• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Boek No 2...

Started by Angelica, November 06, 2011, 06:21:38 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Angelica

In Boek No 2,  moet dit net Digkuns wees of kan ons ons hand aan iets anders waag?
elle

PM

Boek twee sal net soos Kaggelvuur lyk.
Afrikaans, Engels, Nederlands, gedigstrukture, gedigte, kortverhale, happies, artikels, ens.
Sodra die boek in almal se hande is, kan die ouens wat weer wil deelneem bladsye bespreek.

Ek sal weer 'n boekvoorstelling kom voorleg.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai

Met 'n henske vol skedule voorheen nie kans gesien om weer betrokke te raak by boek no 2,  :icon_bigsmurf: na ek vandag ons boek teen my hart gedruk het kom ek aanmeld vir woorddiens  :toothy4: :bootyshake: :book1: :headbang:

Trapsoetjie

Ek is glad nie in die regte gemoed vir so 'n taak nie. Ek stem wel saam met Ta-Meraai, toe ek eers my boek vas hou toe is alles verby. Nou wil ek net weet hoeveel tyd het ek om my gemoed-verstand en wat ookal nog nie reg is nie, reg-te-ruk... :evil6:

Ek werk hard aan my geestelik welstand, ek mik-mik so vir die afgrond. Ek ken daai, draai daaronder, gaan alles doen om nie weer daarin te val nie.  :`ip2:

:angel12:

Meraai vannie Baai

((((((((Trappies))))))))

PM

Raaitjie, nou het ek twee vergrootglase wat na my skerm kyk!   :crybaby2: Baie dankie matertjie! Sonder julle hulp kan ek dit nie doen nie en jy weet jy is vir my goudwerd!   :love7:

Trappies!  Jy moenie mik nie liewe sustertjie!  Bly weg van die afgrond af!  Kom sit jou boud hier teen my boud dan kyk ons 'n bietjie oor die see uit!  Ek wag in spanning om by Hannes te hoor wanneer ons kan Kaap toe gaan.  Hou daar!  Ons is nou-nou daar!   :love7:

Boek twee sal rustiger gaan.  Daar is al heelwat werk in,
maar daar is nog baie werk aan.  :icon_biggrin:
Oom drukker sê Junie en Julie is hul stil maande, ek mik daarheen. 
Volgende week gaan ek hom sien en dan praat ons pryse.  Sodra ek dit agtermekaar het, kom doen ek 'n voorstelling.  Intussen kan julle voorstelle tafel toe bring. 
Om te weet is om te verstaan.

Meraai vannie Baai


Ah Willa

Trappies ek had oor daai afgrond geval, met manlief se liefde en genade van Bo kruip ek nou weer uit .. my hand is ook hier vir jou - ek kan nie boud verseker nie wat ek werk hom tans weg :-) 

ek sal graag help met Boek twee - maar moet net eers weet na watse kostes ek moet kyk, want Hope Heals Heart het ons bank stukkend geruk en is nog in process ;-)
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

PM

Ja, dit is ook nou weer weke later en ons is alweer terug van die Kaap af. 

Daar is genoeg tyd om elke maand 'n "bladsy" weg te sit, hoop ek. 
Om te weet is om te verstaan.

Fransi

 :hello:

Wou maar net hallo sê en dat ek ook nou hier kan sien. :-)

PM

Hi daar Fransi, dit is nou oop vir almal.  Net 'n klein foutjie gewees.  Jammer vir die gesukkel julle ouens. 
Om te weet is om te verstaan.

Ah Willa

bly die foutjie is gevind en reg gemaak  :hello2:
Die lewe bring storms, maar God gee krag!
http://w

adele

PM, Meraai
watter gedigstrukture kom in boek 2, het julle nog griffels nodig?

:grommit:
adéle  :grommit:

PM

Hier is die lys van strukture Adéle.  Ek het langs elkeen aangedui waar daar nog plek is in die boek.  Skuus dat dit my so lank geneem het.  Ons het eers Vrydag by die huis gekom en alles in chaos gevind. 

Rondeau Struktuur
3/5/3 Quio Struktuur     Kan nog 'n paar inlas.
Rictameter
Pantoen
Titelpantoen   Het nog plek vir een.
ABC Gedigstruktuur
Lampoon
Die Tetactrys
Indiese Naani
Sestina
Die Than-Bauk
Die herhaalde woordverse
Virelai ancien
5-5-4-2-struktuur
Pleiades Struktuur
Dizain   Het nog plek vir een, maar jy het al 'n voorbeeld daar, ek plak dit hier onder vir jou, maar jy kan nog skryf as jy wil.
Fibonacci
'Fibonacci Woordstene'
Die "Blitz" struktuur
Drie letter trio  Het nog plek.
Die Octelle  Het nog plek.
"Twee-een, twee-een" griffelstruktuur
Digters eggo
Pret-met-raaisel-verse  Hier is nog plek.
Terzanelle
Quio (kwee-o)
Villanelle
Die lanturne Hier kort ek ook nog.

Die lanturne is 'n struktuur van Japanese oorsprong.  Dit word gesentreer sodat dit soos 'n  Japanese lantern  lyk.
Daar is vyf versreëls met die lettergreeptelling van een, twee, drie, vier, een.
Die eerste woord is 'n selfstandige naamwoord, die volgende drie versreëls is 'n beskrywing van die eerste woord en die laaste woord is 'n sinoniem van die eerste woord.



Lewe in die kranse   
Ek klim die kranse uit tot daar heelbo   
vang my vas in arend se sirkelvlug   
waar wolkekleed my in U Woord laat glo!   
Oral soek geel vygies son in die lug   
tak wildevy vir eekhorings 'n brug.   
Dassies skarrel en koes weg in die skeur   
terwyl noemnoempies sielvol boontoe beur.   
Verwonderd koes ek weg agter 'n rots   
-deur eeue se bliksemstrale gekleur-   
uit die windvlaag waar stilte teen my bots.

© adele


Om te weet is om te verstaan.

PM

Hier is die lys wat ek vir jou geplaas het Adéle. 
Om te weet is om te verstaan.