Author Topic: Hulp met die forum se funksies  (Read 5320 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Hulp met die forum se funksies
« on: November 11, 2011, 05:45:47 AM »
Aan nuwe lede wat nog onbekend is met die forum.

Dit is baie raadsaam om die "help" skakel wat op die blou balkie lê, net onder die "news" te klik en die forum se funksies daar te lees. 

Die eerste keer wat ek aangeteken het op 'n forum,  het ek soos 'n indringer gevoel en het ook dae gesit en lees hoe die ouens met mekaar klets, voordat ek die moed bymekaar geskraap het om ook "iets" te sê.

Liewe nuwe leser, ons is goeie vriende wat sit en wag om jou welkom te heet.  Kom gesels saam, plaas nuwe onderwerpe wat jy wil bespreek, vra hulp waar jy sukkel.  Ons wil jou graag verwelkom hier.  Kom wys jou gesiggie.   :love7:  :hello2:

Om te weet is om te verstaan.