Author Topic: jagtog  (Read 2494 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
jagtog
« on: November 08, 2011, 09:07:14 AM »
‘n Jaarlikse Jagtog( met ‘n vliegtuig):

 

Die 3 pêlle jag al vir jare saam, by dieselfde boer, in die Kalahari. Een van hulle is ‘n pilot.

Elke jaar huur ‘n hulle saam ‘n vliegtuig vir die jagtog. Daar is ‘n lieflike soutpan op die plaas waar hulle altyd land.

Die manne vat sterk mos,……..vir dae lank,……….aanmekaar,………..sonder ophou,………so tussen die jagtery deur.

Toe hulle kwota springbokke vol is, begin hulle die vliegtuig inpak vir die terugtog. Toksakke, geweersakke, koelbokse en die 12 springbok-karkasse.

Die plaaseienaar staan die besigheid en betrag en skud later sy kop en sê: “ Vrinne,………hierdie êrriplyntjie gaan nie in die lug kom nie, hy’s te swaar gelaai…..”

Die jagters is vol moed: “ Nee, oom,……….hy’s sal dit maak. Ons het laasjaar ook 12 bokke ingelaai………..”

 

Hulle groet met swaar harte en belowe mekaar:” Ons sien mekaar weer volgende jaar……….”

 

Die pilot trek die êrriplyn se neus in die wind, so vêr as kan op die punt van die soutpan. Almal sit angstig en klem hulle sitplekke vas.

Die pilot stamp die vet heel oop en die vliegtuig begin hol. Hy besluit om so veel as moontlik van die pan se oppervlakte te gebruik om spoed op te tel.

Op die heeeeelllll eeeeiiiiinnnde van die pan trek hy die stokke bietjie terug om te voel wat gebeur. Die êrriplyn lig sy neus so effens en gee so 30m springetjie. Sy wiele raak weer grond en die keer gee hy so 80m sprong voor hy met ‘n MOERSE slag en ‘n BANK STOF die Kalahari in al sy glorie tref. Jy sien net sand, stof, sakke, bottels, blikke en bokke spat…dit lê die wêreld vol besaai………!!!!!

Toe die stofbank na ‘n rukkie gaan lê, kruip die 3 man baie verslae,……… en styf,…… en lyfseer,……vol stof en grond uit die vliegtuigwrak. Hulle is sprakeloos en asvaal om die kiewe geskrik. Klere is aan vlarde en vol skrape. Hulle spoeg net sand uit die tande en mangels.

 

Die een ou kom so effens tot verhaal en sê : “ Bliksem, Boys……………Dit lyk my ons het min of meer op presies dieselfde plek neer gemoer as laasjaar……..!!!!”
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: jagtog
« Reply #1 on: November 09, 2011, 03:56:28 AM »
O, ek het lekker geglimlag vir hierdie een.   :toothy4: Lekker aan die storie gelees, dankie Lox. 
Om te weet is om te verstaan.