Author Topic: brief  (Read 3213 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
brief
« on: November 10, 2011, 01:38:48 PM »
n Brief van Frikkie Saayman aan 'n koerant

Dit is vir mans baie belangrik om te besef dat namate vrouens ouer word, hulle dit moeiliker vind om dieselfde kwaliteit van huishouding te handhaaf as toe hulle jonger was. Wanneer 'n man dit agterkom moet hy probeer om nie te skreeu nie..... Laat ek julle inlig hoe ek dit hanteer.

Toe ek 'n tyd gelede my werk as Verkeersbeampte verloor het, het ek 'n afleggingspakket vir "vroeë aftrede" ontvang. Dit was toe nodig dat Katryn 'n permanente werk moes aanvaar, nie net om die pot aan die kook te hou nie, maar ons het dit ook nodig gehad vir die mediese fonds-voordele.

Sy was 'n opgeleide Bankklerk toe ons 27 jaar gelede ontmoet het en sy was baie gelukkig om nou weer 'n soortgelyke werk te kry. Kort nadat sy weer begin werk het, het ek agtergekom dat haar ouderdom haar inhaal.

Ek kom gewoonlik vanaf my visvang of klub dieselfde tyd huis toe as wat sy van die werk af kom.. Alhoewel sy weet dat ek dan honger is, sal sy amper altyd sê dat sy dan moeg is en eers 'n halfuur of so moet rus voordat sy begin om die aandete voor te berei. Ek probeer nie om haar te vermaan wanneer dit gebeur nie. Inteendeel, sê ek vir haar sy kan maar haar tyd gebruik. Ek verstaan dat sy nie meer so jonk as vantevore is nie. Ek vra haar net om my wakker te maak wanneer die kos op die tafel is.

Vroeër het sy die skottelgoed onmiddellik na ete gewas. Dit is nou egter nie meer altyd die geval nie en somtyds is die skottelgoed nog vir ure na ete op die tafel. Ek bring ook my kant deur haar telkemale gedurende die aand te herinner dat die borde nie hulleself sal was nie. Ek weet dat sy dit waardeer, aangesien ek sien dat dit werk en dat sy tog die skottelgoed voor slapenstyd was.

Ons wasmasjien en droër is onder in die kelder. Toe sy jonger was, kon Katryn verskeie kere per dag die trappe op en af klim sonder om moeg te word. Noudat sy ouer is, lyk dit of sy sommer baie gouer moeg word. Partykeer sê sy vir my dat sy net nie nog een keer die trap op en af kan klim nie. Ek maak nie 'n groot ding daarvan as sy so sê nie. Solank sy net die wasgoed voor die volgende aand gereed het, sal ek dit oorsien. As ek intussen dalk iets nodig het wat voor Maandagaand se snoekerspel of Woensdagaand en Vrydagaand se pokerspel of Dinsdag en Donderdag se rolbal gestryk moet word, sal ek vir haar sê dat sy net moet stryk wat ek benodig en dat sy die res van die strykgoed kan laat tot die volgende aand. Dit gee haar dan so 'n bietjie meer tyd om die los werkies, soos die was van die honde, stofsuig of afstof te kan doen. Ook as ek 'n goeie dag by die viswaters gehad het, het sy dan daardie bietjie meer tyd om die vis se skubbe te krap en teen 'n gemaklike tempo te vlek.

Katryn begin so nou en dan te kla en murmureer, nie te dikwels nie, maar net genoeg sodat ek dit kan agterkom. 'n Voorbeeld hiervan is dat sy sal sê dat sy nie genoeg tyd gedurende haar etensuur het om al die maandelikse rekeninge te betaal nie. Ten spyte van haar klagtes gee ek haar ondersteuning en aanmoediging. Ek sê vir haar sy kan die betalings oor twee of selfs drie dae versprei. Deur dit te doen hoef sy nie so te jaag nie en verder herinner ek haar ook daaraan dat om nou en dan 'n middagete oor te slaan haar glad nie skade sal doen nie.(As julle snap wat ek bedoel)

Wanneer sy eenvoudige werkies doen, begin sy dink dat sy meer rusperiodes as voorheen, nodig het.

'n Paar weke gelede het sy, nog voordat die grasperk halfpad gesny was, gesê dat sy 'n ruskans nodig het. Ek ignoreer sulke aanmerkings aangesien ek weet dat dit maar net die ouderdom is wat praat. Trouens, ek probeer om haar nie te embarrasseer wanneer sy hierdie ruskanse wil hê nie. Ek sê sy kan gerus vir haar 'n lekker glas koue lemoensap gaan uitdruk en 'n rukkie sit...soms bied ek selfs aan om 'n glas sap saam met haar te drink, aangesien sy terselftertyd vir my ook 'n glas vol kan uitdruk. Sy kan dan haar ruskansie kry deur daar by die hangmat te sit en met my te gesels tot ek aan die slaap raak.. So kan ek aangaan, maar ek dink dat julle teen hierdie tyd al agtergekom het dat ek soos 'n engel uit die hemel is, soos wat ek vir Katryn op 'n daaglikse basis ondersteun.

Ek wil nie beweer dat dit maklik is om soveel verdraagsaamheid aan die dag te lê nie. Baie mans sal dit moeilik vind....party selfs onmoontlik.

Niemand weet beter as ek hoe frustrerend vrouens kan wees namate hulle ouer word nie.. Die doel met hierdie skrywe van my is eenvoudig om julle te versoek om 'n poging aan te wend om so verdraagsaam soos ek te wees. Om dieselfde vlak van verdraagsaamheid as ek te bereik, sit egter nie in elke man se broek nie.. Wel, deur dalk net 'n bietjie minder met julle vrouens te raas nadat julle hierdie brief gelees het, het ek in my doel geslaag en was dit die moeite werd om hierdie brief te skryf!

Groete,
Frikkie

(Nota van die redakteur: Frikkie se begrafnis was voorverlede Saterdag. Katryn is Maandag vry gespreek.)
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: brief
« Reply #1 on: November 11, 2011, 05:08:20 AM »
Siestog, arme Frikkie, ek dag eers hy is dood aan uitputting, moes hom lank geneem het om die brief te skryf.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: brief
« Reply #2 on: November 12, 2011, 05:39:10 AM »
Waar Katryn die energie vandaan gekry het om Frikkie met die grassnyer in die hangmat dood te dinges, weet ek nie.
Ek sou hom op 'n skerp dropper sitgemaak het met die eerste 'ondersteuning' wat hy ge-uiter het.
Maar ek het lekker gelag oor die mannetjie se arrogansie.  En jy kry hulle. 
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: brief
« Reply #3 on: November 12, 2011, 05:58:43 AM »
Laat jy my nou dink Ellé. Die slotsom, "dit was die laaste strooi". 
Ek sou al van dag een af saam met hom gaan visvang het.  Ek in die hangmat en hy voor die "kospotte".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: brief
« Reply #4 on: November 12, 2011, 06:47:04 AM »
Ek gaan nie plekke se name noem nie......

My suster en haar man vertel my eendag, daar naby waar hulle iewers in Gauteng gewoon het is 'n dam en mense gaan daarheen vir ontspanning. Boot ry, ski, visvang en braai ens.........

Dis nou so in 1985 se koers:

Van die een ens vertel hulle: Hulle is eendag daar besig om te braai. Kom die een jafel daar aan met sy warm gemaakte kar, ek dink cortina. Langs die water wat gesak het is lekker oop stuk grond sonder gras en bosse. Kom gooi hy paar draaie daar, soos ons sê hy kap 'n paar esse. dan klim hy uit en kyk na sy spore, klim in en gooi weer paar esse en klim uit en kyk na sy spore. toe hy tevrede is van sy spore vat hy die kar en ry weg.

die ander stuk wat ek julle eintlik wil sny is dit:

hulle braai weer eendag daar. kom die ou en sy gril daar aan, stop by die braaiplek langs hulle. klim hy en die girl uit, sy stap kattebak toe en hy gaan klim links in. stel die sitplek agtertoe en sit sy enkels in die opening tussen die deur en windskerm en lê lekker agteroor en tune die tape recorder vir lekker dagga musiek. ( jammer vir die engels maar dis hoe dit daar gedoen word)

intussen haal sy die koue bier uit en gee vir hom een, toe pak sy die hout en maak vuur. so bring sy af en toe koue bier wanneer nodig. kole is reg en suster hulle dink hy gaan nou braai......nee sy braai en dra bier aan.

kos is reg en sy skep in en gee vir hom wat daar in die kar sit. al 2 klaar geëet pak sy als weg en toe klim hy links uit en klim agter die stuur in en toe sy haar plek links inneem ry hy weg huistoe.

mmm hy het haar goed geleer lyk dit vir my.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: brief
« Reply #5 on: November 12, 2011, 06:55:40 AM »
 :sign10:  Goed geleer ja, maar dit is soos my ma sou sê, sy het 'n lat gepluk vir haar eie agterstewe. 
Mens kan nie regtig sulke mense kwalik neem nie, hulle ouers is sekerlik verantwoordelik daarvoor.  Pa se voorbeeld en ma se "eindelose geduld".   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: brief
« Reply #6 on: November 12, 2011, 08:46:54 AM »
ek praat dit glad nie goed nie ek skud maar net my kop dat ander anders as ons dink en doen en dan dink almal hulle manier van doen is die regte manier.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: brief
« Reply #7 on: November 12, 2011, 09:02:46 AM »
Ek weet jy praat dit nie goed nie, jy is mos nie so nie.   :hello2:
Ek dink net dat 'n vrou wat dit toelaat net so skuldig is.
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: brief
« Reply #8 on: November 12, 2011, 10:33:31 AM »
ek het al gedink sommige vroue wil misbruik en mishandel en geslaan word.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: brief
« Reply #9 on: November 12, 2011, 11:29:46 AM »
Dit klink dalk so of dit lyk dalk so.  Ek dink die vroue wat in daardie situasie is, is vroue wat glo dat hulle nie 'n ander keuse het nie.  Dalk is armoede of ongeletterdheid die oorsaak. 'n Paar mondjies wat gevoed moet word en sy weet sy sal dit nie op haar eie kan doen nie.
Dalk 'n vrees vir eensaamheid.  Daar kan soveel redes wees, maar dat sy daarvan hou, of dit aan haar gedoen wil hê?  Nee, nie maklik nie.   :crybaby2:
Om te weet is om te verstaan.