• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Herinnering

Started by PM, November 06, 2011, 06:51:36 AM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

PM

Ek en Lox het verlede week 'n gesprekkie gehad oor die woord "herinnering".
Die "oumense" het gepraat van herhinnering en ons het so begin skryf soos ons praat. 
Ek was so seker daar moet so 'n woord wees met 'n h in die middel en het dit gaan soek, maar niks gevind nie. 

Herken en erken is nog twee stouters wat verwarring skep.  Jy herken 'n vriend in die straat of jy erken dat jy skuldig is. 

Wat van veras en verras.  Daar is seker nog baie sulkes.
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

Ek onthou hoe ek in St 2 geraps is oor 'n speltoets waarvoor ek 9/10 gekry het.
Nou nog is ek baie presies as dit by spelling kom.  Al moet ek dit nou gaan opsoek in die woordeboek, ek probeer reg spel.
Daar is baie sulke woorde wat verwarring skep.  As jy 'n woord verkeerd spel in 'n sin, kan dit die sin heeltemal 'n nuwe betekenis gee.
elle

PM

Ek leef ook met 'n woordeboek op my skoot, ongelukkig kan hy my nie help met vingerfoute nie.   :icon_biggrin:

Die woord herinnering het ek vanoggend weer op iemand se webblad raakgelees en besluit dit is nou tyd om dit te bespreek.  Ons praat dikwels onduidelik en spreek woorde verkeerd uit.
My vriend in NZ lag mos vir my as ek praat van vuurhoutjies.  Hy sê die is vieriekies.   :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Angelica

giggles... lag ek nou vir die 'vieriekies'.
Word dit nie dalk met 'n 'f' gespel nie ?  Nee, joke sommer.
elle

PM

Dit kan werk ja, Engelse firetjies.  :icon_biggrin:
Om te weet is om te verstaan.

Lox

my vrou seg toe sy klein was sy ook van vieriekies gepraat en as haar pa winkel hou op die plaas en bestelling plas het sy dit so geskryf dan kan die winkel mense nie uitmaak wat se goed in die hamper gepak moet word nie.

sy 'n kind van die noordkaap, buitewyke van upington
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Naas

Hulle het die dooie verras deur hom te veras.



:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

PM

Wat 'n verrassing!  Ek dink die dooies kan nie meer verras word nie, net veras.   :icon_biggrin:

Om te weet is om te verstaan.