Author Topic: Samples... die ware Jakob ?  (Read 2552 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Angelica

  • Regular Members
  • Hardebaard
  • Posts: 1674
  • Gender: Female
Samples... die ware Jakob ?
« on: November 02, 2011, 07:14:01 PM »
Samples… die ware Jakob ?

Ek vrek oor ‘n tydskrif.   Ek vrek nog meer oor die samples wat hulle so op die bladsye met die advertensies plak.  Ek kyk die tydskrif so en dan weer soooo,  tel hom kamtig op om te sien wat die prys is en bevoel haar lyfie so met die een hand terwyl ek die res van die rakke solank scan vir nog.  As daai lyfie so lekker rond is op plekkies, dan weet ek daar is sample’tjies in. 
Ek het al ‘n maand met dagroom samples uitgekom.  En, die cherry op die koek, daar is soms ‘n oogroompie en ‘n nagroompie by.  En daardie Nescafè Gold koffie samples, mmmm ek bêre vir wanneer iemand spesiaal kom kuier dan gebruik ek dit.
Ek wonder of die roompies in die sample sakkies dieselfde is as die roompies in die glas potjie.  Ek lees gewoonlik noukeurig wat op die sakkie staan, want ek wil graag die sprekende bewys wees.  As hulle op die sakkie beweer dit laat die plooi(tjie) binne twee of vier weke baie minder vertoon, moet ek dit besit.  Enigiets wat die plooi(tjie) minder opsigtelik maak, sal my sak pas.  Al kos dit ook ‘n plaas se prys.
Nou, die huidige samples ‘will plump up even the deepest wrinkle from the inside’.  Sjoe, ongelooflik.  Maar nee, dit werk nie soos hulle beweer nie.  Of dalk is my plooie te diep al.   Ek het dit nou al die afgelope week getrou aangesmeer om die volstruisspore langs my oë sagter te maak en meer te laat pof.
Ek dink die samples kry ‘n druppel Botox by, diè dat dit werk.  Maar as jy eers daardie piepklein potjie in jou huis het, gebeur niks verder nie.  Al wat uitpof is my wange.  En dis nie van die roompies nie.
En nou die dag besluit ek dis tyd vir ‘n nuwe lipstick vir die somer.  Ons girls het mos lipstick en cutex wat ons in die winter dra by die bleek velle en dan het ons helderder kleure wat ons in die somermaande dra as die hande en die voete getan is. (Soms is die enigste goed in my yskas, die bordjie met my make up).  En groot was my vreugde toe ek met een van my maandelikse tydskrifte ‘n lipstick bykry.  Nou, ek kan om die dood nie ‘n lipstick kry wat by my ‘koel’ ondertoon, of is dit nou ‘warm’, pas nie.  As dit nie te donker is nie, smeer die bleddie ding sommer so in die wind af.  As dit nie jou lippe uitdroog dat dit lyk soos ‘n stuk biltong wat aan jou mond vaskleef nie, dan laat dit jou soos ‘n straatdame lyk.  Om terug te kom na die lipstick in die plastiek omhulsel van die tydskrif,  ek bevoel en bekyk daai houertjie om tog net te sien wat die naam van die kleur is, maar toe die model mooi girl met haar perfekte pout my aankyk, toe vat ek sommer die tydskrif en gooi dit in die trollie. 
Ek kon nie gou genoeg by die huis die plastiek afskeur nie om by die lipstick uit te kom.  My opgewondenheid val dwarsdeur die mat -  dit is coral red met ‘n skreeuende oranje – of is dit pienk – skag wat uit die buisie uitpop.   Ek wil sommer vir Me van Breda bel en vra of sy die kleur sal dra as sy dit verniet kry.  Nee hemel, as jy vir iemand iets as geskenk gee maak jy seker sy gaan weer jou tydskrif koop.  (Het ook al gehoor jy kyk nie ‘n gegewe perd in die bek nie). 
Hierdie tyd van die jaar is die rakke vol tydskrifte met sakboekies in helder kleure, piepklein Nivea blikkies, soms sommer twee reukweerders, sepies…  Jy kan jou voorraad mooi opbou as jy nie omgee om die tydskrifte te koop en weg te gooi vir ‘n gratis sample nie.
As hulle net bottels Jean Paul Gaultier parfuum wil insit, dan koop ek die winkel se tydskrifrakke leeg.  Nog ‘n klein botteltjie wat ‘n plaas se prys kos.   Het hoeka nou die dag gesien daar is VIP parfuum samples in een van die tydskrifte. 
Hierdie klein geskenkies kan handig te pas kom as jy vullers vir die Kerskouse soek.
elle

Meraai vannie Baai

  • Guest
Re: Samples... die ware Jakob ?
« Reply #1 on: November 02, 2011, 11:57:32 PM »
Nou wil ek stad toe gaan!! Hier by ons is dit voor die voet boeretydskrifte LOL. Ek hang my kerskousie voor jou kaggel hoor  :love7:

Offline Naas

  • Hardebaard
  • Posts: 2283
  • Gender: Male
  • K.N.A.P. (Kan Naas Afrikaans Praat of wat?)
Re: Samples... die ware Jakob ?
« Reply #2 on: November 03, 2011, 12:38:12 AM »
Maar Ta Raaitjie het mos nou nie al daai fieterjasietjies nodig nie. Die mooi is mos natuurlik gesaai. Of hoe praat ek dan nou?
Angelica. Wat my klein breintjie en pap longe heeltemal klits is daai Avlon boeke wat my vrou somtyds van haar vriendin af hier aandra. Die goed het daar by die advertensie so 'n kol wat na papier ruik maar as jy jou pols daaroor vryf ruik dit soos die parfuum. Ek het al gewonder hoeveel polse daar uit so 'n kol kom?
(For that matter verstaan ek ook nie hoe hulle heel saardientjies in 'n toe blik kry nie, maar dis seker nie nou ter sprake nie.)



 :icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Samples... die ware Jakob ?
« Reply #3 on: November 03, 2011, 04:40:48 AM »
Hê-hê, dis die boere wat so slim is Naas. :icon_biggrin:

Dit klink asof jy 'n fees het met die tydskrifproetjies Ellé.  So 'n rukkie gelede het ek gesien daar is 'n botteltjie naellak in een van die tydskrifte, maar o weë, ek het ook gewonder wie daardie kleur sal dra. 
Om te weet is om te verstaan.

Offline PM

  • Administrator
  • Meester
  • Posts: 10692
  • Gender: Female
Re: Samples... die ware Jakob ?
« Reply #4 on: November 10, 2021, 04:14:08 AM »
Dit was 10 jarre gelede!  Koop jy nog tydskrifte met sampletjies in Elle?  Ek mis jou!  :love7:
Om te weet is om te verstaan.