

Dit klink teenstrydig maar... Ek stem saam met 'n loesing maar is bly die wet verbied lyfstraf.
Lyfstraf gee mense soos die "Pastoor boek" skrywers die groen lig om hul kinders te mishandel.
Daar is 'n skandelike verskil tussen tug en mishandeling en te veel ouers is te kortsigtig om dit raak te sien.
Jy kan slegs 'n kind tug as jy self in volle beheer van jou emosies en gedrag is. Ek praat van tug in alle opsigte. Seepsop en brandboud, verbale tugtiging en detensie of afneem van voorregte.
Doen jy enige van bogenoemde terwyl jy siedend kwaad en emosioneel opgewen is kan jy selfs met die afneem van voorregte die kind mishandel deur te swaar te straf.
Ek het al gese en se weer dat mishandeling nie net altyd lyfstraf beteken nie en dat lyfstraf nie altyd mishandeling is nie. My buurvrou wat die heeldag en halfpad die nag in op haar kinders gil en skel en skree en hulle selfbeelde met haar woorde afbreek rig meer skade aan as wat 'n paar strepies op hul boude sou aanrig.
Straf moet volwasse toegepas word anders is ons nie veel meer as laevlak diere nie.


 :icon_bigsmurf:
« Last Edit: November 15, 2011, 07:52:07 PM by Naas »
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lyfstraf vir jou Kind ?
« Reply #7 on: November 15, 2011, 09:54:04 PM »
Dit is nou die waarheid in 'n neutedop Naas.  Daar moet 'n stewige balans wees en solank as wat alles in liefde en geduld gedoen word, is dit goed.  Die straf moet die misstap regverdig.
Daar is niks so erg soos 'n jillende gillende ma nie.  Behoede my! Dit is 'n ma wat nie in beheer is nie.
 
Ongelukkig is dit so, ek stem met Ellé saam, dat daar mense is wat nie kinders  moet hê nie, of dalk is dit eerder 'n geval van mense wat kinders het wat nog nie opgewasse is vir die taak nie. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Trapsoetjie

  • Regular Members
  • Penkop
  • Posts: 657
  • Taranee, onse Beertjie.
Re: Lyfstraf vir jou Kind ?
« Reply #8 on: November 16, 2011, 12:46:43 PM »
Net jammer hulle kom dit te laat agter...
 :angel12:

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Lyfstraf vir jou Kind ?
« Reply #9 on: November 16, 2011, 12:51:26 PM »
Hoe sal hulle dan nou ook weet voordat hulle met die verantwoordelikheid te doen kry nê?
Om te weet is om te verstaan.