Author Topic: Kind by die Hek..  (Read 4927 times)

0 Members and 2 Guests are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Kind by die Hek..
« on: April 25, 2011, 07:12:05 AM »


Jy steek 'n vuil bedelhandjie uit
'n oorgroot gerafelde trui
deur die tralie van my hek
vra bang onseker vir 'n paar sente of iets te ete
jou oogkontak is leeg
asof jou oogvog opgedroog het
met die tyd

waar maak jy snags jou oe toe
om te vergeet van die honger leeu
wat vreet aan jou maag
gombottel nog geklem in jou hand?
Is dit jou lyf wat in die winkeldeur
snags sy slaapplek op die bokse vind?

Ek het jul al gesien by die kruising
vlegtend deur die verkeer
jou ribbeshond en jy
hande saamgeslaan, smekend
soms biddend vir 'n aalmoes
of is dit net 'n skans?

Hoe sal ons weet wanneer
die gombottel of honger die oorhand kry
en dit tyd is vir jou hart om in die water te val?
Hoe sal jou moeder weet?

Die sterre sal weet
elle

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Kind by die Hek..
« Reply #1 on: April 25, 2011, 09:00:23 AM »
Soms, net soms, wonder ek of hy nie beter af is as die wat in my klasse sit en prit lek en snags koud slaap in hul bedding daggablare nie.
Weereens 'n gedig wat snare roer en gedagtes aanjaag kraal toe. Baie dankie vir die deel hiervan.
Ek wonder wat jy met PM se gedigstrukture sal aanvang as jy hulle probeer.


 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10720
  • Gender: Female
Re: Kind by die Hek..
« Reply #2 on: April 25, 2011, 01:38:22 PM »
Pragtig,  so lewens getrou geskets. 

Ek sal ook graag wil sien wat jy met die gedigstrukture doen Angelica .  Wil jy nie asseblief kom saamspeel nie?   :icon_salut:
Om te weet is om te verstaan.