Author Topic: Eerstes?  (Read 4662 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Eerstes?
« on: November 03, 2011, 12:57:42 AM »
Kyk, ek is nou al deur leerders baie dinge aangedoen die laaste ppar jaar.
Gestamp, onner my ma se rok uit gevloek, gespoeg, met 'n mes gedreig/aangeval ens.
Maar vandag vat die koek.
Die vernedering om deur 'n leerder by die skoolhoof aangekla te word omdat jy hom gestraf het. Om jouself en jou optrede te gaan verdedig... Dan staan en verdraai die klein blikskottel nog die waarheid so dat jy, wat hom al die heel jaar waarsku oor sy wandade, nou die vark in die feeverhaal is.
Ek hoort nie meer in die onderwys nie... Dit dryf my tot predikantsdogters en Jannieverjaarkoeldrank. Ek ry sommer Oudtshoorn toe en gaan borsvoed 'n honger krokkedil.



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Eerstes?
« Reply #1 on: November 03, 2011, 01:16:34 AM »
ek het al gewonder wat dink leerlinge van hulle self as hulle so optree en die waarheid verdraai.

hy moet mos weet hy is gewaarsku en was verkeerd
voel my soms is mense te dom om dit te besef?

waarom is die woord leerling verander na leerder
leerder is vir my i lelike benaming
leerder kan leerling wees wat leer of dit kan 'n leerder wees wat iemand anders iets leer maw 'n onderwyser(es) of dosent ens
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eerstes?
« Reply #2 on: November 03, 2011, 04:26:04 AM »
Daar sal altyd van hulle wees Naas.  Ongelukkig is dit die skoolhoof se werk en ek hoop hy het die situasie reg hanteer. 
Hannes is net so moeg vir die kleuterskool waar hy werk, maar gelukkig gaan hy nou met "penshjin".  Einde Feb. behoort hy daar uit te wees. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Eerstes?
« Reply #3 on: November 03, 2011, 07:13:56 PM »
Die LEERDERS behoort ook 'warnings' te kry.
Drie mondelings waar die skoolhoof by is,  twee geskrewe wat deur die skoolhoof, onderwyser, leerder en die leerder se ouers geteken word.
Daarna help jy hom om sy sak te pak en skop hom onder sy gt by die hek uit.
Die goed is daarop uit om jou te tart.  Hulle is arrogante blksms wat niks in die lewe gaan word nie... net 'n volslae krimineel.
(On)gelukkig is sommige onnies gebore onderwysers en hou net aan en aan om die punch te vat van hierdie toekomstige mislukkings, want daar is ander leerders in die klas wat WIL leer en 'n na suksesse werk.
Goed ek is nie in daardie professie nie, ek sou die klomp verwurg het tot net nat kolletjies oorbly.

Sterkte Naas.  En baie dankie dat jy doen wat jy doen.
elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eerstes?
« Reply #4 on: November 06, 2011, 06:30:31 AM »
Ek stem saam met jou, dit kan werk, maar dit sou beter gewees het om weer die beheer in die onderwyser se hand te sit.  Daai kinders het geen ontsag vir die onderwyser nie.
Niks verhoed 'n onderwyser seker om self 'n "strafboek" aan te hou waarin hy die leerders laat teken vir waarskuwings gegee nie. 

Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Eerstes?
« Reply #5 on: November 06, 2011, 07:42:41 AM »
die ergste is die leerlinge weet hulle naam is in die strafboek en dan voel hulle in elk geval vere daarvoor. kan die onderwysers nog leerlinge straf?

my oom het altyd gesê jy kan nie dissipline handhaaf sonder die vrees vir straf nie.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eerstes?
« Reply #6 on: November 06, 2011, 08:27:49 AM »
Jou oom is heeltemal reg.  Die kinders vee hulle af aan die onderwyser.  Dit is so tonguitsteek en tart:  "Pê-wê-wê, en wat dink jy nogal kan jy doen?|

Ons het 'n rekningkunde onderwyser gehad wat die ouens by die venster uitgegooi het.
Jy moet verstaan, die tuinier was 'n woeste groot man en hy het die leerling daar gaan "uithaal", uit sy tuin uit!

Dit is soos:  "Ek skeur sommer jou hemp dat jou ma jou kan foeter."
Om te weet is om te verstaan.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Re: Eerstes?
« Reply #7 on: November 06, 2011, 08:29:48 AM »
Realiteit is:  daar is geen salf meer te smeer nie.  Die tyd is verby om die massas onder beheer en ge-disseplineerd te kry.  Elke geslag is bietjie meer buite beheer as die vorige.  Alles word erger, meer.. dit is buite beheer en dit is deur onsself geskep.  
Om weer terug te keer tot orde, moet twee geslagte of uitgewis of geskip word....  en dit is onmoontlik.  Ook kan jy nie elkeen wat verkeerd trap van die aardbol verwyder nie  (alhoewel mens soms voel Mnre M en M moet op 'n rocket sit gemaak en Pluto toe geskiet word).
Dit is elke ouer, enkel of paar, se plig om sy kind te dissiplineer, op te voed.  Maar as onsself nie opgevoed en gedissiplineer is nie, hoe kan dit verwag word dat ons kinders moet wees ?
Kinders kry kinders en het geen benul van ouerskap nie.  Ook is daar soveel ingeprop in een woning, dat die struktuur van 'n ouerhuis soos dit moet wees, onmoontlik is om te handhaaf.  Kinders slaap by hul ouers in die kamer en weet van kleins af wat hul ouers doen as die bed kraak.  Hulle word aan seks blootgestel op 'n enkeljaar ouderdom.  Niks is vreemd nie en alles is maar ok.  Drugs, drank, seks, misdaad is aan die orde van die dag in die buurt en dit steek vas in die jong brein.  
Ons is vasgekeer in 'n wereld wat al hoe meer en meer buite orde spin.
Ouers dink dit is die onderwyser se plig om die kind op te voed.  Onderwysers is tot hul ore toe toe onder die dag se taak en dit is onmoontlik om by almal uit te kom en aandag te gee.  Gewoonlik is dit die kinders in die middel wat die meeste aandag kry.  Die wat nie wil deelneem aan die LESSE nie, word ge-ignoreer en die kind wat na homself kan omsien, moet maar op sy eie aangaan.
Die wat dit kan bekostig, moet hul kinders by die huis onderrig of na 'n skool stuur wat die toekomstige krimineel-element nie toegelaat word nie.

elle

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eerstes?
« Reply #8 on: November 06, 2011, 10:09:18 AM »
Confucius (551-479 BCE)  het al gekla oor die jeug en kyk hoe lank terug is dit!
Pluto klink vir my na die regte plek, hulle soek mos 'n planeet waar daar nog lewe is.   :evil6:
Om te weet is om te verstaan.

Offline Lox

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 757
  • Gender: Male
Re: Eerstes?
« Reply #9 on: November 06, 2011, 11:21:25 AM »
sommige van die onderwysers by die skool seg hulle is so dankbaar vir 'n spesifieke matriek klas waar hulle normaal kan klas gee en die kinders saamwerk en wil vorentoe. dis hulle ligpunt vir die dag om aai klas te kan onderrig.
wees vriendelik met die boere, hulle sit kos op die tafel.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Eerstes?
« Reply #10 on: November 06, 2011, 03:31:24 PM »
Daar is 'n besliste "klasse-verskil"  :icon_biggrin: (dubbelsinnig nê) en ongelukkig is dit die eerste plek waar 'n mens dit kan raaksien. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline Fransi

  • Regular Members
  • Melkbaard
  • Posts: 1274
Re: Eerstes?
« Reply #11 on: November 07, 2011, 09:25:43 AM »
 :hello:

Ek is so jammer oor wat met jou gebeur het Naas. Ek het groot bewondering vir die wat nog kans sien- soos my mammatjie en sussie. :-) My sussie het my juis nou die dag vertel van 'n juffrou wat net gou uit die klas uit moes gaan en toe sy terugkom het een van die leerlinge 'n ander een met 'n skêr in die rug gesteek. Groot moeilikheid.

Ek het slegs vir ongeveer 'n jaar kuns gegee by 'n Fashion Academy en dit was NAG. Ek was ook meer in die "hoof" se kantoor (werklik nie goed vir die selfbeeld nie) as die kinders en die toilet het baie van my trane gesien. Nooit weer nie- touch wood.

Baie sterkte.