• Welcome to Die Afrikaanse Forum.
 

News:

NEEM KENNIS ASB :
Om lid te word van die forum, stuur 'n epos aan pm@afrikaanseforum.co.za, waarna jy deur die administrateurs geregistreer sal word.

Vir hulp met die forum se werking, lees "Help" op die balkie onder hierdie inskrywing.

Enige inteken probleme ondervind deur lede van die forum: andre@trusoft.co.za / willa@trusoft.co.za

Main Menu

Langs Coetzenburg

Started by Naas, October 31, 2011, 08:55:51 PM

Previous topic - Next topic

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Naas

By Coetzenburg vloei 'n waterstroom, haai, haai, joegaai!
Daar staan 'n groot ou eikeboom, haai, haai, joegaai!
Daar het reeds menig vroom student, haai, haai, joegaai!
sy liefde beloof, die onnosele vent,
of afjak gekry en sy bakkies geskend,
en skielik ontwaak uit sy lentedroom.
Pasop vir die ou eikeboom!

[OPSIONEEL]
Daar waar die bloue pieke troon,
waar die kwaai professor woon,
daar is ons universiteit;
maar ons hou altyd jolyt, jolyt!
Ek is nou wel 'n tokkelok
maar Pa't gesê ek kan maar bok.
En as die son sy kop wegtrek,
dan's daar vir my net een plek, een plek!

By Coetzenburg vloei 'n waterstroom, haai, haai, joegaai!
Daar staan 'n groot ou eikeboom, haai, haai, joegaai!
Daar het reeds menig vroom student, haai, haai, joegaai!
sy liefde beloof, die onnosele vent,
of afjak gekry en sy bakkies geskend,
en skielik ontwaak uit sy lentedroom.
Pasop vir die ou eikeboom!  Joegaai!




:icon_bigsmurf:
Ek is maar net een, maar ek ís een.

Meraai vannie Baai

Ek hoor vrolike studentestemme wat sing .... ver terug geneem die ene. Duisend dankies Naas vir die aandra en deel  :hello2: :notworthy:

PM

Dankie van my kant af ook.  Dit klink soos 'n sportliedjie. 
Om te weet is om te verstaan.

adele

in 2014 is 'n nuwe volkspelebundel in gebruik geneem met o.a. 'n speletjie op hierdie lied, een van die mooiste nuwe spele wat gemaak is. Die ander mooiste een is op die lied "Kyk hoe maak die kêrel daar 'n Kaapse draai" ...
adéle  :grommit: